Bejaarde egpaar wreed tydens kleinhoewe-aanval gemartel

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar is Donderdagoggend kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe buite Potchefstroom.

Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die Potchefstroom-polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is omstreeks 07:30 op ʼn kleinhoewe in die Haaskraal-omgewing oorval.

“Twee jong mans het voor die aanval toegang tot die perseel verkry en buite die huis gewag totdat iemand die agterdeur, wat gesluit was, oopgemaak het,” het Chaka gesê.

Chaka het gesê die huiseienaar, ʼn 75-jarige man, het die agterdeur oopgemaak, onwetend dat daar oortreders in die erf was.

Die aanvallers het hom buite die huis oorweldig en met ʼn mes in sy regterhand gesteek. Hulle het hom daarna in die huis in gedwing waar hulle sy 74-jarige vrou aangetref het.

“Die mans het op die egpaar geskreeu, hulle aanhoudend aangerand en op kontant aangedring. Die egpaar het egter nie kontant by hulle gehad nie. Die egpaar is tydens die aanval kaal uitgetrek. Die mans het water gekook, olie warm gemaak en dit oor die egpaar gegooi. Hulle het ook plastiek aan die brand gesteek en op hulle gedrup.”

Die verdagtes het op vlug geslaan met ʼn rewolwer wat in die egpaar se kluis was en ʼn selfoon.

Chaka het gesê dit is nog nie duidelik wie hulp vir die slagoffers ontbied het nie, maar dit was vermoedelik familie wat daar naby bly. Die polisie en ander rolspelers is omstreeks 08:30 na die toneel ontbied.

Die egpaar het onder meer erge brandwonde oor hul liggame opgedoen en is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal in Potchefstroom geneem.

Die Potchefstroom-polisie ondersoek die aanval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Ronel ·

Dan mag mens nie haat nie ne!
Oom, tannie, ek hoop julle herstel spoedig nas die aaklige ondervinding!

Louise Venter ·

Wys die fotos, hoe grusaam ookal, dat die wêreld kan kennis neem.

Strussbob ·

Dis verskriklik – iemand se ouers – hoe wreed is dit nie . Dis diere man

babsie ·

vader hoekom hoekom geen mens kon jou indink wat se pyn moes daai twee oumensies gegaan het hoop die 2 word gevang en doen dieselfde word aan hulle gedoen kan die satan nie wyk vader sit in trane God asb verlig hulle pyn asb Amen

Anton ·

Ek wil so baie dinge gelyk sê …
Dit sal beter wees indien ek niks sê nie en eerder …

Rina Pretorius ·

so wreed en dan hulle nog verneder by die alles, ek hoop dit gebeur met hulle ook

Judith ·

Mense, dis darem baie moeilik om positief te bly in hierdie land van ons as mens sulke stories lees.

$ ·

Die bittere hartseer is: vir die lesers is dit “stories”; vir hierdie arme twee mense en hul geliefdes, en elke ander slagoffer van wreedheid en geweld, is dit werklikheid )-:

Mag ons Vader se woorde “My genade is vir jou genoeg” vir hierdie twee stukkende mense werklikheid wees …

alida ·

Liewe Here wat moet mens nog verduur. Dit is barbaarse optrede op sy ergste. Die arme ou mense sal NOOIT hiervan herstel nie. Nie liggaamlik of geestelik nie. Hoop hulle word gevang en gou ook.

Melanie ·

Maar die trauma! Hoe herstel mens van die trauma? Dit is om van moorddadige gedagtes te kry.

Elaine ·

ek kan net God dank, my grootouers het jare gelede op een van daardie kleinhoewes in Haaskraal gebly en later getrek. ek hoop die oumensies maak dit en dat God hulle sterk sal hou

Jannie ·

Of jy nou wapens het of nie, gaan jy gemartel word tot jy dit opgee. As jy niks het nie is die kans goed dat jy ń marteldood tegemoed gaan.

Supra ·

Wat se premier Supra nou? Aan die hand van die swart man. Gaan iemand ook nou huise kry en af brand en en….

Blondie ·

Lollie dis so waar wat jy sê. Die wonde genees, maar die geestelikke wonde bly. My oorlede ma het haarself in die huis toe gesluit en soos ‘n gevangene geleef na hul plaas aanval. Om ‘n bang mens te wees is verskriklik.

Se maar net! ·

Ag siestog watse pyn moes die arme 2 ou mense deurgaan nie eers te praat van die vernedering om hulle kaal uot te trek nie… Wat wou hulle sien????Wens die een wat doodstraf weggevat het moet so iets deurgaan dan sal dit dalk terug gebring word!!!!!GGGGRRRRR!!!!!!!!!

Fabian ·

Ek se nog steeds ……. mense wat vandag reeds 6 voet onder die grond le, is baie beter af as ons wat op aarde wag dat jy die volgende teiken word van ‘n plaasaanval of enige vrees aanjaende gebeurtenis met met die wreedse geweld gepaart gaan. Ek wens die liewe Vader wil ons kom red uit ons nagmerrie op aarde.

AnneMare ·

Bring die doodstraf terug !!! Of doen aan hulle wat hulle aan die arm mense gedoen het!!

Erick ·

“The survival of a any language depends on the political and military strength of its speakers “.(Rubenstein,2016:173)
Ons lewens en ons hele voortbestaan is in groot moeilikheid.

Willem Grobler ·

“If you are not prepared to fight when you have everything going for you there comes a time when you will be forced to fight with the odds stacked against you because it is better to fight and to die than to live ss a slave. ” Winston Churchill

Lampies ·

Ja Willem, toe gee ons alles weg en daarmee saam het ons ook ons toekoms op die spel geplaas. Ons pluk nou die wrang vrugte….

Joe ·

Maar die geval van die man in die kis (en verstaan ek keur dit nie goed nie) haal elke nuus stasie of platform oor en oor en oor en oor en oor en al die drama!!!!. Die storie word heel waarskynlik seker deur net maroela media gedek. Wat is die kans dat dit vanaand op TV nuus sal wees????? Toemaar ek weet wat die antwoord is. Maar betaal asb jou TV lisensie hoor!!!!!

CATHY VAN ZYL ·

Hoe gouer die doodstraf teruggebring word, hoe beter sal dit in ons land gaan.

Retha ·

En wie dink jy gaan die regering van die dag eerste die galg laat ry? Dieselfdes wat die moordenaars doodskiet en toegesluit word daarvoor! Word wakker man en dink voor jy praat! Ek BID dat dit nooit sal terugkom nie! Want dan het hulle n wettige manier om die blankes mee uit te moor. Dink aan wie behoort die judge en hof wat jou skuldig sal bevind al is jy onskuldig…

Katrein ·

My ouers bly op ‘n plaas buite Potch— selfde ouderdom…alleen. Ag Here, bewaar hul asb,

zoom zoom ·

Het die min van polisie al die mense gaan besoek soos wat hy met van die ANDER doen?

Chris Ws ·

Die uurglas loop stadig maar seker leeg vir hierdie lewende wesens wat ou weerlose mense so mishandel.Ja ONS dag kom!Alle sterkte oom en tannie.Mag ons Vader julle genees liggaamlik en geestelik.

Retha ·

Ek is jammer vir hulle pyn MAAR wat het sy rewolwer in die kluis gedoen en nie aan sy sy nie, en waar is sy kameras om die huis? Seriously mense!? Wanneer gaan julle leer!?

Adriaan ·

Was die aanvallers gewond of gedood uit self verdediging, was die slagoffers moontlik nou onder arres. Dis mos wat die polisie die beste doen.

Haan ·

Het dit vroeër gesê lyk my net effens te kras na MM se sin. As mens weet jy is n sagte teiken moet mens als in jou vermoë doen om jouself te beskerm.

Tex ·

Retha, Ek hoop jou vuurwapen is Altyd aan jou sy!!
Ek bedoel altyd!!?

Francie ·

Ek stem saam.
1 Moenie lukraak jou deur oopsluit nie.
2 Hou ‘n wapen ( kierie, enigiets byderhand).
3 ‘n Klein hondjie binne die huis, so 2 grotes los buitekant
gaan verseker ‘n groot verskil maak.

Tiger ·

Tex,kom maak by ons ‘n draai – enigetyd van die dag of nag dan wys ons jou hoe dra mens jou handwapen aan jou 24/7.Slegs as ek bad is hy arm afstand van my af en ek en my man is ALTYD saam in die badkamer met badtyd.Neewat dis maklik om te doen.Dis soos om jou sitplekgordel aan te sit sodra jy in jou voertuig klim.Jy MAAK dit ‘n gewoonte.

Mary Sadler ·

My hart huil oor die twee mense, maar hoekom was die rewolwer in die kluis?

janneman ·

Die realiteit is dat daar nie n politieke wil is om hierdie gruweldade te beiendig of die doodstraf terug te bring nie.
Ons mense mense verhuis op groot skaal na die Wes-Kaap waar ons nog die meerderheid kan vorm, waar ons taal gepraat word en ons waardes uitgeleef kan word.
Dit is dalk die enigste hoop vir die van ons nie die land kan verlaat nie. Ek trek vroeg volgende jaar George toe!

Tiger ·

Sterkte!Hoop jy is ‘n pensioenaris met genoeg geld.Indien nie, my innige simpatie.

Adam ·

Janneman, wat se “meerderheid” verwys jy na? Hou in gedagte die enorme groei in die Wes-Kaapse bevolking sedert die laat negentigs. Die Wes-Kaap het die laagste armoede-syfer in die land en dit lok “immigrante” van orals en indien jy na ‘n wit meerderheid verwys is jy in vir ‘n verrassing.

Wil weet Willemien ·

Hoe vergelyk die daad met die doodskis video?Asb reel dat dit ten minste voorblad nuus word sodat “sekere hooggeplaasdes”kan kennis neem

HAAT ·

Mag nie Haat? Wat van die berig die haat waarmee hulle ons mense meer behandel? Wat van al die haatspraak teen ons?
Die berig is hartseer en hart verskeurend om te lees hoe weereens nuttelose ou mense gemartel is. HKM? Hoe kan God dit dan nog langer toe laat?
Oom en tannie baie sterkte en bid julle sterkte en gesondheid toe. Net God kan die wonde heel.

$ ·

Ek dink die woord wat jy wou gebruik is “weerlose” in plaas van “nuttelose”…

Penellope Jones ·

Hoekom verskyn hierdie tipe berigte nie in enige ander koerante nie??

Ek gaan my liewer nie uitspreek oor hierdie geval nie, dis te traumaties en mens is te kwaad en geskok (as mens nog dit kan wees in SA!!)

Marius ·

En die hele parlement sit en kyk hoe hierdie dinge gebeur, en niemand veroer n vinger of knip n oog nie. Amper ‘n tipe stille diplomasie…

Melanie ·

Hulle tree barbaars op as jou bedoeling is om testeel hoekom die ouer paar so erg aanrand,Hulle doel was duidelik om temartel wanneer gaan die polisie optree teen die gewetenlose mense.

Swart Piet ·

Ek wonder nou so by myself, as ek oor die marteling van n blanke boer en sy vrou lees, wanneer gaan die blankes in SA nou van hulle dik basse af opstaan en iets hieromtrent begin doen. Want glo my nie die regering of enige party in die parlement gaan iets hier omtrent doen nie. As dit nou swart mense is wat gemartel is dan was die hele omgewing al afgebrand, soos tans naby Brits aan die gang is. Baie sterkte aan die oom en tannie.

Marina ·

Onmenslik!! Niks word gedoen nie?
Kinders kyk asb na ouers!! Bo 70 kan nie meer alleen bly nie. Hulle target ouer mense

Hou Op! ·

Hou asb nou op met hierdie tipe kritiek – jy weet nie eens of hierdie egpaar kinders het nie, maar jy deel bevele uit. My ouers val in hierdie ouderdom kategorie – glo my, hulle weier om hulle onafhanklikheid prys te gee en raak behoorlik vies as ons durf insinueer hulle is nie meer sterk genoeg om hulleself te verdedig nie. Ons weet almal hulle is “targets” maar moet ons hulle met stokke en swaarde uit hulle onafhanklikheid verwyder? Of wat stel jy voor??

Marie van der Berg ·

Here, ek dra hierdie 2 ou mensies aan U op en vra dat U hulle asb sal genees. ( Alhoewel ek sooooo verlang na my ouers wat reeds oorlede is, is ek Goddank bly hulle is nie meer op hierdie wrede aarde nie!)

Michael ·

Hierdie is nie diefstal soos Johan Burger wat sekerheidsstudies altyd beweer nie hierdie is n lafhartige tipe mens met n intense haat vir blanke mense die feit dat dit meestal ou mense staaf dit en die diefstal is net n bysaak anders sal hulle net die goed gevat het en geloop het die ou mense kon hulle nie eers self verdedig nie hoekom hulle brand met olie

Nel ·

Ek lees elders dat dit die land se beeld sal skaad as Afgracelike Mugabe in hegtenis geneem word – nou wonder ek of die spul a-morele sotte/regering regtig dink dat moord en marteling nie ook al klaar besig is om die land se beeld af te breek nie?

Hanna ·

Wreedaards, geen woord kan hul bose dade beskryf nie. Ons dink in ons gebede aan die twee mensies. God sal vergeld. Sterkte

Flintstone ·

Solank ons weerlose oumensies so sinneloos aangerand word deur barbare,sal bloed nie ophou vloei.Inteendeel ek is sterk van mening dat ‘n volskaalse bloedbad nie onafwendbaar is sonder die ingryping van ons Hemelse Vader nie.

madels ·

Hoe verskriklik is dit net nie!!!? Hoe kan enige iemand wat homself n “mens” noem so iets aan n ander mens doen? Ek dink ons moet begin opstaan teen wat hier gebeur want dit is DUIDELIK dat meeste van aanvalle waar wit mense doodgemaak word, eintlik nie regtig diefstal is nie maar DUIDELIK koelbloedige moord is en verskriklike marteling!!! Kyk MOOI mense!! Elke “inbraak” word daar net n paar goedjies gevat, maar die eintlike rede is om te moor en soveel seer te maak as moontlik! Dis uiters WALGLIK!!!

Oumie ·

En ander media swyg soos die graf. Dit terwyl insidente waarin niemand regtig iets oorgekom het nie opgeblaas word asof dit die einde van die aarde is. Waarom swyg die media? Waarom is hierdie onbeskryflike wreedheid nie voorbladnuus nie? Keur hulle dit dan goed? WAAROM word die waarheid bedek? DANKIE MM dat julle nie huiwer om die boosheid in die lig te bring wat ander in die donker hou nie.

Mariaan ·

Mag dieselfde of ń erger lot hulle tref,, net veel langer en wreder sodat hulle nie in staat is om hulp te ontbied nie.

Andre ·

Sluit die strate sodat slegs inwoners toegang kry. Plaas kameras by al die ingange na die areas en pas toegangbeheer toe. Nie inwoners moet id toon voordat hulle toegelaat word.
want…..
VOORKOMING vam misdaad is BETER AS GENESING!!!

Stephanus ·

As ‘n blanke dit aan ‘n swart gesin gedoen het was dit hoofnuus op al die tv kanale!!!

Janosh ·

Staphanus, dit is baie ligtelik gestel. Die hel sou losgebars het – glo my.

Alida ·

Hoe ironies! Geen woord hiervan vanaand op die nuus nie. Hoe verklaar mens dit. Ek wil kots as die doodskis storie oor en oor vertoon word en al die ander snert.

... ·

“Mens maak nie net jou deur oop soggens nie”.
Sê asb. vir ons hoe maak mens in die oggend om werk toe te gaan en die kinders by die skool te kry?

Morne ·

Dit kan beslis nie God se wil wees nie. Dit is die duiwel se wil. Mag die Here met julle wees, oom en tannie en ek bid julle sal deur die baie moeilike tyd kom. Afskuwelik ! Ek voel naar !! Dit is juis een van die redes waarom ek en my vrou uit SA “ontsnap” het. Ons woon in Spanje en daar’s geen manier dat ons terug na SA sal gaan nie.

Geskok ·

Hulle is in bedenklike toestand…..wat beteken glad nie goed nie . Het nie meer woorde nie……. onmenslik verby . Skokkend en my hart bloei vir hulle en familie.

Vannessa ·

Gaan Gerrie Nel, Flippie Buys en AfriForum môre n perskonferensie oor die aangeleentheid doen?

jano ·

Ek stem dat Afriforum , Maroelamedia en mense die voorvalle aan die groot klok hang
2 wit mans wat n swart man in n kis prop en hom nie eers aanrand nie haal al wat tv kanaal is maar wat van 2 wit ou mense wat gemartel word en in die hospitaal beland
Die wereld moet hoor wat in SA aangaan
Apartheid is terug en die skoen is nou aan die ander voet

Stiena ·

Gesonde verstand se dat enigiemand wat so wreed optree teenoor medemens of dier, deur die duiwel besete is. Wit of swart, pink of blou. Wat verwag jle anders van enige persoon wie voorvaders aanbid. Dit gaan nog erger word in di laaste dae. Maar Goddank deur Sy genade sal Hy die tyd verkort om die wat in Hom glo se onthalwe.

Stan ·

Na sulke horibale insidente is daar nog kriminolgiese akademici wat sporadiese volksmoord bevraagteken. Dit is mos baie duidelik dat hierdie gevalle nie met geweld misdaad kan vergelyk word nie!!!

Teresa ·

Seriously disturbed characters with sadistic personalities which actually relish in the suffering and misfortune of helpless people. It’s sickening. My prayers and thoughts to all the elderly harmed and murdered in the killing fields of South Africa.

Hooploos ·

Alle bejaardes wat alleen woon moet van plase en kleinhoewes verwyder word. Gaan woon by julle kinders. So kan dit nie aangaan nie. Los die plase, en laat die wat so moor en uitroei self boer en landbouprodukte vir hul geliefde land lewer. Kom ons kyk watter resultaat dit sal oplewer. Ons het al ‘n voorsmaak daarvan gehad.

Hennie ·

Dit is so onnodig en tragies.
Maar wat help ‘n vuurwapen in

Susan ·

Lafaards!!!!
Altyd weerlose mense aanval en altyd meer as 1
Lafaards!!!

Meatloaf ·

Dan word geskryf deur n sekere mens. Suid-Afrika is in vergelyking met andere Westerse lande steeds n paradys om te woon, werk, gesin groot te maak ens. Ek het hom erg bevraagteken, en so ook menige van julle. Reg so, die Wereld lande het ieder en elk misdaad, maar glo my, so iets wat ek nou lees, nerens maar nerens.

Werner ·

Hennie n vuurwapen help as jy hom dra en weet hoe om hom te gebruik in kluis beteken hy niks baie jammer vir die ou mense hoop hulle herstel mooi

Kiewiet ·

As hulle gevang word doen die selfde aan hulle as wat hulle aan daardie twee ou mense gedoen het. Sodat hulle ook die pyn kan voel wat daardie ou mense moes deurmaak

Danie ·

so kom ons se hulle word gevang, waste fonnis gaan hulle kry? 3 maande? dalk minder?

Liesel ·

Danie, dalk moet jy bietjie die binnekant van ‘n hofsaal gaan besoek wanneer hierdie tipe van sake voorkom. As die ondersoek werk deur die polisie volledig en reg gedoen is vind skuldig bevindings wel plaas en hulle kom glad nie so lig daarvan af soos wat jy dink nie.

Elsa ·

Skreiende skande dat daar niks al gedoen is om mense te beskerm teen die soort van aanrading nie, onaanvaarbaar en regering sal moet in rat kom om hierdie afskuwelike misdade hok te slaan…ophou met ander dinge wat nie die veiligheid van Suid Afrika eerste stel nie….ons vertrou die 2 mense herstel ook van hul trauma en dat die boewe spoedig gearrresteer sal word en ook as voorbeeld gebruik sal word teen swaar straf

anton ·

Hulle gaan nie gevang word nie!!!
En asb. mense, hou op om te vra wanneer gaan die regering iets doen aan dit!!!
As hulle niks in 23 jaar gedoen het nie, wat laat julle dink hulle gaan nou skierlik iets begin doen?
Dit is reeds lankal tyd om self iets te begin doen!!!
As ek baie geld gehad het, het ek lankal al iets begin doen!!!

GELOWIG-VERANTWOORDELIK-INTEGRITEIT ·

Al bogenoemde kommentare gelees. Dra kennis van al die korrupsie dwarsoor die landsbestel. Soveel wanpersepsies en disinformasie wat negatiwiteite aanhelp. Hoe sou ‘n land van geen van bogenoemde nie wees nie. Ons het verval in ‘n land van persverklarings en hof interdikte sonder enige noemenswaardige kwalitatiewe uikomste. Geen hoop onder volk word bewerkstellig nie. Die sterkste veroordelings word polities beoordeel of net geignoreer. Lewenskwaliteite word ingeperk. Initiatiewe afgemaak. WAT NOU!!!!!!!!

Johannes Meintjes ·

Na mening moet elke burger hom en haarself so goed en oopkop moontlik fisies en geestelik paraat hou. Baie dinge in “outoriteit” waarop daar vir jare staatgemaak is skyn nou blote kulkuns en selfs besdrog te wees. Buurtwagte, patrollies, kontekstueele beplanning in elke gemeenskap … Mense moet na mening oplet waarop daar vertrou word en waarop daar ledegelde betaal word.

Faan ·

Mense van sa het ñ wanpersepsie oor gebeure in sa, hier word ñ skrikbewind gevoer teenoor alle blankes. Hoekom anders word mense gemartel en lewend gelos, sodat die wrede storie kan oorvertel word, versprei kan word. En wie sit agter alles, die regering van die dag. Dit is mos makliker vir die regering om op so ñ manier van ons almal ontslae te raak, as ons genoegsaam bangemaak word en verskrik is, sal ons naderhand self sa verlaat. Die regering van die dag het nie verniet die taktieke oorsee gaan leer nie. Kyk tainted heroes die fliek. Soos die britte ñ skrikbewind gevoer het teenoor die boere in die oorloë van die verlede. Die regering van die dag vereenselwig hom nie verniet met stellings soos ” kill the boer” en “ons sal die wittes die see in jaag” nie. Sterkte aan daardie twee oumense en hulle gesinne.

Andrea ·

Jy is 100% reg, Faan. Dis alles ‘n mooi uitgewerkte plan.

Fires ·

Afriforum en VF+ moet n betaal kanaal op die been bring soos die Guptas gedoen het. Sodat ons as wit Suid Afrikaners die tipe gebeure kan verkondig aan die wereld. Nie dat dit sal help nie!
Ons Afrikaanse nuus om 7 op kyknet met Freek lyk my is ook onder die beheer van die regering. Die sal nie die nuus vanaand haal nie maar wel die KFC voorval.
Baie hartseer vir die bejaardes!
Sterkte!

Penellope Jones ·

Is daar dalk enige nuus oor die toestand van die Oom en Tannie?

Vry hand ·

Nog in bedenklike toestand in hospitaal..oom is n bekende groente boer hier

Vry hand ·

Volgens gemeenskap hier is die tannie otslaan maar die oom is oorgeplaas..sy brandwonde is blykbaar erg..ons bid net vir hierdie 2 mense dat Ons hemelse vader hulle sal dra

Amanda ·

I have parents who are this age. I know vengeance is not for man but for God. May the wrath and punishment of God be released upon them. May God have no mercy like they had no mercy.

Natie ·

sal dit nie beter gewees het om hulle in n doodskis te sit en te se hulle gaan petrol oorgooi nie

ek vra net

Andrea ·

Kan ons nie foto’s en berigte soos hierdie die wereld instuur nie? Wat van petisies optrek (met berigte en foto’s) wat wereldwyd geteken word? Laat ons die huidige regering se naam lekker sleg(ter)maak. Vir wat dit werd is…

Stan ·

Andrea wat moet gebeur is dat Suid Afrikaanse burgers en ‘expats’ in die buiteland moet begin met protes aksies teen die Suid Afrikaanse ambasades in die buiteland, wêreld wyd.

Catryn ·

Daar is verskeie gebiede in SA waarop ons as AFRIKANERS geregtig is op Selfbeskikking – en ons doen beroep op almal sluit aan by Front Nasionaal en ook Selfbeskikking/self-determination of FB sodat ons meer bewusmaking onder mense kan doen. Ons as volk het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking, mits ons volk ook die wil het om dit te doen. Met AFRIKAANSES is dit moeiliker, omdat enige iemand Afrikaans kan praat en dis nie ‘n volk of het ook geen kultuur en tradisies nie.

Naas ·

Kom Zuma waar’s jy jou volk bloei jy moet wakker word ,kan jy nie net iets positiefs se in die Witman se kant dat julle barbaarse optrede gestop kan word nie ,jy is swakker as mogabie skaam jou jy’s niks werd vir suid Afrika nie gaan bly by die Guptas hulle is jou tiepe

G ·

Waarom word die tipe nuus nie op tv nuus om 19:00 uitgesaai nie….

Deon ·

Erick, …. kan nie meer met jou en Vanessa ens. saam stem nie. Ons lewens en voortbestaan as Blanke Afrikaners is in groot gevaar. Ons word een vir een uitgemoor, vermink ens. Hoe lank kan ons nog terugsit en dit net gelate aanvaar ? Wat ek nie kan kleinkry nie, is dat daar geen instansie is wat hul wend tot die Werelds Menseregte Hof tot hulp nie. Daar is n ou spreekwoord wat se die deler is so goed as die steler. Die Regering moet saam met die moordenaars, kapers ens aanspreeklik gehou word vir die anargie. Ons het n konstitisionele reg op veiligheid, watse veiligheid……”it’s killing season”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.