Bejaarde in Stellenbosch vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof nadat die liggaam van ʼn 86-jarige man Dinsdag in sy huis in Stellenbosch aangetref is.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ʼn 26-jarige man is reeds in verband met die moord in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Sy wou nie meer inligting oor die voorval gee of die slagoffer se naam bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Braam ·

Niks nuuts, ons raak gewoond daaraan, miskien moet iemand iets begin doen?

Sus ·

Ek het al baie gereis en tot die gevolgtrekking gekom ons volkie is maklik die mees afhanklikste van bediendes, binne en buite die huis. Ek het toe ‘n besluit geneem: solank ek kan sal ek al my huis- en tuinwerk self doen. Geen vreemde oë en hande in my privaatheid nie, dankie!

Kiepie ·

Ek’s al 4 jaar sonder n tuinier. Het nog nooit n bediende gehad nie. Jy is so reg! Hoe minder hulle van my en my besittings weet, hoe beter.

Realis ·

Amen Sus. Tyd dat meer blankes dit doen. Ongelukkig is ons ou volkie te gewoond aan hulpe en te gemaklik om hulle op te se.

sarie van heerden ·

As jong studente het ons jare gelede in die VSA in ‘n 3 slaapkamerhuis gewoon. Geld vir huiswerkers was daar nie maar ek het ook gesien dat mense om ons sowel as ons Amerikaanse vriende is nie behep daarmee om elke dag die HELE huis skoon te maak nie. Net een vertrek per dag. Vertrek vir vertrek, dag na dag. En dit werk! En dan HOEF jy nie ‘n huisskoonmaker aan te hou en jou blootstel aan ongewensde karakters wat jou vermink of vermoor omdat jy oud en moontlik sieklik is nie.

charmaine ·

Shame n ou persoon van 86 hoekom? Op hierdie ouderdom kan hulle, hulle nie eers self verdedig nie. Die ander ding wat in my kop op kom as ek sien ou mense word vermoor dan wonder ek altyd waar is die kinders van hierdie ou mense, want die afgelope paar maande hoor jy die kinders vermoor die ouers. Soos die 2 mense wat in Hennopsrivier gekry is. November die ou tannie ook in haar 80’s wat deur haar seun en die se vriendin vermoor is. Ek raak so hartseer oor sulke goed. My ma is 14jaar dood en ek dink elke dag aan haar en wens sy kon nog hier gewees het.

Yvonne ·

Jy is reg Sus. Ek is nou al ook n ‘ou’mens maar doen al baie jare my eie huiswerk ten spyte van n veeleisende beroep. Dit het my n rukkie geneem om almal in die huis te leer om agter hulleself op te ruim….maak die bad skoon, was die koppie en teelepel, vee die krummels op en nie af op die vloer, ens., ens. Ek het iemand wat eenmaal n maand inkom om die regtig moeilike goed vir my te doen omdat ek ietwat van n gesondheidskwessie het maar dan is ons almal tuis. Ek doen ook my eie tuinwerk wat n baie produktiewe groentetuintjie insluit. Die geheim is om dinge nie te laat ophoop nie, almal spesifieke take te gee (vertrekke vir skoonmaak word volgens n rooster geroteer) en lekker musiek aan te sit terwyl jy werk!

Annamarie Zeelie ·

Hi Charmaine en die res van die res. Ek’s die vermoorde se dogter en ek kan julle die versekering gee dat sy kinders hom nie vermoor het nie. Ons, kinders en kleinkinders, kry swaar onder die onsinninge daad wat gepleeg is. Dink maar 2 keer voordat julle kommentaar lewer. (en so tussen hakkies hy het geen huishulpe of ‘n tuinman gehad nie)

Maggie van Zyl ·

Sterkte Annemarie… my 86 jarige Moeder is 3 weke gelede oorlede a.g.v. ‘n motorongeluk, en dit is ‘n rou seer. Maar om jou naastes op so manier te verloor…. Hoop julle kan eendag ‘n vorm van berusting vind :-(

Sarie 2 ·

Annemarie; my innige simpatie met jul groot verlies. Ons bejaardes is beslis ‘n teiken vir, veral die jonges wat niè werk nie, & waarvan die oorgrote meerderheid een of ander dwelm-middel gebruik. Hul ouers kan hul nie beheer nie & hulle roof & moor mèèsal, om die dwelms te kan bekom…

Sarie 2 ·

Ek is bejaard & loop moeilik. Gebruik ‘n 3-wiel loophulp wanneer ek die huis verlaat, maar loop sonder hom tuis. Dit is nie net moeilik nie, dit lyk baie sleg, want ek lyk behoorlik soos ‘n sekel. Ek sukkel noual vir die afgelope, byna 17jr sò aan, & doen steeds àlles self. Huis, tuin, wasgoed, die “toetie” !! Kry vir die afgelope 3mnde elke 2de week ‘n huishulp op aandrang van my huisarts, vanweë die erge rugpyn, waarmee ek sedert diè ongeluk saamleef, maar wat noù nòòit skiet gee nie… Ek probeer vir so lank moontlik onafhanklik bly & vrees die dag dat ek my huis sal moet verkoop & my 2 hondekinders sal moet laat gaan… Gelukkig woon ek in ‘n meenthuis, wat dit bietjie veiliger maak…

Liewe lulu ·

Beide ek en my suster woon op n plaas. Moeder 81jr woon in dorp. Sy weier om by een van ons te bly, want di kinders irriteer haar. Sy wil nie ouetehuis toe gaan want bla bla bla. Dus 1 keer per week gaan maak ek en sus haar huis van hoek tot kant skoon asook haar wasgoed. Naweke maak ons mans die tuin skoon. Dit is al wat ons kan doen om haar te help

Jacoba ·

Annemarie jammer om van jul Groot verlies te hoor vernaam op so ‘n onnodige manier. Antwoorde sal ons op vrae nie kry maar aanvaarding Alleen met die ALMAGTIGE se LIEFDE ens. HY sal elkeen oordeel volgens sy oorteedinge. sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.