Bejaarde kritiek na kaping

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy verskeie kere geskiet is tydens ʼn kaping in die oprit van haar huis in Weltevredenpark, in Roodepoort.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 12:40 plaasgevind. “Paramedici het die vrou op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die 68-jarige vrou deur ʼn onbekende aantal gewapende mans voorgekeer in die oprit van haar huis. “Paramedici het die vrou in die tuin gevind waar ʼn ander paramedikus reeds besig was om haar te behandel.” Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel keer die vrou geskiet is en of die verdagtes met haar motor gevlug het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

Mathe het intussen gesê paramedici van Netcare 911 is vroeër Maandag na ʼn huis in Boksburg ontbied, waar ʼn man, glo in sy 50’s, ook verskeie kere geskiet is tydens ʼn kaping in die oprit van sy huis. “Hy was in ernstige toestand en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rob ·

How many more? there is no end to these daily murders, it’s open season.

Nursie ·

Ons blankes word een een uitgemoor en dood gemaak sonder rede. Kommerwekkend!

Hansi DiKnoppio ·

Dit is sekere politici wat al blankes voolvry verklaar het…… ! ! !

Johnny ·

Weltevredenpark, Allens Nek, Strubensvallei en Wilgeheuwel loop deur. Selfs met Whatsapp sekuriteitsgroepe, buurtwag, kring TV, gewapende reaksie en persoonlike sekuriteit is daar min keer. Die rowers is eenvoudig vreesloos. Vals registrasienommers, en die SAP trek skouers op oor die beeldmateriaal. Dit is ‘n oorlogsone.

Elsa ·

Tyd is nou hier dat polisie in elke gebied sigbaar is sodat kapings , roof , inbrake en aanrandings uitgewis word…dit is moontlik en so kan respek weer kom vir eerlike Polisie en Sekuriteite
so jammer dat ouermense ook nou geteiken word

HanisDiKnoppio ·

Sekere politici het al blankes voolvry verklaar……..! ! !

m ·

Een van die dae is ons op die lys van bedreigde spesies… tragies

Nita ·

Die jagseisoen is oop op al wat n witvel is. Dit word aangevuur deur openlike rassehaat deur die regering self met sy stories oor wit bevoorregting. Ja-ja ek weet swart mense word ook vermoor maar hoeveel van hulle, deur wit mense??? Gee my daardie syfer.

Waarheid ·

Weet maar …as jy gat wil grawe vir ander MOET JY MAAR NOG EEN GRAWE VIR JOUSELF OOK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.