Bejaarde en haar seun vir tweede keer op plaas aangeval

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Joekie Nortjé (82) en haar seun Johan (62) is Maandagoggend om 07:00 deur vier verdagtes oorval op hul plaas Nooitgedacht buite Louis Trichardt in Limpopo.

Dit is die tweede aanval op Nortjé en haar seun in minder as ʼn jaar.

Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo, het gesê sy party is bekommerd oor plaasaanvalle en -moorde gedurende die afsonderingsperiode. “Hierdie aanval is ‘n duidelike bewys, veral gedurende die Covid-19-afsonderingsperiode, dat die polisie nie hul pligte sonder die bystand van plaas- en buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums na behore kan nakom nie,” het hy gesê.

Die VF Plus het die kwessie ook verlede week tydens ‘n vergadering met die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, duidelik gemaak dat die betrokke veiligheidstelsels weer in plek gestel moet word om die gemeenskap te beveilig en hulle te hulp te snel indien nodig.

“Die boeregemeenskap is in die afsonderingsperiode in ‘n kwesbare posisie en die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, het reeds herhaaldelik versoek dat die nasionale regering en minister van polisie, Bheki Cele, private sekuriteitstrukture weer in werking stel.”

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

Cele is responsible for this. He should be held accountable for each and every attack on farmers and innocent people getting hurt during this lockdown. Maybe if he lose the hat, he might be able to think.

Cherokee ·

Pieter, spandeer asseblief meer energie op eise, nie versoeke maar eis dat cele (klein letter soos bedoel) verwyder word. Om te dink dat hy met ons belasting betaal word, is lastig.

Scalla ·

Hou die hoedeman verantwoordelik vir die aanval, hul is mos veronderstel om tot primêre woning beperk te word.

Sonneblomkind ·

Maklik…hou die SAPD verantwoordelik. Dis mos LOCKDOWN EN BOOSWIGTE HARDLOOP LEKKER ROND. MAGTE IS MOS GOEDGEKEUR PETSOONLIK om wet en orde te handhaaf.

Genis ·

Ek glo nie dat Cele n sentimeter onder uit daai hoed van hom kan sien nie… Hy dink hy is n groot komediant…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.