Bejaarde in kattebak toegesluit tydens huisroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 86-jarige vrou in haar huis in Reddersburg in die Vrystaat oorval is.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Sondag omstreeks 01:20 na die vrou se huis ontbied nadat ʼn buurman van die vrou onraad vermoed het. “Die bejaarde vrou is in die kattebak van haar motor in die motorhuis gevind.”

Volgens Mbambo het twee mans toegang tot die huis verkry waarna hulle na die vrou se slaapkamer is. “Hulle het haar wakker gemaak en haar bankkaart en PIN-kode geëis. Sy het vir hulle die kaart gegee waarna die verdagtes haar in die kattebak toegesluit het en met die motor se sleutels gevlug het.”

Mbambo het gesê die verdagtes is dieselfde oggend omstreeks 05:00 by hul wonings in hegtenis geneem. “Een van die verdagtes het tydens ondervraging uitgewys waar hy van die sleutels ontslae geraak het en ook die tweede verdagte uitgewys. Daar is ook beslag gelê op kontant wat uit die bejaarde vrou se bankrekening onttrek is.”

Die verdagtes, 37 en 40 jaar oud, sal Dinsdag in die Reddersburg-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof. Volgens Mbambo is die vrou ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Wat gaan aan dat almal nou in die kar se kattebak gelaai word…jammer dat die ander mense , nie so gelukkig was.. dankie tog die Tannie was nie skade aangerig..as elke saak maar net so vinnig opgelos kan word, en hul nie die mense vermoor vir geld… vat wat jul wil, maar spaar net die mense se lewens…wonder net hoe hul sou geld trek?? of was hul plan om terug te gaan?? dink hul was bietjie onseker??? sterkte Tannie.. hoop als gaan goed…dit moes n Trauma gewees het..

christine ·

Bly syt nie seer gekry nie Lafaards so die moet regtig nou harder gestraf word. Waar op aarde kom hulle daaraan word dit nou mode om mense in kattebakke toe te sluit dit is so koud die stomme vrou was seker so koud. Tramaties siestog Mens kan net se miskien het die liewe Vader haar juis so beskerm.

Annette ·

Ek is net bly hulle het nie weer die weerlose persoon vermoor nie. Dankie tog sy lewe. Sterkte vir haar en goed vir die polisie en die buurman.

Johan Burger ·

Ek dink ons kan gerus ook erkenning gee aan die goeie werk van die polisie wat tot die arrestasies aanleiding gegee het.

Karin Nel ·

So dankbaar dat die tannie nie ook vermmor was nie. Mag God met ons almal wees.

johann cb ·

Ek glo dat die tannie werklik gou oor die skok sal kom. Dit was ‘n aaklige ondervinding. Sterkte tannie, ons bid vir u.

Hannie ·

Nou wil Oscar voorgee dat hy die verontregte is met hoe hy in die tronk behandel is, wat het hy verwag die tronk is nie nie n hotel nie.

Tong innie kies ·

Nee genade.Almal sal hul karre moet verkoop en bakkies moet aanskaf.Jou eie kar is nou al so gevaarlik soos n vuurwapen.

Mk ·

Dit die derde maal wat sy aangeval is hoop sy dink aan ander verblyf bly sy oky

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.