Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 73-jarige man het alleen in sy huis geslaap toe hy deur twee gewapende mans oorval is.
Volgens Moloto het die mans ʼn skootrekenaar, twee kameras, twee selfone en klere gesteel. Hulle het die man in bolyf geskiet voor hulle gevlug het. Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Moloto het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek van poging tot moord en huisroof.
“Bribe” n skelm jmpd amptenaar langs die pad of betaal die duur prys, ek verwys hier spesifiek na mnr Maringa
N jmpd het my gestop en wou n bribe he omdat my werks bakkie se hoof venster in die middeldeur gekraak was, nadat ek geweier het, het hy wat mnr maringa is my I’d nommer agter op sy boek neersgeskryf en gese dat ek moet ry met die woorde “we will talk in future” en toe ek my pdp wou hernu, toe moes ek hoor dat hy 3 kaartjies uit geruik het, ek het my bakkie se tracking report laat trek en die tye en plekke stem glad nie oor een met wat op die kaartjie geskryf is nie, ook is my name en details verkeert en die kaartjies het nie my handtekening op nie, ek was al by aarto, tmt services (me botha) mnr minnaar ge-email, by die hof se verkeers staats aanklaer gaan draai, en ook aan beeld (tot u diens) ook n email gestuur het. maar niemand wil jou kant van die storie hoor nie, in teendeel was ek selfs by die hof uit gejaag gewees en die staats aanklaer het aan my gese dat ek op n ander plek moet gaan lieg, al het ek die tracker report byder hand gehad om my onskuld te bewys, en waarvan 2 kaartjies presies 10 minute uit van mekaar verskil en op verskilende paaie was, ter vergeefs moes ek gaan geld leen het om die kaartjies van R1750.00 betaal om my pdp te kan kry. Dit is glad nie regverdig dat sekere verkeers manne kan weg kom met bedrog terwyl hulle eintlik daar is om die voorbeeld te stel nie.
Robert mag ek jou in my beskeidenheid vra om nie weer kommentaar te lewer nie. Want ai, dit sal net sin maak as jy deur die laerskool gekom het.
Regtig darem Kosie?