Bejaarde ernstig beseer ná val van krans

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Bejaarde vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy Woensdagmiddag by ʼn krans naby Margate in KwaZulu-Natal afgeval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 86-jarige vrou het glo op die rand van die krans in die Kwanositha-nedersetting geloop toe sy gegly en meer as 100 m teen ʼn steilte afgeval het.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle gesien dit is onmoontlik om sonder toerusting by die vrou uit te kom. Die Port Shepstone-polisie se soek-en-reddingseenheid is ontbied en hulle het die vrou tot by die bokant van die berg gehys,” het Botha gesê.

Die vrou was in ‘n ernstige toestand en paramedici het haar op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gesiggie ·

Ai Tannie wat maak jy op n krans? jy is mons nie meer so jonk…dit te gevaarlik… ek hoop dat jy gou sal herstel, so n val op so n ouderdom is baie sleg… Sterkte mag als goed gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.