
‘n Bejaarde man is erg beseer toe honde hom in Durban aangeval het. (Foto: Rusa)
ʼn Durbanse pensioenaris is erg beseer toe hy Maandag deur drie honde aangeval is. Hy was op pad om sy pos te gaan haal by ʼn gemeenskaplike posbus toe die voorval plaasgevind het.
Die 79-jarige man kon daarin slaag om uit die honde se kake te ontsnap toe ʼn verbyganger die honde met bakstene begin gooi het. Volgens Prem Balram, woordvoerder van die Reaksie-eenheid van Suid-Afrika (Rusa) het die eenheid Maandag teen 11:00 ʼn oproep van omstanders gekry met betrekking tot ʼn bejaarde wat op die grond lê. Die man het wonde aan sy hande en bene gehad wat heelwat gebloei het.
“By ons aankoms op die toneel was dit duidelik dat die honde die man aangeval het kort nadat hy uit sy Toyota Carola geklim het om sy pos uit te haal. Die drie groot honde het skynbaar uit ʼn nabygeleë erf ontsnap,” sê Balram.
“Hy het oop wonde aan sy hande en bene gehad en mediese sorg benodig. Hy is na ʼn hospitaal geneem.”
Volgens Balram het die eienaar van die honde op die toneel aangekom en kon nie verduidelik hoe sy honde uit die erf ontsnap het nie, aangesien sy erf deur ʼn muur omhein is. Die slagoffer se familie het Maandag aan die African News Agency gesê dat hulle geen kriminele klagte of siviele eis teen die eienaar van die honde gaan instel nie. Die slagoffer se seun, Prashan Parsadh, het gesê hulle is net bly hul pa lewe. “Ons verstaan hy [die slagoffer] was net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Watse honde is dit? Indien dit pitbulls is moet hulle dadelik van kant gemaak word. Hulle gaan weer iemand verskeur
Mense, mense, kalmeer, ons weet nie eers of dit Pitbuls was nie.
As ‘n hond eers eenkeer gebyt het gaan hy weer byt, die eienaar sal moet kyk hoe sy honde uit die jaard gekom het, die volgende persoon mag dalk nie so gelukkig wees om dit te oorleef nie.
Kom aan, dis nie net pitbulls wat aanval nie. Die hond sal optree soos hy groot gemaak is.
Die eienaars wil nie luister nie. Ek stel geweldige streng wette voor wat die eienaars vir jare tronk toe stuur wanneer die mishap GAAN plaasvind.