Bejaarde in Stellenbosch-huis vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie is tans op die toneel waar ʼn 80-jarige vrou dood in haar huis in Paradyskloof in Stellenbosch gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord, maar kon nie onmiddellik veel meer inligting bekendmaak nie. Hy wou ook nie kommentaar lewer oor bewerings dat die vrou met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is nie.

Die vrou se liggaam is glo omstreeks 12:30 gevind. Dit is nog nie duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.

“Ons lede is steeds op die toneel besig met hul ondersoek. Enigiemand met meer inligting oor hierdie voorval, word versoek om Crime Stop op 08600 10111 of die Stellenbosch-polisiestasie te kontak,” het Van Wyk gesê.

Die oorledene se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

j brits ·

Ons leiers moet daarop aandring dat die doodstraf weer inwerkimg tree

Paul ·

En dan, J Brits, wanneer jy gearresteer word in ‘n situasie waar onbekwame polisie die ondersoek doen en ‘n bevooroordeelde regter jou vonnis tot die doodstraf, wat dan?

Aster ·

Ek stem Paul. Hulle sal nie die doodstraf reg implimenteer en handhaaf nie en sal dit gebruik om van ons ontslae te raak.

Koekie ·

Ons kan alreeds sien hoe selektief die “rassis” uitsprake verloop tot dusver. Wil ons regtig die doodstraf terugbring? Onder ‘n regverdige bestel, ja, maar ek sou dit nie tans wou afdwing nie.

snoefie ·

wonder ek ook Paul. jouself en joune beskerm en word dan die doodstraf opgelê. as jy n wit slagoffer is JC het jy geen regte nie.

Oggendkoffie ·

AG J BRITS ek wens julle wil wakkerword met julle DOODSTRAF wense. Die man wat vandag vir ‘n jagongeluk in die tronk is sou MORE gehang gewees het deur ons huidige regstelsel. Regter Motata wat bv rassistiese uitsprake gemaak het EN dronk in ‘n motor gevind is, is steeds op langverlof waartydens hy sy volle salaris ontvang. Wil jy graag hê dat ‘n dronk, rassistise regter jou vonnis omdat jy ‘n ou in ‘n doodskis gedruk het? Soos Rassisme tans net eensydiglik aangespreek word, sal die DOODSTRAF ook eensydiglik toegepas word. WORD TOG NET WAKKER

JC ·

Paul, indien ‘n onbekwame poliesman die ondersoek doen sal die saak uitgegooi word…
Ek self is al moeg vir oproepe vir die “terugbring” van die doodstraf.
Sekerlik behoort mense mos nou al te weet die doodstraf is ontoelaatbaar ig. die Grondwet, soos bevestig in S v Makwanyane- reg op lewe- Terloops, ek wonder waar is die slagoffers van moorde, se “reg op lewe”? Wat ‘n hengse grap!!

Alida ·

Liewe Here laat hierdie grusame moorde net ophou. Dit is n skrikbewind!

Claudia ·

Die wat so vermoor word, het n huis in die Hemel. Die moordenaars… Hul het n ander plek. Shalom!!!

MissDemeanor ·

Jis dit is verskriklik. Dit is so n spesiale ding om vir 80 jaar te leef. En dan word sy vermoor!

AL ·

Watter menslike afval vermoor n bejaarde ? Is jy so n groot lafaard dat jy dink n 80 jarige gaan tewstand bied!

Louise ·

Net lafaards wat ou mense teiken en plaasboere wat eenkant sit en al hierdie moorde is sinneloos… want meestal steel hul maar min goed. Kan my nie anders laat wonder of dit maar net n opsetlike manier is om van wittes ontslae te raak nie..
Maar ZUMA ….jy SAL antwoorde gee as een van my mense so wreed vermoor word. Jy sit met meer as genoeg lyfwagte om jou te beskerm.. maar ek SAL vra waar is my mense se beskerming!!! DiT is my REG as n SA burger om orals te gaan sonder om bang te wees vir enige aanvalle…verkragting…moord ens ens
Hy sal moet vinnig n plan moet maak. Burgeroorlog is nie meer ver soos dit in SA aangaan nie en dit sal alles op hul gewete wees.

danie ·

dit het net 300m van my ouerhuis gebeur. waar was die sekuriteit ? sit kameras by elke ingang van die buurt – en ook binne die buurt op ‘n sleepa wat rondbeweeg word. stel ‘n ops-kamer op waar daar 24uur bewaking is. wagte in waghuise by die ingange wat rondlopers vra waarheen hul op pad is en na wie. As hy nie kan antwoord nie, vervoer hom uit die buurt

Johan Kote ·

Wat my onvergenoeg maak is dat die gene wat so teen die doodstraf is het meestal geen probleem met aborsie, self tydens geboorte (partial birth abortion), of om soldate na ‘n oorlog te stuur. Wonder net????

Grassie ·

Johan – ek glo nie die mense wat op hierdie blad kommentaar lewer is uit beginsel teen die doodstraf gekant nie. Dit is net dat ‘n mens nie die reg om dood te maak in die hande van ‘n onbevoegde, korrupte regering wil sien nie.

Uh uh ·

Ons het ‘n probleem teen die ONSKULDIGE toekenning van die doodstraf in SA. Jy sien self hoe word rassisme hanteer, die doodstraf gaan ook eensydiglik toegepas word. Wittes gaan swaai en anderkleuriges gaan terug strate toe.

Jaco ·

Hoe vermoor jy n weerlose 80 jarige dame? Ek het net nie meer woorde nie, ons volk beleef een van sy donkerste oomblike ooit!

Estelle ·

Eerstens weereens my innige meegevoel aan die tannie se naasbestaandes. Jul is in my gebede soos ook vir talle ander. n Mens wonder waarom die bejaardes nog alleen bly? n Tannie van 96 wat soos n moeder is vir ons, woon ook in Stellenbosch vir jare al in haar eie huis(nog een van die oudste huise) Haar seun het by haar gewoon voor sy afsterwe n paar jaar gelede. Sy was tot onlangs alleen in haar huis totdat ons seun by haar gaan woon het. My man en haar kinders het haar al probeer oorreed om na n aftree oord te gaan maar sy weier omdat sy gelukkig is in haar eie huis waar sy nog in die tuin werk en kook vir die sopkombuis. Sy het op n plaas groot geword en is nog baie aktief. Nou kan n mens verstaan waarom hierdie mense in hul eie huise waarin hul vir al die jare al woon wil bly. Dit is nie lekker om vir waarvoor jy so hard gewerk het als net so op te gee nie. Sy het n alarm, diefwerings, interkom asook n paniekknoppie toestel om haar nek wat haar verbind met haar vriendinne asook die sekuriteit. Dit kos baie vir al hierdie veiligheidbenodighede maar dit is die moeite werd. Die buurt waarin sy bly word ook dag en nag gepatroleer.

Alida ·

Ons as mense is almal oppad. Stof tot stof. Die verskil is net dat mens aanvaar as jy n geliefde verloor aan natuurlike oorsake maar die Here alleen weet hoe gee jy jou kind, ma, of ouma of wie ookal af op so n wrede barbaarse manier. Mens kan nie! Waar kry mens krag?

AZ ·

Alida, ek het dieselfde vrede gekry oor my pa se moord. Elkeen se “gaan” is klaar bepaal maar glo my, dit knaag maar aan ‘n my op sekere dae. Veral nou weer met die jongste moord.

Estelle ·

Maroela ek het n boodskap gestuur nadat ek bepalings en voorwaardes gelees het en kommentaar gestuur het maar dit het nie deurgegaan nie. dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Party keer gaan my boodskappe deur en ander kere nie. Waarom gebeur dit?

Mariné Lourens ·

Dagsê Estelle

Dankie vir jou terugvoer. Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

Catryn ·

‘n Soewereine gebied, Selfbeskikking / Self-determination is ons enigste opsie, waar ons onsself kan regeer, eie wette maak, immigrasie beheer, weermag en polisie om ons te beskerm – niemand gee tans om wat van ons word nie…. volgens sommiges word daar maar net gesimpatiseer, terwyl ons ‘n internasionale reg tot selfbeskikking het.

Liesbet ·

Begin sommer eerste die huiswerker, tuinwerker en sekuriteitswagte ondervra.

sussie ·

liesbet jy praat waar woorde,ek bet jou al hierdie moorde.inside info.,mense wil nie hoor nie,kyk nou daai vier mense wat so koelbloedig op plaas vermoor is,vemoede is dat een van die moordenaars vir hulle gewerk het,MENSE ASB RAAK ONTSLAE VAN TUINWERKERS EN HUISHULPE ASB!!!!!!!!!!!!!!

Rina ·

Ons is boere en sou normaalweg nog gemaklik vir tien tot 15 jr onafhanklik kon boer – sonder finansiele verpligting vir staat en gewasse en gehalte diere verkoop wat kos vir die land lewer. Weens erge arbeidsdrama (hieroor kan ek boeke skryf!) en moorde tans op plase, het ek en my man besluit om alles te verkoop – ek het my lus vir plaaslewe verloor – jy bou op en gaan groot onkostes aan om dit vir jou nageslag te los…….! sien mens werklik kans nou daarvoor? Ek weier dat my kinders en kleinkinders met hierdie vrese gekonfronteer word en moorde en aanvalle steek oraloor kop uit – sommer maand gelede baie na-aan ons! Watter mens wil so sterf? My hart gaan uit na boere, want glo my die uitdagings rondom arbeid maak jou gek en jy verloor al die pad!

Elsa ·

Dis geweldig belangrik dat menses ook besef HULLE MOET BINNE HUL HUIS BLY wanneer hulle iets buite hul huis hoor. Druk die alarm, bel sekuriteit, maar moenie uit gaan en ondersoek instel. Eerstens maak jy jou huis oop, jy is nie bevoeg om enige iemand aan te vat nie, want hulle kom met slegte bedoelinge. Wanneer jy siek is bel jy die dokter, as jy in gevaar is bel sekuriteit. Dis immers waarvoor jy betaal. Moenie jouself in gevaar stel, jou (en ander in jou huis) weerloos stel of dink jy is opgewasse teen sulke mense.

Lise ·

@Elsa, hierdie tannie was binne-in haar huis. Sy is vermoor gevind waar sy in ‘n stoel sit. Ons het die volste reg om rond te beweeg waar ons wil en wanneer ons wil.

AZ ·

Lise, stem saam. My pa is ook in sy huisie (aftreeplekkie) op sy bank voor sy tv vermoor. Vir net ‘n paar artikels. ‘n lewe is NIKS werd nie.

Wouter ·

Stellenbosch het so agteruit gegaan. Alles het verswak in die dorp. Vuil en inbrake aan die orde van die dag.

Geelspeek ·

ALWEER NIKS GESTEEL NIE, net ‘n RASSISTIESE moord op ‘n oumens. So wreed hierdie goed, maar die wereld sien niks, die regering gee niks om nie en die polisie ‘ondersoek’ maar net die saak, en sit nog ‘n naam op die lys van vermoorde BLANKES. Ons sien mos nou op FB dat hulle juig oor elke blanke wat doodgaan. Wel wel .. moenie vir Dineo miskyk nie .. Die natuurrampe kom saai nie verniet vernietiging nie …

Jane ·

Of ons blankes dit wil doen of nie, ons MOET begin kyk na ons oumense. Die swartmense kyk na hulle ouers, ons is te ghrend, ons ouers bly alleen in hulle huise, soms nog alleen op plase of plotte en ander word in klein plekkies ingedruk net sodat ons ontslae van hulle kan wees. Soveel sake oor die mishandeling van oumense het al daaruit voortgespruit sowel as honderde moorde. Jou ma kry ‘n tuinwerker, iemand om te help meubels skuif of huiswerk doen, more word sy vermoor. Voel ons almal dieselfde oor ons ouers .. natuurlik nie .. maar jy kan besluit of hulle LEWE vir jou dit werd is.

Estelle ·

Goeie more Marine(Maroela media)

Baie dankie vir terugvoering i.v.m. met navrae omtrent plasing van my boodskap. Ek is altyd te haastig.

Mooi dag vir u almal

Linda ·

Die oorlewende is Marie Verwey, 80 jaar oud, eienaar van die Villa Merwe Gastehuis !

Herman ·

Diegene wat so geredelik ‘n koortjie vorm teen die doodstraf, watter oplossing het julle aan te bied om hierdie barbaarse moorde aan bande te slaan? Julle teem oor mense wat dit graag heringestel wil sien al weet ons almal dit gaan nie gebeur nie, maar self swyg julle oor hoe daar wettig ‘n manier gevind kan word om die moordenaars af te skrik. Wat stel julle voor? Dat ons maar gewillig elkeen ons beurt in dawerende stilte moet afwag tot hulle toeslaan?

Estelle ·

Linda jy het seker n foutjie gemaak. Dit moet wees oorledene en nie oorlewende nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.