Bejaarde egpaar op plaas vermoor

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Twee bejaardes is dood nadat hulle Woensdagaand by hul huis op ’n plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo aangeval en die huis aan die brand gesteek is.

Volgens Llewellyn Hemmens, AfriForum Noordstreek se hoof vir veiligheid, het ’n buurtwaglid rook in die lug naby die egpaar Louis en Ina Cloete se plaas – sowat 40 km van Louis Trichardt – gesien. Hy het na die plaas gery en gesien die huis is in vlamme.

“Op pad na die plaashuis, het die buurtwaglid twee mans in die bejaardes se bakkie gewaar. Toe hulle die buurtwag sien aankom, het hulle uit die bakkie gespring en weggehardloop,” vertel Hemmens.

“Twee vuurwapens is in die bakkie gevind. Dit is nog nie duidelik of die vuurwapens aan die bejaardes behoort het nie.” Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder van Limpopo, is verskeie items, waaronder vuurwapens, wel tydens die aanval gebuit.

Die Cloete-egpaar se liggame is vasgebind in die huis gevind nadat die vlamme geblus is. Volgens Hemmens het die huis omtrent heeltemal afgebrand. Ledwaba het aan Maroela Media gesê die slagoffers was onherkenbaar verbrand.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn 72-uur-aktiveringsplan van stapel gestuur om die verdagtes te probeer opspoor.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Janice du Plessis ·

Dagsê Wayne
Baie dankie vir jou kommentaar.
Die artikel is intussen gewysig om enige verdere verwarring te voorkom.
Groetnis
Janice du Plessis
nms
Maroela Media

Misky ·

Lafaards!!!!! Simpatie met die naasbestaandes en vreeslik om geliefdes op so wrede manier te verloor.

Wondermaarnet ·

As dit nie volgens die anc plaasmoorde is nie, hoekom word die werkers nooit gemartel en vermoor nie?

Dawie ·

Ek wil nou nie begin met ‘n samesweringsteorie nie, maar al die plaas moorde, wat gebeur met die plase na die tyd? Word dit deur die boedels en testamente aan die naas bestaandes gegee, of is dit een manier om op te maak vir die toekoms wanneer hulle met die grondonteining wil begin?

Cherokee ·

Nee, dit is ‘n sinnelose vraag. Natuurlik word dit aan naasbestaandes bemaak. Wat betrokke is by plaasmoorde is niks anders as duiwelse boosheid. En dit word nie erken of genoem deur die regering. Eerste keer wat ‘n 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word daarvoor.

Papsak ·

Hoekom weer so wreed dit was nie nodig nie julle wil nie die waarheid hoor nie maar hulle our people word nie so wreed vermoor deur ons nie wanneer gaan dit stop hulle moet doodstraf kry uit en oor

Faraway ·

In my borrel ongekende woede maar ek gaan nie sondig nie, net sê . . .
Die ongeregtigheid van die wêreld gaan toeneem, daar staan geskrywe dat elkeen wat die NAAM van die HERE aanroep sal gered word!!!

Jurg ·

Dit is my niggie en haar man wat vermoor is deur die skuim. Mag hul gevang word en verwyder word permanent uit die samelewing

Misky ·

Innige simpatie Jurg. Hoop en glo hulle word vinnig vasgetrek en uit die samelewing verwyder.

Tersia ·

Innige simpatie met jou en jou hele familie, Jurg. Mag die Vader julle stukkende harte vertroos in hierdie verskriklike moeilike tyd.

Tanniepetoors ·

Innige simpatie aan jou en familie en vriende. Ek het nie woorde nie. Wens ek kon elkeen van julle ‘n drukkie gee, as

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel. Ek stem 100% saam met jou Jurg.

Johan ·

Ongelukkig kry hulle net lewenslank en selfs dan sit hulle net sowat 10 tot 15 jaar en is dan terug.

Annette ·

Innige simpatie Jurg. God slaap nie. Al kom hierdie mense dalk nou daarvan af, kom daar `n Dag waarop hulle rekenskap sal moet gee. My hart huil vir julle, en elke ander familie wat deur hierdie wrede, onsinnige moorde geraak word. Mag God julle genadig wees en Self die pad na heelwording saam met julle stap.

Renier johannes ·

Bring die dood straf terug en kry die wat hulle betaal om te gaan moor ook

KaRoOkWaGgA ·

Ek wens die polisie wil wakker word en dié monsters begin vasvat! Maar met ‘n minister wat magsbehep is, is plaasmoorde seker nie eers op die prioriteits lys nie.

Marius ·

Hoe moet n mens positief dink en wees teenoor sulke elemente in die samelewing?? Ek vra maar net.
Dit is skuim van die aarde!!!

casper ·

Blanke SA word wakker — Blanke moord word toegelaat in die land en die stop nie !!!

maruis ·

Wanneer sal SA wakker skik, en besef dit is volksmoord teenoor die blankes. Moenie wag totdat die ANC iets sal doen. Wonder of Cele en sy trawante hierdie plaas sal besoek.

Samuel ·

Dit hartseer. Hierdie voorval maak my woedend! Sal die SAPD daadwerklik optree? Die regering gee nie om oor hierdie gebeure nie, want dit is maar net wit boere. Ek weet ek is sinies.

Jakes ·

Sulke gemors kan geen bydrae tot die samelewing maak nie en verdien ook nie om te lewe nie. N totale gebrek aan opvoeding is in hulle Dna en selfs tronkstraf sal geen doel dien nie.

JM ·

Wetters!! Hierdie moordenaars is uiters arrogant om te glo dat húlle enige reg op lewe het. ‘n Vuurpeleton sou vir hulle die antwoord wees.

DEON ·

Nog ñ plaasmoord, hulle is besig om die wit mense stadig maar seker uit te moor op hul plase. Gee van die duisende weermag voertuie wat buite Pretoria staan en vergaan aan blanke boere om die ou komandos weer te begin. Gee die boere ook toestemming om die aanvallers met geweld te stuit, soos die ou dae se oorlog.

ONTPS ·

Innige simpatie aan die familie en vriende. Mens het nie meer woorde om hierdie misdade te beskryf nie. My hart breek oor die sinneloosheid daarvan en die hartseer en pyn wat dit veroorsaak

miche ·

Dawie, jy het ‘n moontlike geldige punt beet daar!
Kan Afriforum of iemand dit asseblief ondersoek?

Marshall ·

Unthinkable brutality.
Now, let us stop wringing our hands in grief and let us find a solution based on reality.
1. One cannot win a conflict with a defensive reactive strategy, as is the current strategy.
2. This violence will not decrease. It stems from the large Gini Coefficient which is the result of the genetically controlled cognitive disparity between the racial groups. Currently there is no solution to this problem.
3. Secession with the establishment of a country for the minorities and a finite border is the only workable solution. Crime could be controlled by an intelligent government.
The alternative is to keep sympathizing with the bereaved and doing nothing constructive, while the torture and brutal murder continues. To compound the problem, there is a real possibility of Eskom failing at some point in time. If this happens, mass violence on an unprecedented scale will undoubtedly ensue. Secession is the only way this situation could be managed.

Kokkie ·

Is daar dan nie opgeleide leiers wat ons kan saamsnoer en organiseer tot weerstand nie . Daar móét mos sulke mense wees.

miche ·

Ek wens Maroela Media kon ‘n soort-van “jurie ” saamstel
uit hul getroue lesers en kommentators. Ek dink meeste moorde
en ” probleem-gevalle” wat die Polisie as ” raaisels ” beskou,
sou vinnig opgelos Kon word deur dié platvorm.
Oorweeg dit asb. MM.

Swerwer ·

Sò word ons nasie uitgeroei deur die kommunis en geen haan kraai nie. Almal aanvaar maar net gelate.
Reageer wanneer die Regering hul vingersklap vir bystand met die “nedersettings”.

Janine ·

En dis ons eie mense wat telkens aandra, want ons is grootgemaak om te help….

Toy ·

Die een wat gevang is moet maar se waar sy brothers is anders gaan hy alleen sit. Kom soos ‘n lafaards, altyd meer as een.

Jurg ·

Kan jul asb net regstel hul is Woensdag vermoor en nie Maandag nie ek en my niggie het nog gister oggend met mekaar op Whattsup gepraat net na 8 die oggend

Janice du Plessis ·

Dagsê Jurg
Baie dankie vir jou kommentaar.
Ons het die artikel gewysig.
Jammer vir jou en jou familie se verlies.
Groetnis
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.