Bejaarde egpaar op plaas oorval

Argieffoto

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas buite Aliwal-Noord in die Oos-Kaap oorval is.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het gesê Kotjie Conradie (83) en sy vrou, Tienie (79), is omstreeks 15:15 Saterdag deur vier gewapende verdagtes oorval toe hulle op hul plaas Uitkyk tussen Aliwal-Noord en Burgersdorp aangekom het.

Die egpaar was vroeër die dag in Aliwal-Noord waar hulle glo van hul plaaswerkers afgelaai en inkopies gedoen het voor hulle terug plaas toe is.

“Die egpaar is aangerand en gedwing om hul huis en die kluis oop te sluit. Die verdagtes het in die egpaar se Hilux-bakkie gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant, vuurwapens en ʼn selfoon.”

Volgens Roelofse is die polisie ontbied en die bakkie en twee vuurwapens naby die plaas teruggevind. Nadere ondersoek het daartoe gelei dat ʼn verdagte omstreeks 11:00 Sondag in Hilton, Aliwal-Noord, in hegtenis geneem is. Die 31-jarige verdagte sal Woensdag in die Burgersdorp-landdroshof verskyn.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Sipho Silwana, te bel by 082 319 8337 of die Burgersdorp-polisiestasie by 051 653 9400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pierre ·

Flinke optrede deur die Polisie, dit dien vermelding. Dankie vir die SAPS lede wat erns maak met hulle werk

Goeie werk ·

Goeie werk SAPD – sterkte aan jul Oom & Tannie, hoop die beserings herstel gou.

Gesiggie ·

Lafaarts… hul weet dat die ou mense nie hulsef kan verdedig”’ hoekom vat jul nie wat jul soek.. en laat hul sonder skade…. hierdie is werk van mense wat op die plaas werk, wat weet van als wat binne aangaan? as hul nie geweet het daar is geld in die kluis, hoekom dit wil doen”’ stel maar ondersoek in vir die een wat die huis skoonmaak…. dit gebeur altyd met die ou mensies wat te goed is vir ander…. sterkte aan Oom En Tannie, … En well done aan die goeie speurwerk….

Casper Labuschagne ·

Eers wou ek nie op hierdie storie klik nie. Hoekom is moeilik om te sê, voor ek die berig gelees het, kon ek raai wat daarin sal staan, net die name en plekke verskil. Maar dit is dieper as dit, hierdie aanvalle is so alledaags en wydverspreid dat ons afgestomp word. Miskien is die afstomping sielkundig ‘n proses van selfbeskerming, want as ons dit nie doen nie, sal totale paniek en histerie verseker geregverdig wees. Die werklikheid is dat enigeen van ons dalk die volgende dag se opskrifte kan haal.

Lysa ·

Ek het presies dieselfde gevoel gehad. Jy is so reg Casper… Sad but true.

Lolla ·

Dink die tyd het gekom om voorbeelde van hierdie ouens te maak wanneer hulle gevang word. Ook in ons nommers by die howe opdaag. As die vent borg toegestaan word, dan word hy mos terug aan die gemeenskap oorhandig….

PJC ·

Ek dink het tyd geword dat enigiemand wat weg van sy huis of plaas was deur ń plaaswag of veiligheidsmaatskappy terug huis toe vergesel word om seker te maak alles is veilig by sy terugkoms.

Blommie ·

Ja dit is seker moontlik maar dan moet dit seker betroubare buurt wag manne wees. Ek dink eerder daar moet van werklose jongmense of gap jaar matrieks gebruik gemaak word. Gebruik maar ‘n mens se Commen sense en diskressie vir die kies van sulke beskerm engele. Ek sê maar net

Blommie ·

Daar word lof aan die S A P toegesê maar volgens die nuus op TV is die omgewing se BOERE wat die verdagtes vasgetrek het. Nou wonder ek hoekom is daar geen melding van die boere nie. Ek vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.