Bejaarde erg mishandel: ‘Verpleegster’ gevonnis

‘n Skermskoot uit ‘n video van die mishandeling.

Die voormalige verpleegster wat daaraan skuldig bevind is dat sy ʼn 84-jarige kankerpasiënt in ʼn versorgingsoord in Oos-Londen herhaaldelik aangerand en mishandel het, is Donderdag gevonnis.

Landdros Ignatius Kitching het Ncediswa Mkenkcele tot drie jaar tronkstraf gevonnis op elk van die vyf aanklagte van aanranding waaraan sy vroeër skuldig bevind is. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word hoewel Kitching gelas het dat Mkenkcele minstens agt jaar tronkstraf moet uitdien.

Die mishandeling van Hope Shepherd, ʼn inwoner van die Lily Kirchmann-tehuis in die stad, het aan die lig gekom toe haar kinders beeldmateriaal van ’n versteekte kamera aan die polisie oorhandig het. Die aanranding het van minstens einde Desember 2014 tot Februarie 2015 plaasgevind. Mkenkcele het kort daarna bedank voordat sy in hegtenis geneem is. Shepherd is ná die voorval na ʼn ander versorgingsoord verskuif. Sy is in Desember 2015 dood. Shepherd se familie glo dat haar dood aan die aanrandings toegeskryf kan word.

Deanne Guild, een van Shepherd se dogters, het aan Maroela Media gesê die familie is verlig dat die saak verby is. “Dit was ʼn lang en moeilike saak met baie pynlike herinneringe wat telkens teruggekom het wanneer ons in die hof was. Ons is so dankbaar dit is verby.”

Guild het gesê hoewel die familie geen plesier daaruit put om iemand te sien tronk toe gaan nie, voel hulle geregtigheid het geskied. “Ons hoop die vonnis sal as ʼn afskrikmiddel dien vir mense wat weerlose mense uitbuit.”

Shepherd se kinders het onraad vermoed toe hul ma heeltyd blou kneusplekke gehad het wat nie verduidelik kon word nie. Shepherd het keelkanker gehad en haar larinks is verwyder. Sy het deur ʼn gat in haar keel asemgehaal en was nie in staat om te praat of te skryf nie. Die kinders het toe ʼn kamera in hul ma se kamer versteek en later op die beeldmateriaal gesien hoe sy mishandel word. Van die beeldmateriaal het gewys hoe Shepherd onder meer met ʼn reukweerder-blikkie teen die kop geslaan word, waarna die reukweerder in haar gesig en ook in die gat in haar lugpyp gespuit word.

Tydens een van die voorvalle is Shepherd vir minstens 17 minute onophoudelik aangerand. Sy was in ʼn rolstoel en is by een geleentheid vir nagenoeg drie uur aan haar rolstoel aan die bed vasgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Francois ·

Doen aan haar wat hulle aan Oscar Pistorius gedoen het…sy het dit opsetlik gedoen, hy nie!

Cherokee ·

As jy weet dat hy dit nie opsetlik gedoen het nie, het jy inligting weerhou. Dan kon jy getuig het.

Remlut Froggiem ·

Asb. Gerrie Nel kan jy nie appelleer teen die vonnis nie

dom ·

Frannie jy my vriend is hoekom ek skaam kry om mens te wees. Oscar moet die res van sy lewe sit hy het geweet wat hy doen…… klaar!!!

Mariette ·

Ek sou haar iets aangedoen het as ek die video moes sien vooe sy in hegtenia geneem is ?

Tanya ·

O nee kyk, hierdie is nie nou Oscar se uitspraak nie. Dit gaan hier oor ‘n tannie wat oorlede is moontlik weens aanranding deur die siel. Bly op die onderwerp man!!!

Ouma ·

Hou haar in die tronk!! Sys ‘n disgrace vir die verpleegsters beroep!!!

Amanda Landman ·

Ja nee regtig, dis poging tot moord??? Hierdie is ‘n fragiele weerlose bejaarde…reukweerder in haar larinks ingespuit??? Hemel dis verskriklik, hierdie vrou se naam behoort ten hemele geskreeu te word. Ncediswa Mkenkcele, dis nou as iemand dit uitgespreek kan kry…

andrea van vuren ·

As oud verpleegkundige kan ek getuig dat hierdie geval gelukkig raakgesien is, daar is nog vele ander bejaardes wat onder die wrede hande van sulke monsters deurloop. Sy gaan nou heerlik in die tronk sit en KFC eet!

Ange ·

Genade, jy moet darem verskriklike baie haat in jou hart he om so n siek en weerlose mens te mishandel.

Cherokee ·

Ek weet nie of haat die regte woord is nie. Sy kon tog nie die tannie haat nie. Dit is boos.

Ange ·

@Cherokee, wel syt beslis nie liefde in haar hart vir die bejaarde dame gehad nie.

Ange ·

Wel sy het beslis nie liefde in haar hart vir die tannie gehad nie.

Eugene ·

Ek hoop die sandluise van n duisend Woestynkamele val haar aan, en haar vingers verander in vishoeke!

Piet ·

Dagse Cherokee, die ander lees te min om jou sarkasme te snap. Ja, as n mens so n weerlose oumens martel kon jy net sowel n baba martel. Ek glo die landros het sy bes gedoen om die ligste vonnis te gee wat hy kon geen. Hierdie rassistiese aanrandings op oumense is baie algemeen. Mens sal onthou hoe baie personeel se duiwelsdade op Carte Blanche ontbloot was, toe hulle oumense in n tehuis aangerand het, so paar jaar gelede. Hulle groet jou almal met n geveinsde glimlag as jy jou ouers gaan besoek. Ons het deesdae n ander wereld betree waar dit nie meer een party teen n andre party is nie maar die lig teen die duisternis. Ek is een van die wat nie die antwoorde kan gee nie. Ek sal maar sien wat ek gaan doen as hulle my ma so mishandel.

Tammy ·

Die naam van die versorgingoord moet bekend gemaak word. Hulle kan nie net wegkruip nie. Hierdie straf is n skande!!!!!! Dit was poging tot moord en sy kom weg daarmee. Gelyklopend is geen straf nie jammer…. dis heuning om die bek smeer. Dankie vir die gesin wat opgeree het en die skurk vasgetrek het.

Ange ·

Dis in die artikel: Lily Kirchmann tehuis. Ek dink hierdie tehuise moet almal kameras oral he. Dink aan die oumense wie se familie not by hulle kom kuier nie- hoe word hulle mishandel en niemand weet dit ooit nie!

Maria Boths ·

Wat vir my sleg is, is dat n gevangene in Suid Afrika beter versorging kry. Die persoon ontvang etes, bad geriewe, onderdak en dan ook gratis hospitaal dienste sonder dat n verpleegster of Dr. hom aanrand. Ek dink ons ouer mense moet geregtig wees op goeie versorging. Dit is vir my baie sleg om ook te hoor dat daar geen respek is vir terminale soek persone nie. Daar moet tog n Dr. en Matrone wees was na die mense omsien.

AL ·

Is waar! Ons sorg beter vir die tronkvoëls as ons eie weerlose bejaardes.
Hul kry nie eens R300 per dag om te oorleef nie!

Sarel Strydom ·

Dan word veldtogte geloods teen die geweld teen vrouens en kinders maar Vonnisse spreek nie die probleem aan nie.Dankie

Vroueliga ·

Anc vroueliga waar is jul ondersteuning vir n bejaarde vrou, jul moet daar wees vir elke vrou, nie net waar kos & t- shirts uitgedeel word nie. Mag hierdie bose heks nooit weer die lig sien nie.

Ander vroueliga lid ·

Goeie vraag waar is hulle? N Bejaarde weerlose vrou is aangerand. O ja, ek het vergeet dis omdat sy wit is.

lw ·

Hierdie vonnis moet fyn dopgehou word. Sy moet maksimum sit!!
Sy het geen reg om n oumens se dood te verhaas nie!

vermeende ·

Ek wonder wat die straf sou wees as die verpleegster wit was en die bejaarde swart, sou drie jaar dan regverdig gewees het????

Sandra ·

Dis 3 jaar per klag. daar was 5 aanklagte van aanranding. so in total is sy gevonnis vir 15 jaar maar sy mag nie vroeer as 8 jaar in aanmerking kom vir parool of so iets. sy moet effektief 8 jaar sit. dis baie min vir soveel aanrandings.

Gerrit ·

Sjoe mense, maar julle is vinnig om kommentaar te lewer sonder om die berigte behoorlik te lees.

Die landdros het bepaal dat sy “ten minste 8 jaar gevangenisstraf moet uitdien. ” en nie slegs 3 jaar waarna die meeste kommentare verwys nie.

Johanna Botha ·

Dat mens op jou oudag so misbruik moet word deur so n slegte persoon is net SO verkeerd !

Christa ·

Ek wil weet waar die toesighouers was? Al hierdie versorgers werk onder toesig. Selfs die maatskaplike werker moes iets verdags opgemerk het, veral as daar altyd blou kneusplekke op die bejaarde was!!!

andrea van vuren ·

Die toesighouers is soos gewoonlik op “lunch” of slaap onder die lessenaar…

Thea Gerber ·

Natuurlik is dit ‘n ou storie. Dit is hoe stadig die meul van die gereg maal. Die aanval(le) het in 2014 plaasgevind, die ou dame is reeds in 2015 oorlede, maar die hofsaak is so pas afgehandel. Soms neem dit tot 5 jaar voordat sake afgehandel is.

Caru ·

Sy is vir 15jr gevonnis maar gaan net 8jr uitdien. Nog steeds onregverdig

Sarie ·

3 Jaar vir soveel geweld teenoor ñ hulpelose bejaarde is belaglik verby. Lewenslank sou meer gepas gewees het.

Swanna ·

Is dit nou rassisme op sy beste nie. ‘n ou vrou van oor die tagtig wat sieklik is. Lafaard. Sy moet vir ewig in die tronk sit.

Jean ·

As die kaarte omgekeer was sou die hele wereld vandag up in arms gewees het. As ‘n blanke verpleegster ‘n swart ou tannie so verniel het. Mmusi en Malema en ZUma sou ten hemele geskreeu het en die video oral vertoon het by elke politieke byeenkoms, tog moes hierdie mense in die geheim hierdie video maak. WAAR IS DIE OPSIGTERS< en hoekom sal jy 'n ou weerlose mens so verniel? Persoonlik dink ek ook dit is niks anders as 'n rassistiese aanval op 'n siek ou mens nie. Wat se weerstand kan daardie arme mens bied?

zeno ·

As `n oud Verpleegkundige, het ek my beroep vaarwel gesê, ek kan nie met deesdae se norm van verpleging saam leef nie, ek sal dalk ook in die tronk beland. Ek het vir baie jare in ouetehuise gewerk, sulke gedrag is meer as skandelik, wat se verweer het die ou mensies teen sulke booswigte.

Mauritz ·

Hoekom is sy in die eerste plek daar? Oues van dae hoort by hul families waar hulle versorg en bederf word. Regrig, jy het geen logika as jy jou ouer by so ‘n plek aflaai en verwag sulke dinge gaan nie gebeur nie.

Liefdeskind ·

As jy jou ouers in ‘n tehuis sit, moet jy die konsekwensies maar dra. Hoe kan jy dat “ander” mense na hulle kyk. Ons eie mense moet kyk na ons eie mense. Dalk moet ons ‘n ouetehuis op die been bring met ou “regime” mense wat daar werk. Daar is baie oud verpleegsters ensv. wat sakgeld kan verdien op so ‘n wyse.

Penelope ·

Ek voel so jammer vir die familie wat hierdie beeldmateriaal moes sien.
Ek stem saam dat die versorger of verpleegster tronstraf kry. Die meeste mense is deesdae in die beroep net om te kan se hul verdien ‘n salaris. Ek is al vir 25jr in verpleging en ek sit myself elke dag nogteeds in my pasiente se skoene. Deesdae is die pasiente lastig as hul die klokkie lui of kla. Ek self sit nogsteeds langs my kinders se beddens as hul opgeneem is, want ek is te bang om hulle alleen te laat. Ek kry skaam vir sommige verpleegsters, want as jou hart nie daarin is nie, is jy beslis in die verkeerde beroep. Keuring behoort strenger te wees en ordentlike aanlegtoetse moet geskryf word. Dit breek my hart om te sien waarheen ons beroep oppad is…..

Kop ·

Mauritz – Nie almal het die fasiliteite om verswakte bejaardes tuis te versorg nie. Jy laat jou ouers of grootouers in die sorg van hierdie instansies omdat jy self nie die kennis het om hul op die korrekte wyse te versorg nie. Ons almal moet werk om te oorleef, wie gaan dan na ouma omsien? So sit sy 9 ure van die dag alleen by die huis? Ook het almal nie die finansiele vermoë om 24 uur tuisversorger te kan betaal nie. Nie alle oorde vir bejaardes is sleg nie. Dink bietjie mooi voor jy ‘n ander se “logika” in twyfel trek, want met jou kommentaar plaas jy die blaam van die gebeure op haar familie wat net die beste vir haar wou hê.

Mauritz ·

Verskonings, verskonings. Waar ‘n wil (en bietjie liefde is), is altyd ‘n weg. Dit is mos deel van ons kultuur om ons bejaardes weg te gooi. Mens sien dit in geen ander kultuur nie.

Anoniem ·

Aijaijai dis so hartseer dat dit met oumensies gebeur en dan nog so siek is rot in hell vir dit qat jy aan weerlose oumensie doen !!!!!!!!!

Gese k ·

Nee kyk!!!!!! Sy kan Bly wees dit was nie my ma wat sy so behandel het nie.Maar mag sy dit in die Tronk selle terug verdien.PATETIES RERIG!!!!Maar as jy tronkstraf deesdae kry is dit mos n lekker treat? Of hoe!

Annieb ·

Nee man. Dis skokkend. Ons moet begin aandring op kameras by alle outehuise en hospitale. Dit rack darem nou te erg

Grotman ·

Mauritz ek stem 100% met jou saam. Die koste van so inrigting kos vrek baie en moet nie vir my se dit kan nie vir n privaat suster dek nie. Die mense jaag so dat dit net n makliker uitweg is vir hulle en hoeveel ou mense sit in sulke plekke en word nie eens deur hulle sogenaamde geliefdes besoek nie?

D ·

Glo my dit gebeur oral! My ma het altzheimers gekry en ek kon haarself nie meer ny my versorg want ek werk ook. Was genoodsaak op haar in ouetehuis te sit met altzheimer afdeling om na haar om te sien. Selfde daar gebeur my ma was altyd vol blou kolle , onversorg ens en klagtes indien het nie gehelp altyd verskoning gehad sy het gegly haarself gestamp en en en …..my ma het SO agteruit gegaan. Ons uitgweg was ‘n ander plek soek. Perferkte plek gekry en binne daai kennis maand is sy oorlede in dieselfde plek!!!!!!!!!!!!!!!!

Tasha ·

Ja ouers kan vyf kinders grootmaak en versorg sonder om hulle in inrigtings te sit, maar vyf kinders kan nie na een ouer kyk op hul oudag nie. Tragies. Eer julle vaders en moeders, dis ‘n GEBOD van God. Dan wonder julle nog hoekom julle so hesyraf word. Nou word bejaardes vir die wolwe gegooi op hul oudag en moet maar self sien kom klaar. Ek weet van baie bejaardes wat staatspensioen kry en nie eers kos in die huis het nie maar hulle kinders ry met luukse motors na hul nuutste vakansiebestemming. Al wanneer die kinders gesig wys is by die afsterwe om te baklei oor wat daar te aas is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.