Bejaarde in Ceres aangerand, beroof

Andre Brischof is van sy kamer na die sitkamer gesleep. (Foto: Verskaf)

ʼn Bejaarde man is die afgelope week in sy huis in Ceres in die Wes-Kaap aangeval en beroof.

Die 70-jarige Andre Brischof het Woensdag net na 06:00 sy hond hoor blaf en gedink dit is sy buurvrou wat oudergewoonte die oggend kom inloer. Toe hy verby die badkamer in die gang loop het iemand hom egter van agter gegryp en hom met ʼn voorwerp oor die kop geslaan.

“Die rowers het hom aan die voete na sy kamer gesleep en hom daar met draad aan die bed vasgemaak,” vertel Andries Douglas, Brischof se buurman.

Brischof se vrou is tien jaar gelede oorlede en die egpaar het nooit kinders gehad nie. “Volgens oom Andre het die rowers gevra waar hy sy geld hou, maar hy was baie deurmekaar en kon nie vir hulle sê nie,” sê Douglas. Hierna het die rowers Brischof glo weer na die sitkamer gesleep en aanhou geld eis. “Hy het hulle uiteindelik vertel van die ornament bo-op die kas waar hy ʼn paar rand se kontant wegsteek. Daar was in dié stadium so R1 000 in. Hulle het die geld gevat en weggehardloop,’ sê Douglas.

Hy sê Brischof kon nie opstaan nie en het probeer om die alarm met sy kierie te aktiveer, maar kon nie bykom nie. Toe slaan hy die ruit van die voordeur uit. “Ons het dit gehoor en toe na sy huis gegaan om te kyk wat aangaan,” sê Douglas.

“Die oom het geweier om hospitaal toe te gaan, maar die wond aan sy kop was darem nie te diep nie en die huisdokter het vir hom medikasie gegee. Die oom is nou weer op die been. Ek kan nie glo hoe vinnig sy wonde genees het nie.”

Douglas sê ten spyte van die staat van algehele afsondering het die hele gemeenskap ingespring om Brischof te help. “Dit was so mooi om te sien. Hulle het een-een ingekom om sy huis skoon te maak, die deur te vervang en hom te help.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Wie is die rowers name en shame hulle sodat die hele wereld kan sien wat gebeur in n “demokratiese” land waar almal gelyk behoort te wees.

Anel

Hierdie maak my so… Maar dit is mos niks om weerloses aan te val en te beroof nie!!! Daar sal in elke geval niks van kom nie want dit is belangriker om jag te maak op ander mense wat dit waag om hulle sypaadjie se gras te sny. Baie sterkte aan die oom en baie dankie vir al die mense wat hom bystaan.

Anni

Definitief definitief óf sy tuinwerker/huiswerker of die bure se tuinwerker of werkers. Niemand besluit sommer by die huis gaan ek inbreek nie. Iewers moes hul geweet het hy bly alleen en hys oud!

Ivana

Hulle behoort ook sommer van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla word. Klomp lafaards, kan net bejaardes aanval.

Befok

Ja siek land kan net ou mense vermoor end aanrand