Bejaarde in Limpopo aftree-oord vermoor

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is laat Vrydagmiddag in haar motorhuis in ʼn aftree-oord* in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Pats Truter (79) se bure het onraad vermoed nadat hulle haar heeldag nie gesien het nie. Iemand het gaan ondersoek instel en op Truter se liggaam in die motorhuis afgekom. Haar liggaam was met ʼn handdoek en mat bedek.

“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat Truter vermoedelik met ʼn tou verwurg is. Al die deure en vensters van die huis was toe en daar was geen teken van gedwonge toegang nie. Dit is nog nie duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie,” het Mojapelo gesê.

Hy het gesê dit is nie duidelik wanneer Truter vermoor is nie, aangesien sy Donderdag omstreeks 10:00 die laaste keer lewend gesien is. “Die motief vir die gruwelike voorval is nog nie bekend nie,” het hy gesê.

Volgens Mojapelo is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om hul naaste polisiestasie of 08600 10111 te bel.

*ʼn Polisiewoordvoerder het aanvanklik gesê dat die oorledene in ʼn aftree-oord gewoon het, maar Maroela Media het intussen verneem die voorval het in ʼn veiligheidswoonbuurt in die dorp gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Annie ·

Nog n haatmoord …. oh jammer dit is mos inbrake … al word niks gesteel nie… skrik wakker SA

Johan Smal ·

Gholfpark is ‘n woonbuurt waar oud en jonk woon. Nie ‘n aftree-oord nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Johan Smal

Dankie vir jou kommentaar. ʼn Polisiewoordvoerder het aanvanklik gesê dat die oorledene in ʼn aftree-oord gewoon het, maar ons het intussen verneem die voorval het in ʼn veiligheidswoonbuurt in die dorp gebeur. Ons vra om verskoning vir die verwarring. ‘n Nota is onderaan die berig aangebring om dit aan te dui.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

lynni ·

Pieter, is dit nodig om so aaklig teenoor Nella te wees. Sies man. Mans moet nie so met vrouens praat nie. Jy kan my maar slegse. Ek vee my af.

wilma ·

Wonder of da security is
. Deesdae vertrou ek nie eens meer die security by sulke plekke nie.

jennefer ·

Die wat ons die minste vertrou werk in ons huise, want ons is lui!

Klip in die bos ·

As mens lees dan is daar een of ander gruweldaad gepleeg in LIMPOPO. Die Sapd en burgermag sal in daardie omgewing moet begin optree. So kan dit nie aangaan nie.

Sê maar net. ·

As mens lees dan is daar een of ander gruweldaad gepleeg in LIMPOPO. Die Sapd en burgermag sal in daardie omgewing moet begin optree. So kan dit nie aangaan nie.

Sue ·

Bejaardes, die weerloses! Ons almal gaan bejaardes word, as ons gelukkig is, net om dan vermoor te word! Glad nie ñ aangename vooruitsig nie! Wonder wat maak die lewe dan die moeitewerd?

Oom Willie ·

Tyd vir regstellings. Dit het nie in ‘n aftree-oord gebeur nie maar in ‘n gewone woonbuurt, in Naboomspruit. Tweedens, daar is ‘n inwonersvereniging in hierdie bepaalde woonbuurt. Meeste inwoners (nie almal nie) betaal ‘n maandelikse bedrag aan die vereniging, en meeste van die geld word gebruik om te betaal vir ‘n professionele veiligheidsdiens insluitende voltydse patrollies, en voltydse videokamera’s by die ingang na hierdie woonbuurt. Derdens, vir meer as die voorafgaande twee jaar was daar geen misdaad in hierdie buurt nie. Die videomateriaal word tans deurgewerk. Dit beteken egter nie dat ons op die punt is om ‘n deurbraak te maak nie. Intussen, moenie stellings maak wat jy nie kan staaf nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Oom Willie

Dankie vir jou kommentaar. ʼn Polisiewoordvoerder het aanvanklik gesê dat die oorledene in ʼn aftree-oord gewoon het, maar ons het intussen verneem die voorval het in ʼn veiligheidswoonbuurt in die dorp gebeur. Ons vra om verskoning vir die verwarring. ‘n Nota is onderaan die berig aangebring om dit aan te dui.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Nella ·

Jy is seker ‘n eiendomsagent. Ek sien hier by ons ook, na ‘n gruwelike aanval op bejaardes, word selfs advertensies in die plaaslike koerant deur eiendomsagente veplaas oor hoe veilig en aanloklik ons area is.

JoeV ·

Kry die gevoel die video materiaal gaan mense laat regop sit die keer. Niks is nou gevat nie, klink amper of iemand dalk vir die boedel wag.

Jo-Anne Olivier ·

Dankie oom Willie, Ek bly nie self in die woonbuurt nie maar oor Kersfees het ek die kleinspan n paar aande geneem om kersliggies te gaan kyk. Nie eenkeer het die sekuriteit my gestop en in of uit geteken nie, hulle het net eenvoudig die hek oop gemaak, geen vrae gevra nie. En soos ek sê dit was n paar aande gewees, een aand selfs na nege. Die inwoners betaal vir sekuriteit maar hulle laat enige iemand enige tyd van die dag of nag in. Hulle moet dalk daarna kyk. Jy as inwoner Dink jy slaap vylig maar die wag slaap dalk net so lekker. Ek het jare terug by ‘n sekuriteits firma gewerk en die reaksie beamptes moes alewig wagte gaan wakker maak op hulle poste. Die buurt is vyliger as meste ander in die dorp seker maar daar kan nogsteeds kriminele elemente deur glip.

Gus.Dry ·

Daar gaan eenvoudig nie n dag verby sonder n berig van moord erens in die land nie..en dit gaan net toeneem .

Pieter ·

Nella,
Weet nie wie Oom Willie is nie. Is net ‘n ander inwoner van Naboom – nie in daardie buurt nie.
Of hy ‘n eiendomsagent is, sal net hy weet….
MAAR….
dit wat hy geskryf het oor sy buurt is waar! Dis hoe dit in die meeste buurte van Naboom is. Ons kyk na mekaar.
Dus!!!!
Moet nie sulke kommentaar lewer oor mense en situasies as jy dit nie ken nie.
Hou jou gal vir jou huis en vriende.
Hier sit ons met ‘n situasie en het jou poletieke snedigheid op mense wat jy nie ken nie, nie nodig nie.
Asb. Gedra julle! EN HOU BY DIE FEITE!
As jy nie konstruktief kan wees nie. Bly stil oor my dorp en sy mense wat op die oomblik deur ‘n tragedie getref is.

BOER ·

Wens net ons word almal kollektoef aangeval in ons woonbuurte en werkplek sodat ons n gewapende opstand kan he. Dis hoogtyd….

Johann Marx ·

Boer? Hoekom wag tot jy “kollektief” aangeval word? En as dit nooit gebeur nie? Dan gaan jy sit en wag tot ons almal “selektief” uitgehaal is in hierdie lae-intensiteit guerrilla oorlog wat tans besig is om die blanke bevolking teen ‘n onstellende tempo te verminder? Word wakker tjoppertjie….jy is moontlik volgende, en wat dan?

Jo-Anne Olivier ·

Die feit dat daar geen teken van inbraak was en dat sy bedek is met n handoek en ‘n mat sê vir my die slagoffer het haar aavaller geken en baie goed ook, hulle het dalk skuldig gevoel na die tyd en haar toe gegooi. Ook sy is verwurg wat my laat dink dit mag dalk ‘n “crime of passion” wees, verskoon die engels. Ek dink die moord is vooraf beplan. Ek bly self in Naboom en die persoon wat my eers vertel het van die moord het ook gesê haar familie wou hê sy moes na hulle toe getrek het in Tzaneen. Ek gaan hierdie storie fyn dophou, ek hoop dit word spoedig opgelos. My gebede gaan uit na haar familie en vriende. Rus in Vrede Tannie.

Peet J ·

Genade om ‘n weerlose vrou van 77 jaar te verwurg en diefstal is nie eers betrokke nie, maar na die daad word respek aan die lyk betoon laat my dink dat ‘n finansiele situasie hier betrokke mag wees. M.a.w. die dood moes die deurslaggewende faktor wees.

OBJEKTIEF ·

Sekuriteit en veiligheid? Alarm monitering huise en perseel gebied? Besoekersevaluering? Werkersidentiteit? SAP klarings? Tydskedules van werkers en besoekers?
Slegs enkele aspekte om te deel. Verskeie inbrake en diefstalle het die afgelope tyd in Mookgophong en omliggende oorde / aftreeoorde plaasgevind. Die kwaliteit van sekuriteits en veiligheidstoepassings en standaarde / grade van beskerming is so wyd soos die heer se genade. So uiteenlopend ge-interpriteer. Bemarking van die “beste” maatrëels deur eienaars en ontwikkelaars word nie met die nodige deursigtigheid / integriteit gedoen nie. Duur en instandhouding deur kundiges en instandhoudingskontrakte nie na wense nie.

Oud inwoner ·

As jy praat van Gholf park is dit al die jare die swakste sekuriteit stelsel wat ek nog in my lewe gesien het Dit is pateties Oud inwoner

Oud inwoner ·

Swakste sekuriteit stelsel nog ooit gesien Gee mense vals hoop en skep vals gevoel van sekuriteit

Oom Willie ·

Ai, tog, die onkunde en die bevooroordeeldheid! Gholfpark is ‘n doodgewone woonbuurt, m.a.w. die strate behoort aan die munisipaliteit, m.a.w. jy mag nie iemand verhoed om daarop te loop of te ry nie, m.a.w. jy mag nie ‘n hek of iets soortgelyk opsit om mense uit te hou nie. Daar is nie so-iets soos ‘n volmaakte veiligheidstelsel nie, maar om in ons buurt vir soveel jaar sonder ‘n misdaad te gaan terwyl ons eintlik bitter min binne die wet mag doen, spreek boekdele vir die stappe wat ons wel gedoen het, en waarvoor baie van ons elke maand vrywilliglik betaal en ander nie. O, en terloops, die Oom is nie ‘n eiendoms-agent nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.