Bejaarde egpaar tydens plaasaanval geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar, in hul 70’s, is Sondag helder oordag op hul plaas in Vrede in die Vrystaat oorval en geskiet.

“Besonderhede oor die voorval is nog nie duidelik nie, aangesien albei slagoffers met ʼn helikopter na ʼn gespesialiseerde hospitaal in Alberton, Gauteng, geneem is,” het konst. Masilela Langa, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Paramedici het bevestig die pasiënte is op die toneel gestabiliseer voor hulle na die hospitaal gehaas is.”

Volgens Langa is die egpaar deur twee mans oorval. Een van die verdagtes was glo vroeër ʼn werker op die plaas.

Langa het versoek dat die egpaar se name nog weerhou word totdat die familie in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Deirdre ·

Ek doen graag n versoek op die dag van die aanval. Dit was vanoggend gewees en nie gister nie. Is heeldag op die plaas radio’s opsoek na hulle. Boere werk sterk saam!
Vriendelike groete
(Bly anoniem asb.)

Sune van Heerden ·

Dagsê

Ek vra om verskoning, daar was net ‘n misverstand toe ons met die polisie gepraat het.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Winston ·

Ja. Seker alweer n loon despuut. Hoop hulle kry n paar noodlottige kneusplekke voor die polisie opdaag. Net vir my interresant dat die slagoffers in meeste gevalle ouer mense is. Dis onaanvaarbaar erg!!!

Frik Lotz ·

Plaasaanvalle en plaasmoorde ruk regtig hande uit en dit kan nie so aangaan nie. Gelukkig probeer die VF Plus iets doen en is hul mosie oor plaasmoorde by UNPO aanvaar en kan daar nou internasionale druk op die regering gesit word. Ekself het ook n paar lesersartikels aangaande plaasmoorde geskryf op die Afrikaanse Opinieplatform. Plaasaanvalle en plaasmoorde moet NOU gestop word.

Willie Naude ·

Ek kan nie glo dat die plaasaanvalle maar net voortgaan nie, die regering gaan nooit aandag daaraan gee nie, ons sal self iets moet doen aan die saak of ook maar net deel word van die statestiek, ek bly self op n plaas en glo my, ek sal myself en die mense rondom my help beskerm! Ek voel so jammer vir die ou mense wat so verniel en gemoor word, maak n ongekende opstandigheid in my wakker, ons sit op n tydbom!!!

Nico ·

Dit is onaanvaarbaar. Oumense word wreed aangerand op ergste denkbare wyses vermoor verkrag geskiet en wat nog. Mag die Here gee dat die skuldiges gevang word. Indien nie nou nie sal daar wel n dag kom wanneer hierdie lafhards gestraf gaan word. Hulle sal God se Wittroon moet staan en dan veroordeel word

Frikkie ·

Dit maak my lam om elke dag te lees van plaas aanvalle. Kan daar nie van privaat maatskappye gebruik gemaak word om die sake te ondersoek en hierdie euwel uit te roei nie. Daar is maatskappye wat die kennis het om die aanvalle te ondersoek en die aanvalle te kan stuit gee hulle n kans om die regering se werk te kan doen. Die maatskappy het manne wat in die oud veiligheids magte gedien het. Laat hulle los op die misdadigers en hulle sal met meer as n paar blou kolle opgespoor word.

boer ·

Sal nooit gebeur nie Frikkie. Hoekom sal die regering nou teen hulle eie planne wil werk?
Hulle het die kommandos ontbind,en geen mag in hulle plak aangestel nie.

Die kommandos het ons boere veilig gehou,en nou is dit weg. Nou kan die moord en doodslag,
volgens plan verloop

pjk ·

Ons moet ondergrond ons eie Kommando’s stig. Dis dringend!!

david ras ·

Vir almal vir wie dit opmerklik is dat veral bejaardes aangeval word—-
Wie onthou nog die Rivonia verhoor ? Die verhoor van o.a Nelson Mandela , Bram Fischer en andere in 1963 ?
Die verhoor was die gevolg van die veiligheidspolisie wat op die ANC/SAKP se skuilplek in Rivonia toegeslaan het en ‘n massiewe beplande rewolusie ontdek het.

Die kodenaam vir die rewolusie was “operation Mayebuye” en in die dokumentasie verskyn hierdie stukkie inligting:

“In this phase of our guerrilla operations…..SHAMELESSLY ATTACK THE WEAK, AND SHAMELESSLY FLEE FROM THE STRONG”
Bejaardes, vrouens en kinders resorteer sekerlik onder “the weak”–die swakkeres ?

Dit lyk of Mayebuye toe nooit destyds vernietig is nie, maar nog steeds nou nog aangaan.

Mandela was een van die skrywers van Mayebuye, en dit verklaar miskien sy konsekwente weiering om geweld af te sweer in ruil vir sy Vryheid deur die vorige bewind.

Was ‘n vreedsame bewindsoorname ooit die werklike bedoeling van die ANC ? O f was die agenda eintlik die verdrywing van blankes uit SA, so op die styl van Hitler teen die Joodse etniese minderheid ook onder die dekmantel van kriminaliteit deur sy berugte bruinhemde en sy weergawe van regstellende aksie ?

Peet Schabort ·

David, is ek op die regte plek as ek sê dat die motorpedaalkluise by jou gekoop (3 van hulle) na ongeveer 14jaar nog hulle werk doen. In 2000 was dit die laaste keer wat hulle, na 4 probeerslae, my Toyota bakkie wou steel. Elke keer sonder sukses.
Is die kluise nog te koop ?
Dankie Maroela indien julle hierdie plaas. Ook my toestemming om my e-pos aan David te gee indien hy dit verkies.

david ras ·

Jammer Peet, ek pleit onkunde oor die kluise. Ek is darem bly dit was so suksesvol

groete

Estie ·

Dankie vir die inligting Dawid Ras. Baie insigewend. Groete

des ·

Hulle is te bang om jonger mense aan te val want hul weet wat di gevolge gaan wees as dit swart bejaardes was het di hele regering gehelp hoekom is di hoof van polisie ni da gewees ni seker ni belangrik ni

des ·

Hulle is te bang om jonger mense aan te val want hul weet wat di gevolge gaan wees as dit swart bejaardes was het di hele regering gehelp hoekom is di hoof van polisie ni da gewees ni seker ni belangrik ni

Johnny ·

Moenie dink die regering gaan iets doen. Gemeenskappe moet self begin saam staan en mekaar ondersteun en self beskermings eenhede op die been bring. Kom bietjie na Brakpan, hier het ons meer as 1200 blanke vriende en familie lede wat per radio in verbinding is met mekaar. Reaksie tyd op ‘n noodgeval is minder as 5 minute. Dit werk, ONS STAAN SAAM

Johannes Meintjes ·

Volksgenote en mede-burgers. ‘n Patroon van plaasmoorde in SA is sigbaar sedert 1979. Ek skryf ook onderling daaroor sedert 2001. Waarom sloer ons om die Kommandos so goed moontlik te hervestig met die doel om plaaswagte, buurtwagte, die GPF, sekuriteitsmaatskappye, AfriForum inisiatiewe en Gemeenskapsforums te help op meer volhoubare, meer gespesialiseerde en meer effektiewe vlakke van burgerlike beskerming en ‘n nasionale gesamentlike operasiesntrum waar all bestaande vorms van verbindings koppelvlakke vind. Betreurenswaardig lyk dit my ons gaan egter maar net oudergewoonte aanhou bloei, kerm en aanhou baie praat op ons blogs …

pop ·

Johannes, dis inderdaad soos jy se. Almal bloei, en kerm en blog maar sit dan agteroor. Mense raak betrokke by die organisasies soos Johannes noem. ASB. Ons kan nie op die regering staatmaak om ons te beskerm nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.