Bejaarde egpaar se lyke in badkamer in aftreeoord gevind  

(Foto: SA Polisie)

Die liggame van ʼn bejaarde egpaar is Sondagoggend in die badkamer van hul huis in ʼn aftreeoord in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gevind.

ʼn Versorger van die aftreeoord het omstreeks 07:00 op hul liggame afgekom, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die versorger het agterdogtig begin raak aangesien die egpaar Donderdag die laaste keer gesien is.”

ʼn Veiligheidswag het die huis vir die versorger oopgemaak waarna daar op die toneel afgekom is. Die egpaar is in die bad gevind. Die 79-jarge vrou het volgens Naidu verskeie steekwonde opgedoen terwyl haar 81-jarige man geen sigbare beserings gehad het nie.

“Dit lyk of niks uit die huis gevat is nie en daar was ook geen tekens van gedwonge toegang nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van hul dood te bepaal.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

Die name van die oorledenes word weerhou totdat al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Hoe hartseer is dit nie en mens sal dink bejaarde mense is veilig in ‘n aftreeoord en sekuriteit is skerp. Meegevoel met die naasbestaandes.

Theresa ·

Nou hoe gaan kyk die versorger eers Sondag waar hulle is, van Donderdag af al? Moet daar nie elke dag ‘n besoek afgelê word om te kyk of die mense veilig/versorgd is nie?

quartus ·

Hierdie oumense betaal groot geld vir die sekuriteit in die aftree oorde en nogtans is die oues van de nie veilig nie.

Juls ·

As die veiligheidswag die deur moes oopsluit vir die versorger hoe het die moordenaar toegang verkry?

Surfer ·

Watter moordenaar? Die man het geen beserings nie?? Genade dood?

Plaaskind ·

Genade – eers 3 dae later agterkom daar is fout. Arme oumense, mag julle sag en in vrede rus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.