Bejaarde in Krugerwildtuin vertrap

Argieffoto (Foto: NBCNews)

Argieffoto (Foto: NBCNews)

ʼn Bejaarde man van Limpopo wat Vrydag vermis geraak het, se liggaam is in die Krugerwildtuin opgespoor nadat hy vermoedelik deur ʼn olifant vertrap is.

Reynold Thakhuli, SANParke se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man, van die Mabaligwe-nedersetting suid van die wildtuin se Punda Maria-hek, se liggaam is Saterdag 13:30 deur wildbewaarders gevind.

“Die wildbewaarders was op patrollie in die gebied toe hulle ʼn man opgemerk het wat langs die grens van die wildtuin stap. By navraag het die man aan die wildbewaarders gesê hy is op soek na die bejaarde man wat Vrydag uit die dorpie verdwyn het,” het Thakhuli gesê.

Die wildbewaarders het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur en uiteindelik op die bejaarde afgekom. Hy was reeds dood en tekens dui daarop dat hy deur ʼn olifant doodgetrap is. Die man se presiese ouderdom en hoe hy in die park beland het, is tans onbekend.

William Mabasa, SANParke se waarnemende hoof van kommunikasie, het sy innige meegevoel met die bejaarde se familie en geliefdes betuig.

“Lewens word onnodig deur wilde diere in die park geëis omdat mense nie die nodige voorsorgmaatreëls volg nie. Ons doen ʼn beroep op families in plaaslike gemeenskappe om na hul geliefdes om te sien, veral bejaardes of verstandelikgestremde mense, aangesien hulle maklik kan wegdrentel en in die park kan beland waar dit gevaarlik is,” het Mabasa gesê.

Die saak is by die polisie aangemeld vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M'Lady ·

Hierdie nedersettings so na aan die KNP voorspel net moeilikheid vir die diere.

Sharpei ·

Ja dis waar hulle is net moeilikheid vir die diere……ek sou se die park was eerste daar…..dis moeilikheid soek om die diere se grondgebied te oortree

HFC ·

Ongelukkig kan dit gevaarlik wees om die strikke gereeld na te kan gaan.

Wat-ek-lees ·

Is ‘Mabaligwe’ dieselfde plek as ‘Mabalingwe’?

Riette ·

Mabalingwe is net buite Warmbad. Dit is nie dieselfde plek nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Wat-ek-lees,

Dankie vir jou navraag. Mabaligwe is ‘n nedersetting suid van die wildtuin se Punda Maria-hek soos in die berig vermeld. Mabalingwe is ‘n natuurreservaat naby Bela-Bela.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Buks ·

Die klein wild is op en die ander het weggetrek. HFC jy is seker reg. Die gras groei nie beite die park nie gaan kyk maar self hoe kort is die gras buite die KNP en hoe lank is die gras binne in die park. Dit is die natuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.