Bejaarde erg aangerand, met yster gebrand

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde vrou erg aangerand, met ‘n strykyster gebrand en in ‘n badkamer toegesluit het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, het glo ‘n 72-jarige vrou op ‘n plot in Burnside buite Nelspruit, Mpumalanga aangeval.

“Hulle het haar eers die huis ingesleep en die kluis se sleutels geëis. Hulle het haar erg aangerand en haar met ‘n warm strykyster gebrand tot sy vir hulle die kluis se sleutels gegee het.”

Mohlala sê die verdagtes het die vrou glo hierna in ‘n badkamer toegesluit voor hulle met haar motor, vier vuurwapens, ‘n DVD-speler en ‘n onbekende bedrag kontant gevlug het. Hy sê die motor is later verlate in Kabokweni naby Witrivier gevind.

Mohlala sê die mans is Woensdagoggend in Dwaleni, Gutshwa en Pienaar in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bienkie ·

My hart gaan uit na ons bejaardes wat so genadeloos gemartel word.

Grassie ·

Hierdie wrede aanvalle op bejaardes neem al hoe meer toe. Die brandery met strykysters kom ook al hoe meer voor. Ek het op ‘n ander webwerf ‘n foto van ‘n bejaarde dame se gesig gesien wat met ‘n strykyster gebrand was. Dit maak ‘n wrewel in ‘n mens wakker wat nie maklik gesus sal kan word nie. Ek hoop die ou dame in hierdie berig herstel volkome. Maar die geestelike letsels – ‘n mens kan maar net vir haar bid.

Theresa ·

Wetteloosheid in hierdie land………………. En wat gebeur. Hulle word gevang, gaan hof toe julle stoute kabouters. Dan gaan hulle tronk toe en daar bly hulle en ons betaal daarvoor want onthou nou hulle mense-regte mag nie geskend word nie en moet ‘n kans kry om gerehabiliteer te word. Maar niemand sê iets oor die slagoffers nie. Niemand lewe met diè letsels nie of sterf selfs hieraan nie – net die arme slagoffers loop die alleen pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.