Bejaarde egpaar van Kaapstad dood gevind

Die straat is afgesper buite die huis waar die moorde plaasgevind het. Foto: Facebook via Ottery en Wat Wat

ʼn Bejaarde egpaar van Ottery in Kaapstad is Sondag omstreeks 17:00 dood in hul huis in Sandownweg gevind.

Die oorledenes was albei 82 jaar oud. Hul name is nog nie bekendgemaak nie.

ʼn Inwoner het op Facebook gesê die moorde is tydens ʼn huisroof gepleeg. Volgens die Facebook-inskrywing moes die voorval tussen 18:00 Saterdag en 18:00 Sondag plaasgevind het.

“Daar is twee mans in die gebied gesien wat netjies aangetrek is, twee keer gister (Saterdag) en vanoggend (Sondagoggend) in die vroeë oggendure,” lui die inskrywing.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, wou egter nie oor die omstandighede van die moorde bespiegel nie en het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die egpaar se dood vas te stel.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om die Lansdowne-polisiekantoor of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nadia ·

Dis so hartseer dat die ou mense so aangeval word. Hulle is weerloos en kan nie vir hulle self opstaan of help nie. Ai slegte nuus.

HPV ·

Nuwejaar, dieselfde anc regime, steeds meer as 50 moorde per dag en ons tel voort.
Ou mense hoef nie noodwendig teikens te wees nie, met die nodige beveiliging, voorsorg, opleiding en bewapening kan en mag hulle hulself verdedig.

RALPH ·

So tragies. En die oom wat sy lewe asook sy vrou en kleinkind se lewe beskerm het teen inbreker word nou aangekla van moord.

PJC ·

Dan wonder mense nog hoekom sommige van ons se huise soos tronke lyk en hoekom ons daarvan hou om altyd ń vuurwapen byderhand te hê. Dit is nodig om te alle tye paraat te wees want niemand weet wanneer hy dalk die volgende teiken gaan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.