Bejaarde fietsryer sterf in Boksburg-ongeluk

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

‘n Bejaarde fietsryer is Maandagoggend dood nadat ʼn voertuig hom in Boksburg in Gauteng getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Atlasweg plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Steinmann in ʼn verklaring gesê.

Sy sê die man, in sy 60’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die man se naam  is nog nie bekend gemaak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.