Bejaarde kritiek ná huisbrand

Nooddienste op die toneel. (Foto: Netcare 911)

ʼn Bejaarde man is tans in ʼn kritieke toestand nadat ʼn brand Sondag vroegoggend by ʼn huis in Johannesburg uitgebreek en hy ernstige brandwonde in die voorval opgedoen het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is net voor 05:00 na die huis in 3de Laan, Kew,  in die stad ontbied.

Met paramedici se aankoms op die toneel was die huis in ligte laaie. “ʼn Bejaarde is inderhaas deur reddingspanne uit die brandende huis gebring,” het Herbst gesê.

Die huis nadat die vlamme geblus is. (Foto: Netcare 911)

Die man is op die toneel vir ernstige brandwonde behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.

Die oorsaak van die brand is in die stadium onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.