Bejaarde koster kritiek ná aanval op Zeerust

Argieffoto: RoyBuri / pixabay.com

Toe die kerkklok in die Noordwes-dorpie Zeerust nie Sondagoggend gelui het nie, het dit ʼn gemeentelid na die huis van Jan McDonald gelei waar hy in ʼn kritieke toestand aangetref is.

McDonald (80), ʼn ou bekende inwoner en koster van ʼn plaaslike kerk wat ook elke Sondagoggend die kerkklok lui, is Sondagoggend in sy huis aangetref nadat hy vermoedelik Saterdagnag of vroeg Sondagoggend in sy huis oorval en erg aangerand is.

Karlien Venter, die VF Plus-lid op die dorp, het die nuus van die aanval op sosiale media gedeel en vir gebede gevra. ʼn Onbekende hoeveelheid aanvallers het vermoedelik toegang tot sy huis verkry deur ʼn venster uit te slaan. Hy is in sy bed oorval.

Lt.kol. Adel Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media bevestig die slagoffer het alleen gewoon.

“Toe hy nie vanoggend by die kerk opdaag en oudergewoonte die kerkklok lui nie, het een van die gemeentelede na hom gaan soek en om 08:00 op hom in sy huis afgekom,” het Myburgh gesê.

“Hy is geweldadig aangerand en kritiek beseer. Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie. Dit is ook nie duidelik wat presies gesteel is nie. Sover vasgestel kan word, is die kluis oopgebreek en is daar vuurwapens en ʼn bedrag geld gesteel. Die polisie is nog op die toneel om ondersoek in te stel,” het sy gesê.

Die Zeerust-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Meer sake kan bygevoeg woord namate die ondersoek voortduur.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Drieks ·

ANC, DA en EFF. Jul sal nooit ooit die land kan draai nie, want elke dag word honderde mense deur aanvallers seer gemaak en gedood. Julle arogansie het ons in groot gemors.
Dank vir Cope en Vf + wat nog opstaan teen misdaad.

Michelene Dennill ·

My Pa was die hoster ban die NG Kerk op Paulpietersburg, en is daar in die kerk vermoor in 2005. Sy moordenaars sit langs die kerk maar word nie gevang nie!

Koos ·

EFF? Twyfel of hulle hierby betrokke kan wees. Die NGK het hulle mos onlangs by hulle hoofkantoor gaan besoek.

Daan ·

Waarvan die slagoffers altyd wit sagte teikens is en die aanvallers in die meeste gevalle swart is maar kom ons hou dit maar stil want ons wil ten alle tye polities korrek wees.

Tersia ·

Afgryslik. Ek stem saam, die leiers hits hul volgelinge aan. Dis net ”n weerlose ou wit man .

Han ·

Mag die Almagtige God ingryp in hierdie moorddadige land! Dit kan waaragtig nie so aangaan nie! Hoeveel nog?

Bokka ·

Han die tyd kom ons wag net vir die emmer bloed om om te val.

Anton ·

Sterte aan die oom! As ek n speurder was sou ek heel eerste gewonder het hoe hul van die kluis weet. Tweedens sou ek my hele pensioen verwed het dat daar n huishulp in diens is van die oom. Derdens sou haar familielede en vriende vanaand nog in aanhouding gewees het. Moet NIE n huishulp aanstel nie dit hoort in die verlede.

Geskok ·

Stem saam. Rassehaat is oorsaak van al hierdie aanvalle en natuurlik Malema wat dit aan hits.

Mariet ·

Jan was 81 jaar oud. Hoe siek moet diè wat hom aangeval het nie wees in hulle koppe nie! Siek! Siek! Siek!

ontevrede leser ·

weereens ‘n klomp lafaards, L A F A A R D S, julle is te bang om julle eie portuur en getalle aan te vat, sterkte aan koster en familie, gemeente lede, gebede gaan op vir spoedige herstel

Hanna ·

Ontevrede leser jy kon dit nie beter gestel het nie. Stem saam met jou!

TLC ·

Ek kan nie meer met dit deal nie. Ek breek in stukke. Ek huil ek word kwaad en ek kan niks daaraan doen nie. Asb Onse Vader in die hemel net U kan hier ingryp Amen Sterkte oom mag God jou bewaar

Carlo ·

Nee hell , Suid Afrika is nie meer my land nie dit maak my siek Sies skaam my

Siek en sat ·

Stem saam jyt niks om jou oor te skaam nie. Die mense wat skaam behoort te wees IS SKAAMTELOOS.

Kobus ·

Net voordat ek gekruisig gaan word, wil ek net weet waar was God toe al die Joode in Nazi Duitsland vergas was? Waar was God as jong kinders sterf van hongerte? Dit is net so paar vrae wat ek graag sou wou vrae. En ek is omtrent 100% seker hierdie boodskap gaan nie geplaas word nie.

Gesie ·

Kobus, God was daar. Hy is orals en kyk met groot hartseer toe hoe “mense” met die bose (haat, eie gewin, selfsug) in hul harte kwaad aan ander mense doen. Ons wil God blameer vir al die boosheid in die lewe, maar Hy het die mens ‘n keuse en verstand gegee om te onderskei tussen goed en sleg. Ons kan nie vir ander kies nie, maar kom elkeen van ons kies dat God se liefde vandag deur ons soos ‘n lig in ‘n liefdelose wêreld skyn.

Anton ·

Die onheil in hierdie wereld is die direkte resultaat van mensdom se rebellie teen God. Punt.

Anton ·

Jy is geregtig op die vrae Kobus. Doen navorsing wat God se oor jou vrae. Doen dit met n oop hart sonder voorberade.

Akademi Buktu ·

Kobus, ‘n verstaanbare vraag. Die Skrifte – en dan spesifiek dié gedeeltes wat die onderrig van God bevat – gee nêrens aanduiding van zombiemense sonder enige besluitnemingsvryheid en vermoë nie. Boosheid is die afwesigheid van goeie en Godvresende besluite van mense, net soos duisternis die afwesigheid van lig is. Die lewegewende riglyne en voorskrifte is daar – lees byvoorbeeld Mattheus 5-7. Hoe weeg ek en jy daarteen op? Alledaagse voorbeeld – Toe ek en jy die spoedgrens met ons motors oorskry het – was dit weer eens God se skuld of afwesigheid, of was dit dalk ons eie besluit? Nee Kobus, al die onheilsdade is die gevolg van die mens se misrabele toepassing van sy vrye keuse en besluitnemingsvermoë, wat soveel gedryf word deur selfsug, hebsug en magsug. Of kla ons byvoorbeeld verkeerdelik oor Zuma en die Guptas, terwyl ons eintlik oor God moet kla?

Hanna ·

Kobus wil net vir jou se God is hier. Die duiwel is ook hier ons moet net aan God vashou en elke dag op ons kniee bly!!

Oom Harry ·

Dat mense nog steeds die grootste leuen van die twintigste eeu nl die sogenaamde vergassing van Jode (Khazarre?) in Duitsland , Pole, ens., glo veral in hierdie eeu van doeltreffende kommunikasie, gaan my verstand te bowe. Begin dadelike die nodige internetinligting versamel en lees die boek (deur `n ware Jood ): “Tell the Truth and Shame the Devil” deur Gerard Menuhinom om op anti-propagandistiese wyse en sonder indoktrinasie tot die waarheid te kom. En hou op om God te blameer vir menslike wilsoptredes.

Aai ·

Weereens Julius Malema se wens…onthou sy woorde wat hy gese het…aai,baie sterkte aan die koster vir volkome herstel.

Yankee ·

Kobus. God created mankind and gave them a free will. (Adam and Eve). God will not, and cannot interfere with history, otherwise our free will would effectively cease to exist,

Engela de Klerk ·

Is ek dankbaar ek het my bejaarde ouers uit Suid-Afrika uit. Hierdie aanvalle op brose bejaardes is vir my een te veel. My pa het hierdie man geken. My neef en sy vrou was jare lank sy bure. Die misdaad in Suid-Afrika is afgryslik en die aanvalle op weerlose oumense onbeskryflik.

Koos ·

Engela hierdie is ‘n Afrikaanse webblad vir Afrikaanse mense. Almal wat dit besoek weet reeds wat die misdaadsituasie in SA is, so met wie deel jy jou kennis terwyl jy knus oorkant die water sit? Ek sou eerder wil weet hoeveel van diegene (of hul ouers) wat gewaai het was Ja-stemmers…

Ria ·

Nee hemel mense. Soos ek hier sit is ek woedend verby! Soveel moord en doodslag in ons land en ek voel magteloos. Voel soms of ek ”n sielkundige moet gaan sien want ek kan nie meer hierdie geweld hanteer of verwerk nie. Ek bid saam almal dat God moet ingryp, só kan dit nie meer aangaan.

Mag die oom spoedig en volkome herstel.

Aan elkeen hier, pas julself en jul geliefdes op en wees waaksaam.

Herman ·

Ek sien geen kommetaar van Fakile Mbalule wat hoop hulle “hunted down the racist thugs” so gou as moontlik nie soos sy onmiddelike kommentaar na die aanval op die Potchefstroomse atleet nie. Seker omdat die weerlose oom wit is.

Johanna Botha ·

Mense word oral aangeval en 52 mense per dag gedood …misdaad is oral …Trump lyk my is 100 % reg oor SA

Wonder ·

Mag die oom gou gesond word. Trump is in baie opsigte reg.

Groete ·

Alweer ‘n aanval op ‘n bejaarde onskuldige witman. Die hoofstroom media se niks daarvan nie, en die regering dink dit is ‘n joke, want ‘misdaad is oral’ so dit is vir hulle glad nie vreemd nie . eintlik pla dit hulle glad nie, dit dra hulle goedkeuring weg, want hoe meer mense nou aangerand en banggemaak en doodgemaak word hoe minder teestand kry hulle met grond en eiendomonteiening. Sterk gou aan oom.

Cornelius du Rand ·

My kantoor is in dieselfde straat as waarin die oom woon. Ek het hom gereeld gesien. Ek self is die afgelope 6 maande drie keer beroof. In twee gevalle het die SAPS geweier om uit te kom. Glo my hier gaan niks van kom nie.

Lindi-Ann Hertzog ·

Die inligting in die berig is nie alles korrek nie. Dit is ‘n familievriend van ons.
Mense gryp na alles op sosiale media en aanvaar dat alles feitelik korrek is.

Hy is ernstig beseer. Genadiglik is hy by sy volle bewussyn en kon hy alles weergee. Hy verstaan ook afrikatale en kon ‘n baie akkurate verklaring weergee. Ons vertrou dat die ondoersoek spoedig sal begin.

Wat dit so hartseer maak, is dat hy op 80 (nie 81), steeds in sy eie huis kon bly. Self sekere take verrig. Ongekukkig sal hy dit nie nou meer kan doen nie. Hy het nie kinders nie, dus sal ons hom in sorg neem, sodat hy kan aansterk.

Wat hy verte wat alles gebeur het en wat gesê is gaan gebeur, kan ons net ‘n dankbaarheid teenoor God dankie sê, want as dit nie vir Hom was nie, was dit baie erger. Sy genade is altyd daar vir ons, in watter situasie ookal.

Dankie vir die gebede, dis al wat hy nou nodig het.
Ons is ook dankbaar teenoor die nooddienste en polisie se eenheid vir hul spoedige optrede.

Frans C ·

In Nehemia lees van die herbou van Jerusalem se mure.In hoofstuk 4 lees dit so.
16’Van daardie dag af was een helfte van my manne aan die werk en het die ander helfte die spiese, skilde, pyle en boë en harnasse gereed gehou. Die gesagvoerders het plek ingeneem agter elke familiegroep Judeërs
17 wat aan die muur gebou het. Dié wat boumateriaal moes aandra, het met een hand die werk gedoen en met die ander hand ‘n wapen vasgehou.
18 Die bouers het elkeen sy swaard om die heupe vasgegord gehad. Die ramshoringblaser het naby my gebly. .

Die les hieruit is,Mense moet begin organiseer,in burgerlike beskermingseenhede
as on enigsinds, hoop om onder die huidige regering te oorleef.
As dit elke man vir homself is, gaan elke man dit nie oorleef nie.Kom bymekaar en beskerm die
gemeenskap waarin jy woon en leef.

Pierre ·

En so is ek nie die enigste wat worstl met die vrae nie, my seun het my al pertinent gevra of daar regtig ‘n almagtige God is wat liefdevol is en die mag van die bose kan stuit, Hy doen dan niks om hierdie dade te keer nie, hoekom nie en hoekom laat Hy toe dat weerlose mense so gemartel word, baie van hierddie mense is ernstige gelowiges wat hulle volle lewe op God plaas en tog gebeur dit.

Is hier dalk n teoloog wat dit kan verduidelik

Oop oge ·

…dis juis agv teologie dat die mensdom ‘n war is oor God se soewereiniteit en wie Hy werklik is.
Almal predik “God is Liefde”, maar verdoesel die feit dat God ook ‘n God van wraak is, terwille van persoonlike begeertes…geld, sekuriteit, ens.

Jesaja 45 :

5. I am the Lord, and there is none else, there is no God beside me: I girded thee, though thou hast not known me:

6. That they may know from the rising of the sun, and from the west, that there is none beside me. I am the Lord, and there is none else.

7. I form the light, and create darkness: I make peace, and create evil: I the Lord do all these things.

Die gevolg van rebellie teenoor God, lei tot verwoesting….

Annerie ·

Ons as Christene word nie gevrywaar van pyn en lyding nie. Daar staan geskryf dat ons gaan ook vervolg word soos Christus en van ons sal voor die gereg gesleep word. Van ons gaan selfs ons lewe verloor. God is inbeheer maar wat ons nie verstaan nie is om Jesus waardig te wees sal ons in alles moet sterf. Jou lewe in Christus is dat jy lewe nie meer nie maar Christus leef

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.