Bejaarde in hospitaal ná plaasaanval

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Maroela Media)

’n Bejaarde vrou (73) is ernstig beseer nadat ’n onbekende aantal aanvallers omstreeks 03:00 Woensdagoggend op ’n plaas tussen Rustenburg en Swartruggens in Noordwes toegeslaan het.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sterk die vrou se eggenoot, ʼn bejaarde boer (75), tans by die huis aan terwyl die vrou in die hospitaal behandel word.

Die aard en omvang van hul beserings is nie in dié stadium bekend nie.

Luidens inligting wat AfriForum op sy veiligheidsgroepe ontvang het, het die aanvallers toegang tot die huis verkry deur die diefwering af te breek.

Die slagoffers is na bewering met ’n pyp aangerand en gedwing om hul kluis oop te sluit.

Maroela Media sal meer inligting bekendmaak sodra dit ontvang word.

Funani sê verskeie vuurwapens, waaronder twee gewere, twee rewolwers en ʼn pistool, is tydens die voorval gebuit. Die aanvallers het ook televisiestelle en geld gesteel en in die egpaar se Kia Sportage gevlug.

“Die voertuig is later in Boitekong [sowat 8 km noord van Rustenburg] opgespoor. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Perdeby ·

Die boere moet ook hulle verstand begin gebruik moenie jou vuurwapens in die aand in die kluis bere nie steek dit iewers weg tot die volgende oggend. Is daar geen honde wat alarm gemaak het toe hulle die diefwering gebreek het nie??

Baardman ·

Kry beams rondom die huise asook motion lights. Enige iets wat die boer vroegtydig kan waarsku.

JohanR ·

27 jaar van die useless ANC en plaas aanvalle en plaas moorde gaan maar net voort. Kan jy dink in Frankryk, VSA of die Verenigde Koninkryk ‘n plaas aanval is van ‘n boer…..die mense wat kos op die lande se tafels sit. Nie eers een aanval sal geduld word nie. Maar wat kan jy verwag waaneer ‘n dom ANC se “food does not come from the farmers, but from Checkers, Woolworths and Pick&Pay!”

teesee ·

Dink dar moet altyd eerste elektriese heining om die woonhuis gespan word- sodat alarms kan afgaan en huis mense kan waarsku!!

JohanR ·

Die boere in die ou Rhodesie het gou nadat die eerte plaas deur die terrorste aangeval is hulself gereed geemaak. Daar was nie eers bome of blomme geplant binne in die heining wat die huis omsingel het. Hulle wou sien wat in die nag vir hulle aankom vanaf die huis en dat daar geen wegkrip plek naby die huis was nie. Alle deure en venster is versterk sodat die onoloffing van mortiere en hangranate nie daardeur kon dring nie. Die wat kon skiet het genoeg skietgoed gehad, en die wat nie het in die versterke gang gaan sit want die terroriste het mortiere deur die huis se dak gejaag. Boere van SA julle is in ‘n oorlog teen ANC terroriste! Ek weet toe ek ‘n naweek by boere gekuier het het die boer vir my gese as hy in die more gaan sit vir brekfis, en sy mes en vurk stek verkeerde kant toe, of ‘n besem staan by die voordeur dat sy werkers vir hom se dat daar terroriste op die plaas is.

Faraway ·

n Boer maak n plan . . .
Iewers moet iemand iets nuuts begin uitdink wat jou kan beskerm!!!!
Eers was dit net deure met jail-logs , tralies, honde, elektriese heinings, alarms en beems . . . dit werk nie meer nie!

Harley Davidson ·

Ek dink ‘n goeie begin sal wees om ten minste jouself te bewapen wat help dit jou wapen vir selfbeskerming word in die kluis gestoor.

Thea ·

Ons moet almal geheime wegsteekplekke hê. Ons weet mos nou al die eerste ding waarvoor hulle soek is ‘n kluis.

Skappie ·

Sterkte aan die oom en tannie. Hoop julle herstel sommer vinnig.

Pieter ·

En so hou dit maar net aan, in die drukgang, wag ons vir n beurt. Ons is met ons rug teen die muur, waar trek ons die lyn? My hart is bitter elke keer as ek van n plassaanval lees, DIT MOET STOP

SomeOne ·

wonder wat het gebeur met afriforum se besoek aan die buiteland en die wêreld hof, duisende rande spandeer, nou is hulle stil met geen antwoorde ?????

katerinadiekat ·

Ek sou voorstel: Hou n geheime kluis met die vuurwapens. Maak seker Niemand weet daarvan nie, net jy en jou man of vrou. Nie eens die jonger kinders nie, nie die huishulp nie, Niemand behalwe jy en jou huweliksmaat. Miskien n volwasse seun of dogter wat nog by jou bly. Maar nie die tipe seun of dogter wat graag gaan dop saam met pelle en dalk uitpraat nie. Ore is orals. Dan in die “publieke” kluis, hou n bietjie geld, dokumente ens. Sodat die inbrekers die geld kan vat en gaan. Dink daaraan as die losprys vir jou lewe wat jy betaal. Want nou is daar Weereens skietgoed in die verkeerde hande. Verstaan asb dat ek Baie simpatie het met die oom en tannie. Maar regtig ek is nou ook al siek daarvan om te sien hoe gereeld skietgoed in verkeerde hande beland. Hou n klein hondjie in die huis aan as n alarm. As jy dink jy gaan nie betyds by die geheime kluis kom om jou wapen uit te haal en te Gebruik nie, steek dan nou maar n vuurwapen in jou slaapkamer weg.

Magda ·

So moeg vir alles, wens daar wil n atoombom ontplof en ons almal verwoes, dis Al hoe hierdie land gered gaan word.

quartus ·

Die rowers het blykbaar geweet dat daar n kluis met wapens is en dat daar slegs 2 bejaarde mense in die huis woon. Vra die plaaswerkers maar so bietjie uit.

annie ·

Hoe het die boewe geweet daar is ‘n kluis met wapens in die huis? Boere moet ophou om elke vriendelike mens op aarde te vertrou. En so graag huiswerkers toegang en insig gee in al hul doen en late. Mense is al deur werkers wat 15 jaar by hulle gewerk het vermoor.

Albertus ·

Dit is mos nou baie manlik om ou mense aanteval, wens ons kan die lot vang wat nie n mens werd is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.