Bejaarde in plas bloed gevind

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

ʼn Bejaarde man is Maandagoggend in ʼn plas bloed in sy huis in Pellissier, Bloemfontein, aangetref nadat hy vermoedelik reeds Vrydag vermoor is.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê Hendrik Knoetze (73) se buurman het omstreeks 09:00 op sy liggaam in die kombuis afgekom. Knoetze se hande en voete is met toue vasgebind en hy het verskeie oop wonde agter aan sy kop gehad, het Marope gesê.

“Volgens die buurman het hy Knoetze Vrydag laas lewend gesien en die vermoede bestaan dus dat hy reeds Vrydag vermoor is,” het Marope gesê. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die datum en presiese oorsaak van die dood vas te stel.”

Marope het gesê die kombuisdeur was glo toe, maar nie gesluit nie. Die polisie vermoed dat Knoetze moontlik tydens ʼn rooftog vermoor is, omdat die inhoud van die huis heeltemal omgekeer is. “In dié stadium kan ons nog nie bevestig of daar enigiets gesteel is nie, maar dit blyk wel dat daar ʼn rooftog was,” het hy gesê. Knoetze het glo alleen gewoon.

“ʼn Saak van moord word tans ondersoek, maar die moontlikheid bestaan dat bykomende aanklagte in ʼn latere stadium bygevoeg kan word namate die ondersoek vorder. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Marope gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om ao. Khaile Mathibela, die ondersoekbeampte, by 082 779 8868 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

Hoe vreeslik tragies. Alleen. Nog deel van die siek statistiek van reeksmoord in Suid-Afrika.

marianne ·

My innige simpatie met Meneer Knoetze se vriende en naasbestaandes. Waarom ‘n weerlose ou oom vermoor? bind hom vas en steel – maar spaar sy lewe!
Ek hoop ‘n nuwe party kom aan bewind en die nuwe President bring die doodstraf terug. Geen mens mag die lewe van ‘n ander vat nie. Dis barbaars!!!!

Eugene ·

Tragies! Ai as dit net wil ophou! Kan hulle nie maar liewers net roof en klaarkry nie!

Ann ·

Ons hoor elke week van moord maar reageer as of dit heel normaal is.Dit is heel aanvaarbaar. Die kerke het nie veel te sê nie. Die politisie is min gepla!!!

Donovan ·

Ai Ann sal die mensdom dit kan hanteer wat die kerk te se het oor die gemors in ons land… of gaan die publiek wat nie wedergebore Christene is die kerk weer veroordeel…

Lida ·

Ann wat wil jy he moet die kerke se? Hulle is net so kwesbaar

Kiepie ·

So hartseer. Dit is net ‘n lafaard wat ‘n bejaarde persoon aanval en vermoor of selfs net aanrand.

Juan Olivier ·

Dis heel duidelik dat hulle nie net gegaan hom om te steel nie.

KP ·

Die blankes in hierdie land is in n oorlog met terroriste en sal hulleself moet beskerm. Die doodstraf gaan nie teruggebring word nie, en ons kan ook nie op enige poletieke leier of die polisie staat maak nie.

Lida ·

Ek stem saam met die dood straf, maar die regering kan nie vir ons almal n lyfwag voorsien nie, maar die SAPD kan meer sigbaar wees en die plase meer besoek..

Esmay ·

KP dis waar. Niks gaan gedoen word in hierdie land nie. Niemand gaan kom om te help nie. So, beveilig jouself en jou familie. Wees wakker want hier is n oorlog aan die gang!!!

Traan traan traan ·

So dubbele hartseer, dat jy so moes sterf Oom en dat niemand jou gemis het nie, sad sad sad.

oordeel ·

Baie hartseer. Mens moet maar versigtig wees om te vinnig kommentaar te lewer. Die Oom is ‘n oujoungkêrel wie se familie almal in PE woon. Weet vir ‘n feit dat hulle gereeld kontak het en hom ook gereeld besoek het. Sterkte aan sy 2 susters en hulle kinders wat regtig kwaai getraumatiseerd is deur alles. Nie net het hulle ‘n geliefde verloor, maar dan nog op so geweldadige manier. Oom Hendrik nooit eers vlieg doodgemaak.

Traan traan traan ·

Oordeel, dit bly hartseer dat niemand hierdie goeie Oom vir 2 dae nie gemis het! Ek oordeel nie sy susters, dit is moeilik as jy ver bly, dit is net baie sad!

Leon Pit ·

Sê ek ook staan sterk en voorbereid. Bewapen jou self op jou eie manier anders kan jy die volgende slagoffer wees. Hierdie barbare voel vir jou lewe niks en die regering nog minder.

Lance ·

Wetstoepassing is nie meer n afskrikmiddel nie so mense doen dit want hulle kom maklik weg om te roof en te moor …en as hulle gevang word dan reel hulle met die hofverskyning n ontsnapping …soos ons al so baie gesien gebeur het.

Hannes ·

Nog n’ dag nog n’ moord nog n’keer om iets te se’ en min word gedoen om dit te keer,my meegevoel met die familie en friende,dit was weereens so onnodig,ons mag nie oordeel nie God sal oordeel,rus in vrede oom,ons moet net mekaar help,bystaan en alyd waak teen die bose

Jeanne ·

En so ‘aanvaar’ ons maar net in stilswye nog ‘n moord, as ek na die name kyk wie vermoor word, sien ek dit nie eers in ander koerante nie, dit is maar net ‘nog een’ ..’ nog statistiek’ .. baie sterkte aan sy naasbestaandes, mag die Here julle vertroos!

m ·

Hierdie sinnelose moorde op blankes in hierdie land begin belaglik te raak. Wit lewens is ook belangrik in hierdie land. Duidelik word die teendeel elke dag bewys. Hoop hierdie arme man se moordenaars word baie gou gekry en vir altyd toegesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.