Bejaarde in Aliwal-Noord vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die klein gemeenskap van Aliwal-Noord is geruk nadat ʼn bejaarde wewenaar oor die naweek in sy huis in die Oos-Kaapse dorp vermoor is.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Sam van der Westhuizen (78) het alleen in sy huis in Durbanstraat gewoon.

“Sy liggaam is Sondagaand deur sy bure gevind. Hulle het bekommerd geraak en gaan ondersoek instel nadat hulle sedert Saterdag geen tekens van hom opgemerk het nie,” het Roelofse gesê.

Van der Westhuizen se liggaam is op die vloer van sy slaapkamer aangetref. Hy het sigbare wonde aan sy bolyf en kop gehad.

Hy is Saterdag laas lewend gesien toe hy in die dorp rolbal gespeel het. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense by sy moord betrokke was, en wanneer hy vermoor is nie.

“Na wat vasgestel kan word, het die verdagtes in die slagoffer se bakkie gevlug met televisiestelle, ʼn skootrekenaar, ʼn selfoon en sy vuurwapen.”

Van der Westhuizen se bakkie is later verlate in die omgewing gevind.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om versigtig te wees aangesien die verdagtes gewapen en gevaarlik kan wees.

Mense met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, of wat verdagte mense in die omgewing opmerk, word versoek om sers. Booysen by 082 302 5308 of sers. Mlindazwe by 083 858 4785 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Charlotte ·

So hartseer!! Mag die moordenaars vinnig gevang word…..die ou bejaarde omie het NIE verdien om sy lewe so af te sluit nie!! Mag die moordenaars menigte slapelose nagte ervaar en mag hul gewete hul mal maak!!! Aan die familie…sterkte julle mag God jul opnuut krag gee behoed en bewaar!!

Theresa B ·

Alles is so sinneloos. Ek verstaan nie die dinge nie. My brein werk nie as dit hier by oumensies kom wat sover gevorder het in jare nie. Om so wreed dood te gaan.

Suzette ·

Ag Theresa B dis so. As jy mooi dink is dit eintlik voor die handliggend. Nog ‘n blanke weg, nog ‘n huis wat “gegryp” gaan word of dink julle dit gaan net boere se plase wees wat in die slag gaan bly. Hulle kies die oumense want hulle is so weerloos en broos en juis daarom voel hulle ‘n vy daarvoor. Hulle dink twee keer voor hulle jong boere aanval want hulle weet nie of hulle die stryd gaan wen nie. Jy is nie net op plase sagte teikens nie selfs in dorpsgebied en glo my hulle weet wat in en om jou huis aangaan. Ons is werklik aan onsself uitgelewer. Kan vir jou een ding vertel. Hier gaan niemand kom mors nie. Ons is paraat. Raad aan almal wees TEN ALLE TYE oplettend en paraat. Dis of hy of jy.

Gesiggie ·

Weer en Weer nou net lees ek van die Tannie en nou van Oom Sam? ag nee man… hierdie ou mensies kan nie terug veg” hoe kan hierdie Monsters net toesak en maak soos hul wil… hoekom vat jul nie net wat jul soek, en verdwyn, hoekom moet jul altyd moor”’ ek het nie woorde”’ dit maak n mens so kwaad, n mens voel lus om iets te uiter, maar dit sal nie deur Maroela Media aanvaar word…. ons land is in een groot gemors… gaan soek vir jul werk, hou op steel en Moor… My innige meegevoel aan Sam se Familie.

skaam ·

VOLKSMOORD sagte teikens Wit wreed SIES! Mag ons genade ontvang …en diè wat so is(met Moord in die hart) mag sulkes moordenaars ook SO WREED ! tot hul einde kom.!

beesblaas ·

Keelvol – ons sal onself moet verdedig teen hierdie Volksmoord!

Lammie ·

Hierdie wrede aanvalle op die bejaarde mense moet gestaak word en vinnig ook. Ek en Sam was goeie vriende en hy het dit beslis nie verdien nie. Sam was n goeie Christen , n kranige tennis speler asook n goeie rolbal speler . My vriend het dit beslis nie verdien en ek glo die barbare wat dit aan hom gedoen het sal seer seker nie die straf krywat hulle toekom nie sou hulle gevang word !!! Dankie vir Maroela media wat ook die berigte plaas en sodoende te help om die skuldiges aan die kaak te stel . Rus in Vrede Sam

Machel R. ·

Die hemel gaan maar yl bewoon wees met al die moordenaars. Al kry hul nie nou op aarde hul straf nie, praat die Bybel in Openbaring daarvan dat moordenaars in die poel van vuur en swawel gewerp sal word; dit is die tweede dood. Hulle ware loon sal hull;e wel ontvang!

Oom Boer ·

Nog ‘n selfsugtige en lafhartige daad op ‘n oumensie. Net nog ‘n statistiek wat geensins sak maak by ‘n regering waar die gemeenskap deur veiligheid gedien moet word nie. Het die profile van moord nou geskuif na die teikening van oumense en is dit dalk ‘n strategie wat volg om moontlike stemme tot komende verkiesing te beperk. Sovele dinge gaan deur ‘n mens se gedagtes. Wens al Sam se familie en vriende alle simpatie en medelye toe en mag jul harte heel van al die vrae wat daar mag wees en ontneem nie jul oë van ons “Hemelse Vader” want HY is daar om te vertroos. “Sterkte”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.