Bejaarde IVP-leier herstel van Covid-19

Mangosuthu Buthelezi. Foto: Bongani Mbatha /African News Agency (ANA)

Die parlementêre leier van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi (91), het herstel van Covid-19.

Dit is sowat twee weke nadat Buthelezi, wat boonop ʼn diabeet is, positief getoets het vir die koronavirus nadat hy kontak gehad het met iemand wat die virus onder lede het.

Buthelezi het egter geen simptome van die virus getoon nie.

“Hy het vandag ’n negatiewe toetsuitslag gekry wat bevestig dat hy nie meer besmet is nie. Sy volledige stel mediese toetse het inderdaad vir ons die volle versekering gegee dat hy gesond is,” het dr. Bhekuyise Ngqengelele Buthelezi, woordvoerder van die familie, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Ngqengelele het verder gesê hy hoop dat die bejaarde politikus se herstel ander families sal bemoedig wat “hierdie vreesaanjaende reis” moet deurmaak.

“Ons was deurentyd bewus daarvan dat sy ouderdom en die bykomende kwesbaarheid vanweë chroniese diabetes hom in groter gevaar geplaas het. Die feit dat hy deur hierdie krisis gekom het, is bemoedigend vir ons almal.”

Buthelezi word later vandeesmaand 92 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Wonder of hy nog Checkers plastiek kruideniersakkesakke vol geprop met geld by die banke gaan inhandig, om in sy rekening in getel te word?

Prikkie ·

Ek is bly hy is weer gesond.

Dit is alom bekend dat hy baie streng op sy dieet is en dit het nou vrugte afgewerp.

Arno ·

Inderdaad goeie nuus…..bly om te hoor die dapper strydos is beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.