Bejaarde helder oordag oorval

Argieffoto

ʼn Bejaarde vrou is vroeër die week in haar blyplek by ʼn ouetehuis in Delmas in Mpumalanga oorval toe sy die deur oopgemaak het vir twee mense wat beweer het hulle skenk klere vir minderbevoorregtes.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het die voorval Woensdagoggend plaasgevind en is daar intussen ʼn grootskaalse soektog na die twee verdagtes van stapel gestuur.

“Die 94-jarige vrou het ʼn klop aan haar deur gehoor en gesien daar is twee mense, ʼn man en ʼn vrou, met bokse in hulle hande by die deur. Hulle het gesê hulle skenk klere vir minderbevoorregtes.”

Die vrou het die deur oopgemaak en selfs vir die man en vrou koffie gemaak. “Die man het skielik ʼn mes uitgeruk en die bejaarde vrou gedreig en aangerand. Sy het van haar tande verloor tydens die aanval.”

Die man het haar toe glo gegryp en vasgehou terwyl sy makker die woonstel geplunder het. Die bejaarde vrou is met gordels en serpe aan ʼn stoel vasgemaak en in die woonstel toegesluit voor die verdagtes met persoonlike items op die vlug geslaan het.

Die vrou is gered nadat ʼn opsigter haar hulpkrete gehoor het. Die polisie is na die toneel ontbied en ondersoek ʼn saak van huisroof.

“Die polisie veroordeel hierdie afskuwelike voorval ten sterkste en het beloof om alles moontlik te doen om te verseker dat die oortreders in hegtenis geneem word en aan die pen ry.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. John Mothupi by 082 492 6862 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cornelius ·

Die land van ons is op pad na n kriminele nes waar geen plek veilig gaan wees nie. Hoop die arme ou tannie gaan ok wees en dat hulle daai twee kriminele gaan vang en vir n lang tyd toesluit.

My siening ·

Het die oue tehuise nie sekuriteit nie. Hier is so baie oue tehuise wat nie veilig is en dit gee my die idee dis geld maak, uit ou mense en verder is hulle op hul eie oor gelaat!

JohanR ·

Die boggers kan klop en klop totdat hulle arms afval. Mense wat ek ken weet om eers te bel voordat hulle by my voordeur opdaag. As daai voordeur eers oop is en hulle is deur, dan begin die klap slaan en steek nonsens. My innige meegevoel met die dame, en hoop die gemors word gou gekry. Is nie ‘n saak van huisroof maar van terrorisme.

Adam Adriaan ·

Dit is nie meer net gewone kriminaliteit nie. Dit is terrorisme wat deur die ANC/EFF gestook, goedgekeur en aangehits word. Hulle het nog nie hulle bevrydings ideologie en optrede sederd 1994 laat vaar nie.

Cherokee ·

malema het mos onlangs rakende Senekal, na lafaards verwys. Sulke goggas is seker waarvan hy praat.

Sarel ·

1.Hoe het hulle toegang tot die kompleks gekry.
Ons Behaardes vertrou te makkik dn word dan misbruik

LANA is ELANè ·

Lafaards!!! Kan net die weerloostes onder die weerloses beroof, sonder om te wik of te weeg.

Nico ·

Waar is Beki Cele nou wat so baklei teen die aanvalle op vroue of is dit net vir swart vroue.

Genis ·

Polisie het seker hulle KFC klaar ge-eet, toe geslaap aan diens… kom altyd laat of nooit… Wat n skande om n ou tannie van 94 aan te rand… Uiters skaamteloos wreed… hoop julle gevang, en dat julle, julle behoorlik tee sit teen arres…

QueenB ·

Waar was die sekuriteit en hoekom was die ou tannie alleen hoe kry hul dan so maklik toegang tot die plek is dit ’n oute huis ek verstaan nie so n ou tannie moet nie op haar eie wees nie..my innige meegevoel tannie

Androclus ·

94 jarige slaan?,dis ‘n papbroek se werk hy’s slegter as slangmis,van slangmis kan jy nog medisyne maak maar van hom….niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.