Bejaarde in huis oorval en vermoor

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Vyf-en-sestigjarige man is Dinsdag vroegoggend doodgesteek toe drie inbrekers by sy woonplek in die Cullinan-omgewing in Gauteng ingebreek het.

Die man se huis is by die Magalies-oord-behandelingsentrum vir alkohol-en dwelmafhanklikes op die Zonderwater-gevangenis se perseel in Cullinan.

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, het gesê die man en sy vrou het geslaap toe die drie verdagtes omstreeks 04:00 by die woonplek ingebreek het. Hulle het ’n mes en vuurwapen by hulle gehad.

Die bejaarde man en sy vrou is oorval en die man is tydens die voorval doodgesteek.

Die drie verdagtes is daarna met die televisiestel en ander waardevolle items vort. Hulle is steeds op vrye voet.

Die Cullinan-polisie het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om hulle by 012 734 0751 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

I know cele and his mates know about this and i am sure they don’t care. So. I really hope the family members of this infortunate family will sue the crap out of cele. No money can bring a loved one back. But, as these, i just dont know what to call them anymore, uhm. They do not want to part with their “hard earned” income. MAKE them pay.

Rodger17

Solank cele in beheer is van polisie is sal sulke moorde aanhou en meer word.Cyril sal moet ontslae raak van sy polisie minister anders gaan hy nog meer stemme verloor!

marius

Hoeveel mense wat oor 60 jaar oud is word in hul huise vermoor ? Lafhartige gemors !

PieterP

Die lafaards teiken ouer mense en kom nooit alleen nie. Dagvaar Cele want as daar ‘n buurt/plaaswag was kon daar dalk net hulp gewees het of die blikskottels gesien gewees het. Ek is self op ‘n plaas en kan jou belowe as ek hulle betyds sou hoor sal hulle nie lewendig wegkom nie.

JM

Ál wanneer sulke blikskottels hul basse lig en hande gebruik, is wanneer hierdie geweldenaars onskuldiges kan vermoor en van hul besittings beroof. Dit is mos makliker as om eerlike werk te doen.