Bejaarde egpaar van Heidelberg aangehou, beroof

Foto: Verskaf.

ʼn Bejaarde egpaar is Dinsdagoggend in hul huis in Heidelberg, Gauteng, aangehou en beroof.

Die voorval het omstreeks 06:30 plaasgevind. Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie het gesê die man (70) was op pad werk toe, toe die aanval plaasgevind het.

“Die drie gewapende aanvallers het toegang tot die huis verkry deur die voordeur,” het Tshilate gesê.

“Die man se voete en hande is vasgebind met kabelbinders. Sy vrou is in die badkamer toegesluit tydens die aanval. Die aanvallers het kontant en die sleutels van hul voertuie geëis.”

Volgens Tshilate is die huis hierna geplunder en het die verdagtes op die vlug geslaan in die egpaar se grys C200 Mercedes (registrasienommer YDN046GP) met ʼn groot hoeveelheid kontant, twee televisiestelle, twee tabletrekenaars en juwele.

“Hoewel daar nie skote afgevuur is nie, is die vrou erg getraumatiseer en Emer-G-Med het haar kom bystaan,” het Tshilate gesê.

Die polisie is deur ʼn lid van die publiek in kennis gestel van die voorval toe die persoon die aanvallers sien vlug het.

Mense met inligting oor die voorval word versoek om die polisie te bel by 0860 010 111 of 016 341 0400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

M0 ·

Weet jy! Die blikemmers kan rerig nie hulle hande van oumense se goed afhou nie!! Te lui om te werk te maklik om te roof! Vang jy hulle betaal hulle die polisie en deel die buit!! Raadop!!

D Bosman ·

Wat anders is sulke optrede as terrorisme? Die terroriste wat die dade pleeg woon met die goedkeuring van die regering in ons midde en hul dade sal voortduur terwyl die landsleiers
geen doeltreffende maatreels tref om dit stop te sit nie. Selfs die president sing met groot brawade dat hy self die eienaar van n masjiengeweer is en dat hy dit benodig. Vredeliewende mense wonder waarvoor en word, deur sy optrede en opswepery tot geweld, geterroriseer. Terrorisme deur
eielandsbewoners is hoogverraad en verdien die doodstraf. Ons het n leier nodig wat SA “greate again” kan maak.

Mike ·

Hoe kan jy dit rapporteer aan die polisie want hulle is deel van die regering en kop en een mis met wat gebeur. Dis hoekom da niks aan al die plaas moorde ook gedoen word nie. Hoe kan jy iemand vang as jy sef deel daaraan het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.