Bejaarde gered van waterdood

Die bejaarde vrou is net betyds gered. (Foto: SA National Defence Force/Facebook)

ʼn Bejaarde vrou het vroeër vandeesweek ʼn noue ontkoming gehad toe sy in ʼn rivier in die Oos-Kaap beland en byna verdrink het.

Danksy die vinnige reaksie van een lid van die gemeenskap kon lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) haar net betyds uit die water trek.

Volgens kapt. PN Mboniswa, woordvoerder van die taktiese hoofkwartier in die Oos-Kaap, het ʼn lid van die Maluti-gemeenskap weermaglede na ʼn rivier ontbied toe hy die vrou daarin aangetref het.

Lede van die Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon wat by die Maluti-weermagbasis ontplooi is, het ʼn tou gebruik en daarin geslaag om die vrou uit die rivier te trek.

“Sy is kort daarna na die Taylor Bequest-hospitaal [in Matatiele] geneem waar sy vir skok behandel is.”

Die bevelvoerder van dié hoofkwartier, kol. Henry Stephanus Uithaler, het die lede gelukgewens met hul vinnige reaksie en die dapperheid wat dit geverg het om die vrou te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.