Bejaarde in aftreeoord oorval

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn Bejaarde vrou is Donderdagoggend bewusteloos op die vloer van haar huisie in ʼn aftreeoord in Bloemfontein aangetref nadat sy oorval en erg aangerand is.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 86-jarige vrou se buurvrou het omstreeks 07:00 opgemerk dat die skuifdeur na die slagoffer se huis oopgebreek was. “Sy het haar probeer bel en toe daar geen antwoord was nie, het sy die slagoffer se dogter gebel en gesê iets is fout,” het Marope gesê.

Toe die dogter daar opdaag, is hulle saam in die huis in waar hulle die vrou bewusteloos op die vloer aangetref het. Sy is verskeie kere met ʼn stomp voorwerp geslaan.

“Die kluis was oopgebreek en die hele huis omgekeer, maar in hierdie stadium is dit nog nie duidelik wat gesteel is nie,” het Marope gesê.

Volgens Marope is die sekuriteit by die aftreeoord baie streng. Die verdagtes het egter toegang tot die perseel verkry deur in ʼn stormwaterpyp na binne te kruip. Hy wou om veiligheidsredes nie die naam van die oord bekendmaak nie. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ʼn saak van huisroof word ondersoek,” het hy gesê.

Die familie het versoek dat die vrou se naam nie bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DPJ ·

Hoe het die kremenële spesifiek die bejaarde uitgekies om die huis te beroof? Dit bring vrae by mens opom. Het hulle haar geken?

alida ·

DPJ ek stem saam. Hoekom die arme ou mens uitsonder? Het sy dalk ‘n bediende gehad wat soms kom help het en die tannie het dalkies vergeet om haar te betaal. Baie van hierdie moorde gaan oor ‘n loongeskil. Siestog mens sal nie weet nie. Kom ons wag maar totdat die ondersoek afgehandel en kry sodoende die ware feite.

Ina ·

Alida ek wil net vir jou sê dat hierdie tannie familie van my is en dat sy nog baie skerp is en definitief nie sou vergeet het om ‘n werker te betaal nie. So kom ons wag maar tot hulle die skuldige vang dan hoor ons. Mense moet asb nie sulke kommentaar lewer as jy nie die mens ken nie.

Dee ·

Alida, probeer jy soort van ‘n verskoning of ‘n tipe rede uitdink of versin? Dit is bloot boosheid.

Berhalet Beukes ·

Gewoonlik het aftree-oorde relatief goeie sekuriteit… Hierdie berig laat my net besef dat bejaardes net so ‘n sagte teiken soos boere is! Die aanvallers is ruggraatlose lafaards! Ek hoop die tannietjie herstel gou-gou!

Louis ·

Ek het `n paar vrae ……… Wat maak die Tannie met `n kluis ? Wie weet almal van die kluis ? Word die aftreeoord nie deur Sekuriteit gepatroleer nie ? Het sy iemand wat van tyd tot tyd huiswerkies vir haar doen ?
My afleiding ……. “Inside job”

m ·

Dis beslis ‘n inside job. Die bediendes weet baie goed wat aangaan in die huise. Waar is die sekuriteit van die plek. Kon hulle dan nie sien wat aangaan nie. Hoe beweeg mense op die terrein rond en niemand sien niks en vra vrae nie. Klink my aftree oorde is nie so veilig mee nie. Sterkte aan die tannie en ek hoop van harte sy word gou gesond.

Drika Prinsloo ·

Here wees asseblief met die tannie. Raak haar aan en help haar naasbestaandes om dit te verwerk.

alida ·

Jammer Ina ek het nie bedoel om op iemand se tone te trap nie maar enigiets is moontlik. Dit klink vir steeds soos ‘n “inside job”.

Gesiggie ·

Inside Job…. maybe.. dalk… wie sou so slim wees om toegang tot n waterpyp te verkry?? iemand wat presies weet hoe en waar ?? Ek voel bitter jammer vir die Tannie, n aanval is iets wat niemand gou vergeet.. En my vraag ook ? hoe het hul geweet van die kluis? iemand het vir iemand laat weet”’ sal nie net n Oumens oorval…. as daar nie n lok aas is” Mag Tannie gou herstel” En net laaste vraag, as die sukeriteit so goed is?? Patroleer die wag dan nie deur die aand?? Mag die sklem boet.

m ·

Ag jong hierdie sogenaamde sekuriteit is klug. Hy sit net daar vir sy pay. by ons kantoor is al TV, laptops gesteel en ons sogenaamde sekuriteit het niks gesien nie, So ja moet jou glad nie blind staar teen sekuriteit nie. Hulle beteken NIKS.

Shadia ·

Ek besoek gereeld ‘n aftree oord in Bloemfontein (sal nie name noem nie) maar is seker dat daar net ‘n sekuriteits wag by die hek sit ek kyk wie in en uit kom met ‘n voertuig, nog nooit iemand gesien wat in die plek rondloop ek kyk wat aangaan. Nogal iets vir die sekuriteits maatskappye om aan te dink en te begin doen.

m ·

hierdie sogenaamde security is ‘n grap. Sit net daar vir die pay en slaap helfde vd dag.

Jacoba ·

moet niemand vertrou hou dinge vertroulik private dinge vertel of bespreek mens nie eers met daai kamma vertroueling JUIS DIÈ WAT SÊ VERTROU MY! Mag dit gou beter gaan.

Retief ·

Daar is sekuriteit? Maar dan kan die skurke deur ‘;n stormwaterpyp inkom? Dínk die mense wat sujlke beplanning doen dan nie verder as wat hul neuse lank is nie? Mens kan net bid dat die tannie sal herstel, en dat iemand daaraan dink om ‘n ystertralie voor daardie pyp se bek te sit.

DEE ·

Op OFM Nuus berig hulle dat die aanvaller(s) by n betonmuur ingekom het? Ek is jammer Tannie. Maak nie saak hoe hulle ingekom het nie, dit hoort nie so nie. Word gou beter.

tw ·

Louis, wat bedoel jy met “wat doen die tannie met n kluis?’ Dink jy bejaardes is mense sonder waardevolle items? Waar bere “gewone”mense belangrike dokumente en waardevolle juwele of miskien wapens vir selfverdediging? n Bejaarde is n mens soos enige ander op hierdie ou aarde of is daar is wet dat as jy n sekere ouderdom bereik jy niks meer mag besit nie?

GES ·

Ek sou reken aanranding met die doel om ernstig te beseer of selfs poging tot moord moet bygevoeg word.

Liewe lulu ·

Daar is meer sulke gevalle. Ons hoor net nie altyd daarvan. Daar het n soortgelyke voorval n paar jaar gelede op Delmas plaasgevind. Ja en daar is goeie sekuriteitsfirmas. Maksimum op Delmas is van die beste. Praat uit ondervinding

MC ·

Graag wil ek net vir almal gerus stel. Dit wat gebeur het is aaklig en dit is een van die mees dierbare mense wat hier so wreed aangeval is. Daar is geen uitstaande lone of niks van die aard nie. Sy is een van ons steunpilare in die familie en uiters Godsvreesend. Moet nie aannames maak nie asb. Ons self sukkel om als te verwerk. Hopelik sal ons polisiediens hul kant bring en dan kan almal maar hoor wat werklik gebeur het. Vir nou vra ons slegs gebede vir haar herstel want slegs Ons Hemelse Vader kan haar herstel laat geskied. Dankie vir elke gebed.

Suré Latham ·

My tannie (80) is op 20 Mei 2015 in haar huis in Universitas-Wes aangeval helder oordag. Sy is met ‘n baksteen oor die kop geslaan en het onder andere skedelbreuk opgedoen. Vandag, amper 9 maande later reageer sy steeds op niks. Sy lê net en staar. En die skuldige……..loop nog rond. Heel waarskynlik al 20 ander mense ook aangeval!!!! Reg en geregtigheid?????? Wat is dit??????????????????!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.