Bejaarde, huishulp vasgebind en beroof

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Bejaarde vrou en ’n huishulp is Maandagoggend tydens ’n huisroof in Gqeberha (Port Elizabeth) vasgebind en beroof.

Kapt. Sandra Janse Rensburg, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, sê die huishulp het omstreeks 08:00 by die bejaarde se huis in Mount Pleasant aangemeld vir werk. Sy het pas die huis in Gladysstraat oopgesluit en die bejaarde vrou begin versorg toe hulle deur twee gewapende verdagtes oorval is.

Die verdagtes het op kontant en die kluis se sleutels aangedring.

Die verdagtes het die vroue vasgebind en die huis geplunder voordat hulle met ’n skootrekenaar, selfone, kontant en juwele op die vlug geslaan het.

Die vroue is ongedeerd ná die voorval, sê Janse van Rensburg.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte lt.kol. Melody Oranje by 082 441 8505 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 1011 te skakel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AW ·

Moet nié net bid dat die Here die Polisie moet beskerm nie, vir die wat wel vir die Polisie bid, Maar bid dat God se Gees, vir die Polisie sal help om die Krimineel op te spoor, dat God se Gees die Polisie lid sal beruspe as enigeeen van hulle Onbekwaam / Onbevoeg optree in enige saak wat ondersoek moet word.

En dit sal help om ook te bid dat die Korrupte Lede sal ontslag neem !!

Harley Davidson ·

Hoe kan enige iemand die polisie help met so ‘n swak beskrywing van die aanvallers?

Snowball ·

Hoe weet hulle daar is ‘n kluis en juwele? Dit lyk seker minder agterdogtig as die huishulp (wat klink of sy ‘n sleutel vir die huis het) teenwoordig is en ook vasgebind word tydens die rooftog HELDER OORDAG ( 8uur die oggend???) anders was sy verdagte nr1 …..of dalk is ek net suspisieus?

Grassie ·

‘n Klompie jare gelede is ‘n buurman van my, wat swak en sieklik was, op ‘n soortgelyke manier beroof. Die huishulp was bedags daar om na hom om te sien terwyl die ander huismense gaan werk. Albei is ook vasgebind en op die vloer gelos. Die huishulp was so “geskok” dat sy haar natgemaak het. Op die ou end is vasgestel dat sy die aanstigter was wat die hele rooftog beplan het. Sy is in die hof skuldig bevind. ‘n Mens weet nie altyd hoe sekere mense se koppe werk nie.

Keith ·

Inside job….. as usual. Hoe het hulle geweet van die kluis en geld ens ? Ons mense moet wakker skrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.