Hazel Huggins, ʼn 85-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, se liggaam is Vrydagoggend in haar huis in die aftreeoord Kruger Gardens in Summerstrand aangetref.
Ao. Alwin Labans, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Huggins se liggaam is om 07:30 deur ʼn verpleegster aangetref nadat Huggins nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie.
“Inligting is nog skaars, en die polisie is op die toneel om dit te ondersoek. Ons vermoed sy is ná middernag vermoor,” het Labans gesê. Hy het gesê Huggins het op die vloer gelê en was vasgebind. Haar huis is geplunder.
“Die oorsaak van haar dood is in hierdie stadium nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Dit is ook nie bekend hoeveel mense in die aanval betrokke was nie, en of enigiets gesteel is nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. Ons versoek enigiemand met meer inligting om die polisie by 08600 10111 te bel,” het hy bygevoeg.
Ken Keen, die uitvoerende hoof van die organisasie wat die aftreeoord bestuur, het ʼn kennisgewing aan inwoners van die oord gestuur wat sê dat Huggins deur die loop van die aand aangeval is. Hy het gesê die organisasie is daartoe verbind om te doen wat nodig is om hul inwoners te beskerm.
Hierdie moord spreek nie veel van hulle sekuriteit nie. Die mense betaal ten duurste om in die verskillende aftreeoorde te bly.
Soos n odometer van n motor aantik kantel die slagoffers onverpoosd voort. Km na km en liggaam na liggaam. Besaai van lyke le die pad na agter, maar steeds sit niemand aan regeringskant regop en neem kennis nie.
Wanneer hou dit op? Hoe lank gaan ons net sit en mor? Die regering gaan vir ons niks doen weens gebrek aan belangstelling en ontkenning dat blankes uitgemoor word. Dit is so hartseer om te lees dat nog ‘n persoon vermoor is, nog ‘n persoon wat nie eers ‘n vlieg leed sou aandoen nie.
Jip Veronica. Iewers gaan hierdie ding oorspoel. Kos n klein vonkie na aan die kruitvat. As jy my vra is dit presies waarop die regering vd dag hoop.
Speel dinge met apokliptiese gevolge hom af, gaan hul doodeenvoudig die rol van reine onskuld speel.
Hierdie moord is so ongevraagd en kommerwekkend! Is daar dan nie hoe sekuriteit by die aftreeoorde nie? Dit maak my onrustig, aangesien ek op die punt is om aansoek te doen tot een van hierdie aftreeoorde in Port Elizabeth en sal dit verwelkom as die beheerliggaam van ‘n oord meer inligting kan verksaf!! Gaan woon ‘n ouer persoon dan nie daar, juis om meer veiligheidsredes nie?
Shoe dit is moeilik om te sien hoeveel van ons mense vermoor word. Mag die Here almal in SA beskerm teen die moordenaars!
Ongelukkig is niemand maak nie saak watter ouderdom enige plek in ons land meer veilig nie.
Dis maar ons elekeen se plig om so veilig en paraat moontlik te wees waar ons loop en leef.Totdat ons regstelsel nie verander sal dit nie verander nie.
Plaas jul vetroue in die regte mense sodat ons vir mekaar kan bystaan en onthou die booswigte hou hulle soft targets se patrone dop.verander roetines gereeld en wees erg veiligheids bewus.gebruik die nodige hulpmiddels tot beskikking selfone genoeg beligting ens.Vr araad by kenners in die gebied onthou meestal booswigte beweeg snags>