Bejaarde koelbloedig doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Die polisie het die gemeenskap se hulp gevra nadat twee vroue Maandagoggend vroeg op die Oos-Kaapse platteland geskiet en een gesterf het.

Kapt. Namhla Mdleleni, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die aanval het in die nedersetting Lower Didimana, nagenoeg halfpad tussen Tarkastad en Queenstown, gebeur.

Na bewering het twee gewapende mans ʼn woning omstreeks 01:00 binnegegaan en ʼn 55-jarige vrou geskiet, sê Mdleleni. Daarna is hulle na ʼn tweede huis, waar hulle by ʼn naasbestaande van ʼn tweede vrou (70) wou weet waar dié haar bevind.

Toe die bejaarde vrou te voorskyn kom, het hulle haar geskiet. Sy is op die toneel dood. Die aanvallers het toe gevlug, sê Mdleleni.

Die eerste slagoffer is hospitaal toe gebring, waar sy nog behandel word.

Mdleleni sê die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. “Die motief vir dié veragtelike aanvalle is nog onbekend en sal ondersoek word.” Omdat dit donker was, kan die oorlewendes nie die aanvallers beskryf nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigeen met inligting oor die aanval om ao. Richard Fredericks by 082 441 8232 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel. Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Dit het net nie end nie ! Alles is sinnelose dade van geweld ! ? Bid asb. teen die Bose Magte !

t ·

Laat my aan ‘n kinder rympie dink; nooit gedink ons sal dit ooit beleef nie.

Middernag – DF Malherbe

Donker, donker, middernag
Nader kruip die “Bose” mag
ens. ens. (Lees verder op Google)

Anoniem ·

Dis gaan net aan en aan niks word beter nie net erger elke dag .

Katryn ·

Word deur staat gevoer om te bewys nie net blankes word vermoor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.