Bejaarde Kapenaar vas vir lyk in agterplaas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 79-jarige man van Kaapstad is in hegtenis geneem nadat ʼn lyk en 17 ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in sy agterplaas gevind is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het die Athlone-polisiestasie om 10:00 Vrydag gebel om ʼn poging tot huisbraak by sy huis in Hazendal aan te meld.

“Hy het beweer hy het twee skote afgevuur in die in rigting van die beweerde inbreker, wat daarin kon slaag om te vlug,” het Traut gesê. Toe polisiebeamptes by die huis opdaag, het hulle die man se verklaring afgeneem en beslag gelê op sy vuurwapen.

“Later dieselfde dag het iemand die polisie laat weet dat ʼn liggaam by die man se huis weggesteek word en die polisie is terug na die huis. Die eiendom is deursoek en die liggaam van ʼn 39-jarige man is in die agterplaas gevind, asook 25 vuurwapens en 700 koeëls,” het hy gesê.

Die man het lisensies vir slegs agt van die vuurwapens gehad, het Traut gesê.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van moord, die onwettige besit van 17 vuurwapens en ammunisie asook van dwarsboming van die gereg.

Hy sal Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Jisms…daai “inbreker” het baie vuurwapens saamgebring?

Berhalet Beukes ·

In sekere areas onder andere Hazeldean en omliggende areas sou ek ook ‘n arsenaal aanhou… Bende areas…

Wow? ·

Wow, en niemand dink daaraan dat die lyk geplant kan wees nie?
Hoe weet die ander van die lyk? As hul geweet het, hoekom nie toe die polisie in kennis gestel nie? Eers nadat die SAP daar was.
Klink bietjie dik vir ‘n daalder?

amelia ·

wow stem saam ek dink eerder is geval van wapens wat daar weg gesteek is “Inbreker” wat die wapens wou kom haal en die ou mens op hom geskiet en hoe het person wat polisie gebel het geweet dat person daar dood is nee hiers n slang in die gras

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.