Bejaarde in aftreeoord verkrag, vermoor

Skemervreugde Sentrum Vir Bejaardes in Paul Roux (Foto: Skemervreugde Sentrum Vir Bejaardes, Facebook)

ʼn 78-jarige vrou is vroeër die week in ʼn aftreeoord in Paul Roux in die Vrystaat erg deur ʼn aanvaller gemartel en verkrag.

Werknemers van die Engo Skemervreugde Dienssentrum vir Bejaardes op dié dorp het Dinsdagoggend Gertjie Booyens (78) se bewustelose liggaam in haar woonstel aangetref. Sy was glo erg vermink en is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem gejaag. Sy het ʼn dag later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, sê die aanvaller het na bewering laat Maandagnag oor die aftreeoord se heining gespring en Booyens se woonsteldeur oopgedwing.

“Die verdagte het Booyens in haar bed aangeval terwyl sy geslaap het, en haar verkrag,” bevestig Dhlamini.

“Die verdagte is Dinsdag omstreeks 07:00 gewaar toe hy oor die heining geklim en weggehardloop het. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.” Sover dit bevestig kon word, is niks uit haar woonstel gesteel nie.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Paul Roux verskyn op aanklagte van moord en verkragting.

Jan van Niekerk, die VF Plus-leier in die Vrystaat, sê die VF Plus verwelkom die verdagte se inhegtenisneming, maar die feit dat ʼn bejaarde persoon só wreedaardig in ʼn aftreeoord tussen ander bejaardes vermoor is, is ʼn bewys dat misdadigers nie afgeskrik word deur die polisie of die regstelsel nie.

“Hierdie voorval bevestig die VF Plus se standpunt dat die huidige strafmaatreëls nie as afskrikmiddel vir misdadigers dien nie. Die VF Plus pleit vir beter polisiëring en swaarder strawwe,” sê Van Niekerk.

De Wet Claassens, hoof- uitvoerende direkteur van Engo Vrystaat, het die voorval bevestig en gesê bykomende sekerheidsmaatreëls is vir die aftreeoord gereël.

“Die gesondheid, welstand en veiligheid van ons bejaardes is altyd ons eerste prioriteit,” sê Claassens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

melaney ·

Oormôre kry ek die arme man jammer en gee hom geld vir kos.

Toy ·

Toe hy so oor die heining geklim het, moes hy sommer al sy tande uitgeval het of daar vasgehak het. Dit is hartseer wat met die tannie gebeur het.

Benita ·

Hoed het drank in mense se karre ondersoek of dalk op die strand.

Blomkind ·

Dis siek!!!!!!! Hoe siek moet jy wees om so iets te doen.

Tiptol ·

Net een woord. D o o d s t r a f. Al wat sal help. Hy gaan ook seker R500 borg kry.

Harley Davidson ·

Die VF+ herhaal iets wat ons almal weet en elke dag mee moet saamleef,in ‘n onafhanklike tuisstaat met sy eie grondwet kan die doodstraf weer ingestel word wat hierdie tipe misdadigers twee keer sal laat dink want hy sal weet die polisie gaan hom vang en die howe gaan hom straf ,waarna ander kriminele sal aandag neem.

Catherina ·

Hoe verskriklik. Dink net hoe sy moes gely het. So jammer

christo ·

Dis jammer dat sgde. veiligheidskomplekse se sekuriteit so swak is. Inwoners betaal duisende Rande per maand.

Dries ·

Maar Ramaphosa noem mense se name wat aan natuurlike oorsake dood is. Sê niks oor hierdie verfoeilike moorde wat daagliks voorkom nie. Dan is daar nog mense wat aan sy lippe hang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.