Bejaarde huurders moet verhuis weens veiligheidsrisiko

Argieffoto

Bejaarde huurders van die Welverdiend-woonkompleks in Rondebosch in die Wes-Kaap is deur die agentskap vir maatskaplike behuising, Communicare, versoek om te verhuis omdat die gebou gesloop gaan word. Herstelwerk aan dié 68-jarige gebou is nie meer haalbaar nie weens die strukturele probleme en verouderde infrastruktuur.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur Communicare-huuragentskap, is dié agentskap bekommerd oor die gesondheids- en veiligheidsrisiko wat die agteruitgang van dié gebou vir huurders op die lange duur mag inhou. Die agentskap het dus besluit om eerder die gebou te sloop.

Michelle Matthee, een van die bestuurders van Communicare, sê hulle het begrip vir die spanning wat só ʼn skielike verhuising vir bejaardes kan veroorsaak. Daarom het hulle individuele konsultasies met bejaarde huurders gedoen om elke huurder so gemaklik moontlik te maak en te verseker daar word aan hul individuele vereistes voldoen.

Volgens Matthee gaan die agentskap vir die verhuising van elke huurder betaal en sorg dat daar geen ekstra uitgawes vir die huurders is nie. “Ons wil ander soortgelyke blyplekke in goed geleë gebiede vir die huurders beskikbaar stel. Ons verseker die huurders hulle sal nie sonder blyplek gelaat word nie,” lui die verklaring.

Die agentskap gee huurders ses maande om die gebou te ontruim voordat dit gesloop word. Matthee sê huurders het nog nie ʼn skriftelike kennisgewing van ontruiming ontvang nie.

Maatskaplike werkers bied die nodige ondersteuning aan veral die bejaarde huurders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Retha Basson ·

Daar is seker geboue wat leegstaan bv ou hospitale, ouetehuise en woonstelle wat opgeknap kan word.
Dit kan n werkskeppings projek wees.

Christa ·

Hulle het seker ook verniet daar gebly. Geen gebou Kan net n week leegstaan nie, dan word daarom geplak. Gelukkig Sal daar na die oumense Om gesien word, want dit Kan vir hulle maar traumaties wees.

Hannetjie ·

Ek luister gisteraand na ‘n program waar gepraat was oor ‘siek geboue’!
Waar is die inspekteurs wat na sulke plekke moet gaan en inspeksie doen.In die apartheids-era(toe daar nog gesondheids Inspekteurs was) het so iets nie gebeur nie.Ek weet..waar ek gewoon het..het die inspekteurs selfs na woonhuise gekom en dan sou hul iets vind…was jy in kennis gestel deur ‘n brief om te verf of te herstel.Nou word bejaardes ontwrig agv slap of geen instandhouding nie

antie ·

Johanna het die bejaardes van vandag nie almal belasting betaal toe hulle aktief was nie….. nie alle bejaardes is sorg of hulpbehoewend omdat hulle wil wees nie…. bejaardes behoord sonder sorge versorg te word…. meeste vra net n leefbare en rustige oudag…. maar die staat betaal eerder kleintjies wat n groter las word soos hulle groter word want dis n inkomste vir sleg mense…

Essie ·

Ag siestog Johanna. Is dit wraggies nou al waaroor jy bekommerd is???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.