Bejaarde in aftreeoord vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn bejaarde vrou se liggaam Woensdagoggend in haar huis in ʼn aftreeoord gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Johanna Petronella van Rooyen (81) se liggaam is teen 8:40 deur bure gevind by die Herfsland-woonstelle.

Volgens Ngoepe het die moordenaar(s) deur die dak van die woonstel toegang verkry en met ʼn TV en twee selfone gevlug. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van Van Rooyen se dood te bepaal.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om hul naaste polisiestasie of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kannaland ·

Watse “mense” vermoor n weerlose bejaarde? Watse kultuur sien dit nie as ernstige misdaad wat radikaal aanvespreek moet word nie?

Eish ·

Dit is een slagting van Vrydag af tot nou onder al wat wit is! Jonk en oud, voor die voet word ons afgemaai.

zoom zoom ·

Iemand binne die te huis moes info aan iemand gegee het van way binne in die woonstel is. En die iemamd het prrsies grweet waar pm deur die dak in en uit te klim
‘n Skelm is ‘n slim ding.

Chanel ·

Sovn skelm hoef nie slim te wees nie. Net harteloos,wreed en onmenslik. Die nag van die lang messe is lyk my nie net een nag nie,dis sommer n lang storie. Doodstraf is ongelukkig Al wat sal help

Pieter ·

Siek,dis net n siek land die. Tyd om op te staan vir ons mense

franci keogh ·

Ek wens Jan van Riebeeck het op sy bedjie bly le tot die gevoel van ander lande soek oorgewaai het. Daar was n rede hoekom ons voor ouers in ander lande gebore was want dis waar ons hoort! Ons mans en broers is op grense doodgeskiet vir wat? Om vandag in elk geval onder n regering te wees wat ons uitgemoor wil he. As ek hierdie land kon verlaat was ek weg soos gister se pay!

Peet ·

Ek kan nie wag om te hoor hoe die ANC Vroueliga beplan om te betoog nie…

Marie van niekerk ·

Die bybel se oog vir n oog waar gedeur dit in ons land Bring dood straf terug. Waar is ons regering in Suid Afrika nie .Hoekom staan hulle nie op teen die moordenaars.

Besorgde ·

Terrorisme wat ondersteun word deur Regering want hulle doen niks om die sinnelose aanvalle op Blankes te stop nie.
Niemand sal vir my die teendewl bewys nie.
Ons Blankes is net op God aangewese.

Estelle ·

Regtig!
Ek wens die mense will ophou om te se die troepe op die grens het verniet hul lewe gegee vir Suid-Afrika!
Hulle weet werklik nie wat aangaan nie.
……as dit nie vir die soldate op die grens was nie was daar oorlog in Eloffstraat Jhb.
Asseblief hou op met jul onkunde – die grensoorlog het niks met vandag se regering te doen NIE!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.