Bejaarde in bed op Limpopo-plaas oorval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na gewapende aanvallers wat ʼn bejaarde man en sy huishulp Dinsdag op ʼn plaas oos van Louis Trichardt oorval het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê twee verdagtes het in die namiddag op die plaas in die Levubu-omgewing toegeslaan en die huishulp met ʼn vuurwapen aangehou.

“Die verdagtes het die huis geplunder en in die proses die 77-jarige plaaseienaar op sy bed aangetref. Hulle het op vuurwapens aangedring en onder meer met ʼn geweer en ammunisie van die toneel gevlug,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê niemand is tydens die voorval dood of ernstig beseer nie.

Die Louis Trichardt-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan, word versoek om sers. Malebo Mavhungu by 071 230 0968 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marianne ·

Dank die Vader die boer is nie beseer of vermoor nie. Sien mens kan beroof word, sonder geweld. Al is hy geskok.

Cherokee ·

Trevor Noah se gehoor weet nie daarvan nie want hy het nagelaat om hulle dit ook te vertel.

Oom Kalahari ·

Stem saam Marianne en bly hul is ongedeerd. Met elke aanval en rooftog word vuurwapens gebuit en sit daar ‘n grootskaalse strategie daaragter. Ek is van opinie dat hierdie ‘n goed beplande operasie uitvoerings word en dat daar sekere magte agter al hierdie aanvalle en aanvoeringe sit tot bewapening. Hoop daar sal instansies wees wat na hierdie van optredes sal kyk en ‘n samestelling maak wat werklik besig is om hier pos te vat.

Ja nee ·

Sien julle hoe die moord skielik gestop het? Ek wonder hoekom, en wie het die opdrag gegee om plaasmoorde nou na roof toe te swaai om die buiteland se oee van ons volksmoord of te probeer kry

Gerrit ·

Die boere moet besef hulle leef in dieselfde omstandighede as die destydse grens boere wat aangeval was deur teroriste die verskil nou is jy is nou aleen niemand gaan jou help behalwe jou naaste bure

KOSIE ·

Trevor
Gebeur dit elke dag in Amerika.
Hoekom het jy dan weg gehardloop.
Moenie jou mond uitwas oor witmense nie is dit nie hulle wat jou het wat jy is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.