Bejaarde in Lichtenburg vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Lichtenburg in Noordwes is Donderdagoggend deur haar man en bure dood in haar huis aangetref.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word vermoed die moordenaar het die 73-jarige vrou tussen 10:00 en 11:00 ingewag toe sy by die huis aangekom het. “Die egpaar sê hulle laat gewoonlik ʼn sleutel agter die deur wanneer hulle die huis verlaat. Daar word vermoed dat die verdagte die sleutel in die hande gekry het en so toegang tot die huis verkry het,” het sy gesê.

Volgens Moleko is die vrou verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Haar liggaam is deur haar man en bure in die huis aangetref.

Twee selfone is uit die huis gesteel. Sake van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die vrou se naam sal bekendgemaak word sodra al haar naasbestaandes van haar dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tiger ·

Ai hoe tragies.Simpatie met haar naas bestaandes.
Paraatheid mense PARAATHEID !Dit kan jou lewe red.
Maar dis asof ons mense net nie omgee om vermoor te word nie.

Kassies ·

Die tannie bly 8 huise van my af en ek ken hulle baie goed. Haar seun het my vertel wat met haar gedoen is en dit is wreed en onmenslik om n oumens so te verniel. Sterkte aan die familie

Altania van der Merwe ·

Dit is my Tannie- rus in vrede Tannie Toodles

Theuns ·

Wat meer moet ons doen? Ons bly klaar in tronke. Loop permanent met ‘n geweer aan die sy. Is altyd op die uitkyk vir verdagte omstandighede. Word ons reg om te lewe nie ook deur die grondwet beskerm nie? Vra maar net. Vir my lyk dit nie so nie

Wallas ·

Hou aan julle, asb ! Alle inligting is ALTYD nodig. Dankie vir dit wat julle doen

Cherokee ·

Weet jy Hansie, wat het die mier vir die olifant gesê toe hulle oor die brug loop?
Hy’t gesê “ons laat hom dreun nè!”

Rooijan ·

Ek het gehoor daar was nog ń aanval in Lichtenburg, weetnie of dit fopnuus is nie.

Ons het nie meer keuse ·

Ons gaan moet begin opstaan vir onsself en oorgaan tot aksie. Die regering bespot ons net.

Jan ·

Tweede was n vals berig. Hierdie was n baie brutale moord , ons sal moet waaksaam wees. Ons moet eending onthou hulle het altyd die verassings element aan hulle kant jy verwag hom nie daar nie dit is hoekom ek se ons moet baie oplettend wees vir goed wat nie reg lyk nie.

Lente ·

Is dit waar dat n kruis op die slagoffer se gesig uitgesny/gekerf is?

Josefine.burmeister ·

Dit is my suster en sy was net goed vir mense ek hoop die ANC Vroues gaan saam my fam staan teen die moordenaars

Annelize ·

Dit is baja belangrik dat di details bekend gemaak word. Ek besef mens wil dit ni doen ni maar dis belangrik dat die mense weer wat gebeur het en hoe. Ons moet dit versprei sodat mense bewus is wat in ons land aangaan.

Margaret Klopper ·

My ou vriendin Toodles. Jy was net goed vir almal en het hierdie nie verdien nie. Sal altyd ons goeie dae onthou. Ek is so baie hartseer. Dink aan Jan, Markus, Wynand, skoondogters en kleinkinders. Liefde Margaret en Bert

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.