Bejaarde in huis oorval, rowers kom glo terug om te verkrag

Polisiebeamptes by die 29-jarige verdagte. (Foto: Verskaf)

ʼn Bejaarde vrou (75) van Williston in die Noord-Kaap is die naweek in haar huis op dié dorp oorval, beroof en later verkrag.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het Saterdagaand omstreeks 22:00 na bewering by die vrou se huis ingebreek waarna hulle haar met ʼn mes aangehou en haar van haar bankkaarte en ander waardevolle besittings beroof het.

Volgens Kock het die verdagtes glo die vrou se hande en voete vasgebind waarna hulle vort is om geld uit haar bankrekening te gaan trek.

Die mans het egter later weer by die vrou se huis opgedaag waar een van die verdagtes na bewering die vrou verkrag het.

Die plaaslike polisie het ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur en die mans is sowat 14 uur ná die voorval in hegtenis geneem.

Volgens Kock is die verdagtes by hul huise in Williston in hegtenis geneem. Die verdagtes is onderskeidelik 29 en 17 jaar oud.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

50 Kommentare

jongste oudste gewildste
sweis

Die noordkaap veral Williston,Carnarvon is vriendelike dorpe met vriendelike mense,kyk maar na die polisie beamptes op die foto en nou is die sa wettelose kanker besig om oor te spoel hoe tragies.

Jones

Doodstraf!

BRING DOODSTRAF TERUG

John

… en die bejaarde vrou… het alleen gewoon?… hartseerste hoeveelste…

Dries

Ja en ons blankes is vas aan die slaap

Raadop

En hierdie storie gaan beslis NIE die tv haal nie; net Ninow se saak word nasionaal gebeeldsend maar nie waar hierdie ‘skurke’ wittes verkrag nie? En daar word ‘n ongelooflike bohaai gemaak en ja, Ninow MOET ook gestraf word (ook die doodstraf kry) maar ook so die DUISENDE SWARTMANS wat wittes EN hul eie mense verkrag.