Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 86-jarige vrou se buurvrou het omstreeks 07:00 opgemerk dat die skuifdeur na die slagoffer se huis oopgebreek was. “Sy het haar probeer bel en toe daar geen antwoord was nie, het sy die slagoffer se dogter gebel en gesê iets is fout,” het Marope gesê.
Toe die dogter daar opdaag, is hulle saam in die huis in waar hulle die vrou bewusteloos op die vloer aangetref het. Sy is verskeie kere met ʼn stomp voorwerp geslaan.
“Die kluis was oopgebreek en die hele huis omgekeer, maar in hierdie stadium is dit nog nie duidelik wat gesteel is nie,” het Marope gesê.
Volgens Marope is die sekuriteit by die aftreeoord baie streng. Die verdagtes het egter toegang tot die perseel verkry deur in ʼn stormwaterpyp na binne te kruip. Hy wou om veiligheidsredes nie die naam van die oord bekendmaak nie. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ʼn saak van huisroof word ondersoek,” het hy gesê.
Die familie het versoek dat die vrou se naam nie bekendgemaak word nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Hoe het die kremenële spesifiek die bejaarde uitgekies om die huis te beroof? Dit bring vrae by mens opom. Het hulle haar geken?
DPJ ek stem saam. Hoekom die arme ou mens uitsonder? Het sy dalk ‘n bediende gehad wat soms kom help het en die tannie het dalkies vergeet om haar te betaal. Baie van hierdie moorde gaan oor ‘n loongeskil. Siestog mens sal nie weet nie. Kom ons wag maar totdat die ondersoek afgehandel en kry sodoende die ware feite.
Gewoonlik het aftree-oorde relatief goeie sekuriteit… Hierdie berig laat my net besef dat bejaardes net so ‘n sagte teiken soos boere is! Die aanvallers is ruggraatlose lafaards! Ek hoop die tannietjie herstel gou-gou!
Ek het `n paar vrae ……… Wat maak die Tannie met `n kluis ? Wie weet almal van die kluis ? Word die aftreeoord nie deur Sekuriteit gepatroleer nie ? Het sy iemand wat van tyd tot tyd huiswerkies vir haar doen ?
My afleiding ……. “Inside job”
Dis beslis ‘n inside job. Die bediendes weet baie goed wat aangaan in die huise. Waar is die sekuriteit van die plek. Kon hulle dan nie sien wat aangaan nie. Hoe beweeg mense op die terrein rond en niemand sien niks en vra vrae nie. Klink my aftree oorde is nie so veilig mee nie. Sterkte aan die tannie en ek hoop van harte sy word gou gesond.