Bejaarde in hof oor vriendin se moord

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 84-jarige man het Vrydag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op sy 45-jarige vriendin.

“Die 84-jarige man het glo sy vriendin Donderdagaand omstreeks 19:50 in Vaalbank vermoor,” het sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou het glo by die verdagte gaan kuier en hy het gaan sigarette koop. Sy het alleen in die huis agtergebly. Toe hy terugkom, was sy beursie weg. Hy het haar daaroor uitgevra en sy het uiteindelik die beursie te voorskyn gebring en vir hom gegee.”

Die man het ontdek dat R500 uit die beursie verdwyn het, en die twee het begin baklei. “Hy het glo ʼn mes gevat en die vrou aangeval. Paramedici is ontbied, maar die vrou is op die toneel dood verklaar.”

Die man het in die Mbibane-landdroshof verskyn. Hy sal op 9 Desember weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog. Hy bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kas ·

Die man was gereed, nie sagte teiken soos die skelm vrou gedink het nie.

Goed kom ons vat dit stadig ·

Kom ons vat dit stadig. Jou huis is jou eiendom, jou hawe, jou plek. Jou beursie met enige bedrag geld in, is joune en kan op enige plek gebere word in JOU HUIS, die vriendin het van haar vertrouensposisie misbruik gemaak en dit gesteel.

Kobus 4e ·

Ek verstaan ook nie joune nie. Steek jy joune wge of sluit dit toe in die kluis as jou mense daar is, wat jy veronderstel is om te vertou? Ek lees ook nie dat dit rondgele het nie!

Carel ·

Die vriendin het geweet dit behoort nie aan haar nie, sy het gesoek vir moeilikheid. R500 vir ‘n 84 jarige is baie geld.

wilma ·

Arme sot. Dink di ou man rerig die vrou het in hom as mens belang gestel. Als gan mos ma net oor geld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.