Bejaarde in woonstel vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 90-jarige vrou is dood aangetref in haar woonstel in Vanderbijlpark, Gauteng.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou se dogter het kort voor 19:00 Sondag op haar ma se liggaam afgekom en paramedici ontbied.

“Paramedici het die bejaarde vrou ondersoek en verskeie steekwonde aan haar lyf gevind. Paramedici kon niks meer vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê die polisie is na die toneel ontbied en het daar aangekom terwyl paramedici ook steeds op die toneel was. Die polisie ondersoek die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Selfbeskikking ·

Hierdie land en sy massas het geen moraliteit nie, kyk maar, dit gaan nie eers in ander media verskein nie. Ons moet onderhandel vir eie land want ons waardessisteme bots heeltemal en sal nooit versoenbaar Kan wees nie want Ek sal nooit die uitmoor en marteling van bejaardes ignoreer nie.

snoefie ·

dit terwyl die voornemende president dlamini zuma in die media skree vir meer banke in swart besit.

trevor ·

dit is nie woonstel nie. dit is kamer. dit is nie goedkoper plek nie. ek woon daar. ek kuier my familie. dit is vir my groot skok om te hoor van oumatjie van 90 jaar oud met 9 keer gesteek. uitwei wat is die plek se naam

Elize ·

RIV oumatjie gaan jou mis as ons vir my ma gaan kuier. Jy was ‘n sagte teiken met die feit dat jy 90% blind was.

Liza ·

Genoeg is genoeg, hoe veel van ons mense gaan nog daardie pad stap, so word ons een vir een uitgemoor, want dit is mos wat hulle wil he, Julius Malema het mos die pinkie gegee en nou gryp hulle elke moontlike kans aan om ons te vermoor……

S ·

Kyk asb vanaand om 19h00 – Angus Buchan – DSTV 343. Die diens handel oor vrede en samehorigheid van die inwoners van SA.

Tiaan ·

Ongelukkig kom die vrede en samehorigheid net van een kant af

erica ·

elke dag as ek die nuus lees lees jy van blankes wat vermoor word .waneer gaan die sinlose moorde op ons mense stop .waar is die da vir wie ons gestem het om ons te beskermer.wat word daar vir ons mense gedoen om ons veiligheid te verseker .ons is weerloos in die land ,want niemand wil die blankes beskerm nie.nie eens ons eie partye sal op staan en se die wittes word sinloos uitgemoor nie.dit moet stop in vaders naam ,iemand moet ingryp.

Swartluiperd ·

Dis makliker om oumense te tackle hul is weerloos. Ek is ook al in my 75s en is teleurgesteld in my mede Afrikaners, ons het julle jongmanne geleer om beskermend te wees, om S.A vorentoe te vat ekonomie te bevorder jou medemens te ondersteun en oumense te respekteer. Toe ons jonk was het ons alles in ons as mens gedoen om S.A n paradys te probeer omskep. En nou wat is jul so slapgat voor doen iets daaromtrent, want ek sou as ek nog jonk ennnn gesond was. Ek en al my oumense in hierdie land is bang vir elke minuut van ons oudword lewetjie en defnitief sien ons nie kans om so wreedaardig vermoor te word nie, ek wonder of julle na so n oudwordlewe uitsien BANG EN VREES VIR NETNOU

Marius ·

Nee swartluiperd jy is verkeerd jy het ‘n lekker lewe gehad in die apartheid ,toe gee die president vir wie jy gestem het ons land weg.Nou wil jy ons jong mense die skuld gee jy is heeltemak verkeerd.Gaan vra die een vir wie jy gestem het en ons land vir hulle gegee het om reg te maak.En swartluiperd jy het niks gedoen toe jy jonk was kyk waar sit ons vandag.Ek het baie respek vir ouer mense maar dan respekteer ons en kry oom se feite reg.

Regi ·

Terwyl 90% van wittes terugsit en wag vir beter dae, gaan NIKS gebeur nie. Mooi praat help nie en met hul stilswye weet ons ook presies wat die regeerders se agenda is. Die feit dat ons met ‘n lamsakkige opposisie sit, is ook ‘n verdere doodvonnis. As dit nie vir Afriforum, Solidariteit en ander enkeles is nie, dan gebeur hier absoluut niks nie. Vergeet ook om steun in buiteland te kry…hul sit met hul eie moeilikheid en het ook nie juis die vaagste benul van SA se interne probleme nie.

Susan@ ·

Sooo wreed!!! Hoe doen hul dit aan ñ weerlose mens. Mag God intree met satan!!

Ken ·

90 jaar oud……. Watse siek mense het ons in die land…. En so hou dit net aan….

Pierre ·

Miskien moet die boere weer maak soos n helle paar jaar gelede…. Kom BOER bietjie in Pretoria…. Bring julle 4×4’s, stropers, trekkers en swaer voertuie en kom wys bietjie waartoe daardie goed in staat is. Ek glo daar sal n hele paar geboue per ongeluk in die pad staan en baie se oe sal begin rek as die gedreun oorverdowend begin raak en die stofstreep le vir kilometers….

Ampie ·

Dis duidelik dat die regering niks gaan doen aan al die moorde nie. Daar is seker al 20-30 blankes hierdie maand vermoor – deur swartes. Ek stel voor dat Orania en Solidatiteit groep saamwerk om veilige hawens te skep vir bejaardes. Miskien ‘n groot tehuis vir bejaardes in Orania en op ander geselekteerde plekke. Ons moet so gou moontlik begin om plekke te identifiseer waar ons mense in veiligheid kan woon, verkieslik in elke dorp en stad in die land. Iets soos die Groen Lyn wat in Bagdad, Irak bestaan. As jy oor die Groen lyn gaan is dit te gevaarlik maar binne die Groen Lyn is jy veilig. Die boodskap moet wees hier is ons mense veilig.

Theresa B ·

Hoe verskriklik. Om so wonderlike ouderdom te bereik en dan so wreed vermoor te word. Dis ondenkbaar. Wanneer gaan dit ophou?

Amanda ·

Kyk ne dis nog meer as genoeg!! Hule skiet Jo ni meer ni nou steek hule Jo dood sodat hule ni Di moordwapen e moordenaars kan kry ni!! Spreek jy Jo haat teenoor hule uit dan is jy I’d sop!!! Riv ouma!!! So jammer dis nog een wat nog te laat is!!

Magda ·

Dit is verskriklik – maar die mense wat die moord gepleeg het – IS LAFAARDS / COWARDS – want wie vermoor iemand van 90 jaar oud – NET LAFAARDS .

Ouvrou ·

Oom Angus wil bid.!!!! Ons bid almal aaneen, Die waarvoor gebid moet word luister nie na gebede van witmense se God nie. Voorvadergeeste is na wie hulle bid en diè se seker hulle moet witmense uitmoor.

Daan ·

God luister na die opregte gebede van enige mens wat hom verootmoedig en Hom aanroep.

E. Lubbe ·

Oom Swartluiperd, ek het baie swaargekry in die apartheidjare want ons was baie arm en as jy arm was onder die wit, statusbehepte rykes het jy maar afgejtop. Niemand het my as weerlose kind beskerm nie so ek weet hoe die vrees en bekommernis van weerlose bejaardes voel, want ek ken dit om vertrap te word en geen menswaardigheid te hê nie, ek ken die gevoel van vir jou lewe vrees omdat die boelies jou oral inwag. Ek het nog nie stemreg gehad toe die nuwe regering ingestem was nie, ek was nog op skool. Ek is jammer oor dit wat nou met die weerlose mense en diere gebeur, as ek alleen iets kon doen sou ek maar dit sal my in die tronk laat beland. Al kom al die jongmense saam om iets te doen sal dit hulle suur bekom want ons is maar ‘n baie klein minderheid in Afrika. Bejaardes moet net ophou dink hulle leef nog in die apartheidjare, hulle leef nou in die oerwoud waar ons jonges en die selfs die babatjies ook uitgelewer is. Die oerwoud se wette geld nou. Ons is almal uitgelewer maar in die oerwoud is die swakkeres en die maklike teikens ongelukkig eerste prooi.

Johan. H. ·

Skokend.. Ou oom hierbo Wat wil jy he moet ek doen? Ek het n gesin ,Ek gaan nie die land verlaat nie, Maar ons kan nie net wild en wakker skiet nie, Want as ek in die tronk sit(Dis waar hulle ons wil he) Wie gaan na my gesin kyk?? Oom julle moet julself bewapen en dit gebriuk,,Jou ouderdom is al klaar versagtende omstandigheid in n hof,,,,,,,,,

Donovan ·

Mense moet nie verbaas wees as dit dalk iemand wit is wat die tannie vermoor het nie… daardie omgewing is berug vir dwelm misbruikers en ek sal nie verbaas wees as dit dalk n wit druggie is wat die weerlose tannie dood gemaak het nie…

Joker ·

Ons kry nie eers werk nie want ons is wit maar die ou oom wil hê ons moet fight sodat hy in sy gemaksone kan bly. Ons het nie eers hoop of ‘n toekoms nie.

Henning ·

Dis TERRORISME en dit is hoe dit hanteer moet word. Boere moet saam bid en as ons geloof het moet ons opstaan en optrek teen hulle. As ons God se hulp vra hoef ons vir niks bang te wees nie. HY sal ons in oorlog ook beskerm maar dit gaan nie in ons skoot val nie

olie ·

Skande!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! help ons kommentaar of slaan dit alles was teen die plafon.

Gerhard ·

Sonder om na jou bron te verwys is dit bloot ‘n aantyging wat meeste moeilik sal glo.

Simon ·

Aan E. Lubbe,

Ek wil jou graag geluk wens met jou keurige gebruik van Afrikaans. Min mense uit n agtergrond soos wat jy beskryf bereik hierdie vlak van taalvaardigheid.
Ek is gedurig ontsteld as ek die verminking en wanaanwending van Afrikaanse grammatika en spelling op hierdie forum moet aanskou.
Met n houding soos joune oor die gebruik van Afrikaans glo en vertrou ek dat jy groot hoogte gaan bereik.

E. Lubbe ·

Baie dankie vir die vriendelike woorde, ek sal dit onthou.

Pietser ·

Ek weet nie so mooi nie. Uit persoonlike ondervinding het ek al baie beskaafde en hoogs intelligente swart afrikane ontmoet. Ek weet byvoorbeeld dat Zimbabwe se skoolopleiding beter is as SA s’n, hulle doen ook een jaar meer op skool. Die top-student by my nagraadse kursus by UCT was ‘n swart Zimbabwiese vrou, sy was vrek slim.

Quixilver ·

MENSE, gaan lees asb na – na die gevalle in ICELAND waar die ekonomie laat val is binne 2 wekke deur 20-30 vrouens en hulle sukses daarna. asemrowend. Die staat word nou meestal deur vrouens regeer en die bankierre is aangekla en opgesluit. kyknadie dokumentêr “Where to invade next”.

Piet ·

Pietser vandat ek MM lees het ek nog nie een skrywe gesien wat meen dat jy nie iewers slim swart studente kry nie. My vrou gee ook vir swart kinders klas en kan dit beaam dat daar baie slim swart studende is. Om b.v. te se dat Malema dom is, is ver van die waarheid. Ander goed kan hom beter beskryf. Om slegs die statistiek aan te haal waarvan jy hou is soos om slegs die gedeeltes in die bybel te glo waarvan jy hou. Jou statestiek is misleidend en ver van die waarheid. Jy se bv nie hoeveel van die verregse mense wat jy so verag vermoor swart mense nie. Dit sal tog nie help om met jou te stry nie – mens sien mos wat jy wil sien.

Mark ·

Kommentaar is die doel om jou te laat vaar, dit bring die gevoel van “ekt my se gese en.nou voel ek goed”. Wat ek wel kan se is verbind jou aan iemand wat weet hoe om.opte tree in geval van nood. Suid Afrika het tyd, die bietjie ou SADF lede wat tans tussen julle loop is op laaste been om nog weerstand te bied. 6/7 jaar is daar geen blanke oor watvopersioneel of tuinstedelik.kan opereer nie. Ek self praat uit kennis as EX spoorsnyer vir 101/32bataljon en Troep 542! Oom, tanie praat met jou bure konnekteer met sel of kits alarm met bure! Dinge is lelik wees paraat, bid help slegs wie homself help.

Se maar net ·

As hulle so aangaan kan hulle ons ook maar op die endangered species lys sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.