Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 73-jarige man het alleen in sy huis geslaap toe hy deur twee gewapende mans oorval is.
Volgens Moloto het die mans ʼn skootrekenaar, twee kameras, twee selfone en klere gesteel. Hulle het die man in bolyf geskiet voor hulle gevlug het. Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Moloto het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek van poging tot moord en huisroof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
“Bribe” n skelm jmpd amptenaar langs die pad of betaal die duur prys, ek verwys hier spesifiek na mnr Maringa N jmpd het my gestop en wou n bribe he omdat my werks bakkie se hoof venster in die middeldeur gekraak was, nadat ek geweier het, het hy wat mnr maringa is my I’d nommer agter op sy boek neersgeskryf en gese dat ek moet ry met die woorde “we will talk in future” en toe ek my pdp wou hernu, toe moes ek hoor dat hy 3 kaartjies uit geruik het, ek het my bakkie se tracking report laat… Lees meer »