Bejaarde eienaars van leeupark aangeval

Die Gibb-egpaar (Foto: Seaview Predator Park, Facebook)

Die eienaars van ’n bekende leeupark digby Port Elizabeth is beseer nadat hulle Dinsdag in die park deur rowers aangeval en beroof is.

Janice (81) and Rusty Gibb (79), eienaars van die Seaview Predator Park, was omstreeks 10:30 in hul motor op pad toe hulle by die park se hek deur twee mans oorval is. Volgens Jo-Ann Meiring, wildsbestuurder van die park, was die mans met ’n mes en ’n vuurwapen gewapen.

“Die mans het die park se grenshening gebreek en só toegang tot die park verkry. Hulle het naby die hek vir die eienaars gaan lê en wag,” vertel Meiring. “Dit lyk asof die skelms die eienaars se weeklikse roetine ’n paar weke lank dopgehou het.”

Die mans het die eienaars in hul motor sowat 400 meter vanaf die hek voorgekeer. Hulle het geld geëis.

Rusty Gibb na die aanval (Foto: Verskaf)

“Toe hulle besef die eienaars het nie geld by hulle nie, het hulle die eienaars aangerand. Hulle het ’n beursie en ’n selfoon gebuit, die sleutel in die motor se aansitter afgebreek en toe te voet gevlug.”

Meiring sê dit gaan nou beter met Janice en Rusty. Albei is baie hard in hul gesigte geslaan. Janice het ’n blou oog en Rusty se neus is beseer en een van sy tande is beskadig.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die Kabega Park-polisie in Port Elizabeth ondersoek ’n saak van gewapende roof.

Janice Gibb na die aanval (Foto: Verskaf)

“Ons kyk na die positiewe kant en dank God dat hulle veilig is.”

Die park se bestuur het op Facebook hul misnoeë oor die voorval uitgespreek.

“Ons park het sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie gesukkel om kop bo water te hou. Ons het hard gewerk om besoekers te lok sodat die park aan die gang kan bly en die diere gevoed en veilig gehou kan word. Dan kom skelms soos hierdie en besteel ons en maak bejaarde mense terselfdertyd seer. Ons is woedend en sal elke leidraad opvolg om seker te maak hierdie ruggraatlose skarminkels word gevang,” lui die inskrywing.

Die park is in die middel 1970’s gestig. Die Gibb-egpaar het die park in die laat 1990’s gekoop en is sedertdien die eienaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Erita ·

As ek nou sê wat ek wil sê word ek lewenslank geblok op alle forums

Persheks Adri ·

Verdomde lafaards! Hoe slaan jy aan ou mense? Hel man!

Dankbaar dat hulle nog lewe! Sterkte vir die oom en tannie mag julle die trauma verwerk en God julle veilig hou!

Michael ·

Vir hoe lank moet ons maar elke keer net te dankbaar wees die slagoffers lewe? Die kommuniste gee net nie om vir ons burgers se lewens en besittings nie

Jacobus ·

Die lafhartigheid van die kaders ken geen perke – goeie MK materiaal.

Dries ·

Al die leiers van al die politieke partye is doodstil. Maar daar word optogte gehou oor maskers.

LANA is ELANè ·

So word al wat mens is wat wel ‘n positiewe bydrae tot die ekonomie lewer geteiken, so reg in die regering se kraal, want hulle wil mos maar net ‘n klomp skape lei sodat hulle mag kan behou. Almal wat vir hulself kan dink en besluit is nie ‘n aanwins vir die regering nie. Juis daarom is hierdie tipe misdaad tot voordeel vd regering.

Pieter ·

Dit verwag ‘n mens in ‘n plek met ‘n naam soos Gqeberha. Klink soos ‘n donker Afrika dorpie.

Fedup ·

When will the back boneless muffins start targeting the government?
Why should innocent people suffer because of feckless behaviour from this circus?
Medicine can have a very bad taste.

Wat op dees Aarde ·

Ons gaan hou jaarliks in PE vakansie. Elke jaar besoek ons Seaview en Kraggakamma oa. Ek is so jammer oor wat gebeur het. As ek verder uitbrei, en sê wat ek wil sê, sit ek met my alie in die tronk.

Genis ·

Die verdomde regering is so so uit gevoel uit met wat regtig gebeur en saakmaak… Seker omdat hulle ook n klomp kriminele is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.