Bejaarde egpaar op plaas aangeval

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 82-jarige boer en sy vrou (glo in haar laat 70’s of vroeë 80’s) is Dinsdagaand op ʼn plaas naby Windsorton, noord van Kimberley in die Noord-Kaap, aangeval.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die trio-misdaadeenheid in die Noord-Kaap ondersoek die saak.

“Die 82-jarige man en sy vrou was glo besig om te slaap toe die verdagtes die huis binnegekom het en hulle aangerand en vasgebind het,” het Kock gesê.

Volgens Kock is daar nog nie in die stadium veel inligting bekend nie, maar word daar vermoed dat die verdagtes met die boer se wit Mahindra-bakkie van die toneel gevlug het met ʼn vuurwapen en ʼn TV-stel. Dit is ook nog onbekend hoeveel verdagtes betrokke was by die aanval.

Die bakkie is egter later op die Barkly-Wes pad, nie ver van die plaas af nie, aangetref.

“Die boer en sy vrou is albei in ʼn hospitaal in Kimberley opgeneem vir behandeling.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof met verswarende omstandighede.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan speurder Seome Mokwena by 081 530 5333 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tanzie ·

Ongelooflik! Die ou mense word aangerand maar daar word slegs ‘n saak van huisroof met verswarende omstandighede ondersoek!

Wessel ·

Dit is nou die hoeveelste aanval in 2018, nog nie eens 2 maande nie. Dit hou nie op nie. Die nuwe President moet nou nie net op die korruptes fokus nie maar die geweldsmisdaad toename sterk aanspreek. Maak mens moedeloos.

adriana ·

Ja dit gebeur nou daagliks en Frikkie gaan duidelik nie iets daaraan doen nie – Seker instruksies van die staat af – want waarom anders word dit nie gestop nie ?
DA voel ‘n veer – dit is duidelik en dus moet hulle nie blanke-stemme verwag nie – ek dink daardie dae is verby.
Die DA het gewys dat hulle nie ons stemme verdien nie. Uit my oogpunt uit natuurlik.
Ek kry die arme oumensies so so jammer.

Siek en sat ·

Mag mnr Ramaposa nou sy voet neersit as hy President word en hierdie plase begin beskerm en die boere veilig hou. Genoeg is nou genoeg.

Lientjie ·

My niggie hulle was ook so 4 jaar terug daar op hulle plaas aangeval. Gelukkig het al 2 van hulle die aanval oorleef.

Daan ·

Speurder Mokwena doen jou werk volg die leidrade en as jy nie weet hoe kyk homecide hunter en leer by lt Joe Kenda hoe om die skuim aan te keer.

m.d.r ·

Hoeveel berigte oor aanvalle op bejaardes het sedert Maandag in Maroela verskyn….?
Ek meen hierdie is die sewende een….en die week is maar drie dae oud …!!
Jammer, maar die frekwensie van die aanvalle, die brutaliteit, die plekke (plase) en die ouderdom en derhalwe weerloosheid van die slagoffers vertel ‘n ander verhaal….en laat mens wonder….
Die aanvalle word met waansinnige brutaliteit uitgevoer. Kyk gerus na Afriforum se CD genaamd “Tainted Heroes” waarin halssnoer moorde gewys word, en dieselfde waansinnigheid van die omstanders is duidelik sigbaar.
Wat of wie is die aanstigters van hierdie aanvalle….dit kan tog nie sommer vanselwers onstaan nie..?

Chris Joubert ·

Dis tragies. Ek sien dat in 90% van die gevalle van plaasaanvalle en -moorde, die boere en hulle vrouens wakker word wanneer die aanvallers reeds in die huis en selfs die slaapkamer is. Ek weet die tegnologie is beskikbaar om mense te waarsku wanner die aanvallers reeds ‘n afstand van die opstal is indien die nodige voorsorgmaatreëls getref word. Dit sal ‘n bietjie geld kos, maar nie honderde duisende Rande nie. Ek probeer nou reeds ‘n tyd lank om Afriforum hieroor in te lig (ek wil nie geld maak hier uit nie), maar ek word geïgnoreer. Dit gaan net daarom om ‘n dubbele heining om die plaaswerf te bou (soos in ons weermagdae) en ‘n geskikte sekerheidskamera-stelsel te installeer wat enige beweging binne die dubbele heining sal waarneem en alarm maak – asook op ‘n slimfoon oor die Internet, ingeval die plaasbewoners nie tuis is nie. Indien die kamerastelsel uitgeskakel word deur sabotasie, sal die alarm ook afgaan. Ek sal graag behulpsaam wees om die inligting te deel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.