Bejaarde kry lewenslank vir verkragting

Argieffoto

ʼn Bejaarde man van Secunda in Mpumalanga is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn vyfjarige meisie.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man, Aaron Baloi (69), is vandeesweek deur die Secunda-streekshof gevonnis vir die verkragting wat in September 2011 plaasgevind het.

“Baloi was ʼn bekende gesig in sy woonbuurt. Hy het die slagoffer met lekkers in sy huis gelok waar hy haar oorval en wreed verkrag het,” het Bhembe gesê. “Toe hy klaar was met die verskriklike daad, het hy die kwesbare meisie gedreig om niemand daarvan te vertel nie.”

Die meisie se familie het intussen na haar begin soek toe hulle besef het sy speel nie saam met haar maatjies, onder wie die verkragter se eie kleinkinders, nie. Die gemeenskap het na haar begin soek en haar later die aand gevind. “Sy was ontsteld, bang en het pyn ervaar. Toe haar ouers haar vra waar sy was, het sy gesê dat sy seergekry het terwyl sy saam met haar maatjies gespeel het.”

Die meisie is na ʼn hospitaal geneem waar daar vasgestel is dat sy verkrag is. Weens die ernstige aard van haar beserings, moes sy na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas word vir verdere behandeling. Baloi is kort ná die verkragting in hegtenis geneem.

Tydens sy verhoor het die hof bevind die “hartelose daad” het die meisie, nou 11, en haar familie geweldig getraumatiseer aangesien hy ʼn gerespekteerde en betroubare man in die buurt was.

Die landdros het tydens die vonnisoplegging gesê wat Baloi gedoen het, was boos en word nie in ʼn gemeenskap toegelaat nie.

“Kinders is die toekoms van ons land en dit is volwassenes se verantwoordelikheid om hulle veilig te hou en op te pas. Jy het egter voordeel getrek uit die vertroue wat die jong meisie in jou gestel het, daarom moet mense soos jy uit die samelewing verwyder word,” het die landdros gesê.

Lt.genl. Mondii Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die swaar vonnis verwelkom en gesê hy is verheug daaroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ouma ·

Presies wat ek in my vorige kommentaar gesê het? Hoe lyk ‘n verkragter? Jy kan hulle nie uitwys nie nie, en is dikwels mense van wie jy dit die minste verwag. Hy het dalk vantevore ander kinders se monde gesnoer deur hulle te dreig. Mog hy vir ewig in die tronk sit. Die arme kind gaan met die geestelike en fisiese letsels moet sit. -Lewenslank.

honourable member ·

Hierdie ou manne wat hulle nog wil jonk hou. Orige ou ding. Ek hoop hulle doen dieselfde aan hom in die tronk

Leahim ·

Weer n bewys nie ons mense wat die duiwelsdinge aanvang nie

paula ·

Ek verstaan nie wat jy bedoel met nie ons mense nie. Ek was as kind deur die oom langsaan dinge aangedoen. Dis n bewys dat daar in alle samelopings van die lewe mense is wat duiwelsdinge doen.

PK ·

Leahim… dit is die mees onkundigste kommentaar wat ek nou gelees het. ‘Ons mense’ !! Jy laat my lag! Ja die spierwit handtjies kan mos niks verkeerd doen nie. Ek self was gemolesteer deur ‘n nabye familielid as jong kind en is nie geglo toe ek dit aangemeld nie. Dis hierdie verkrampte mentaliteit van die blanke nasie dat ‘ons mense’ nie sulke goed sal doen nie, wat veroorsaak dat baie sulke situasies voortduur! Haal jou oogklappe af.

Willie ·

Hoop die landros en staatsaanklaers van Parow-Streekshof lees die berig. Dit is hoe sulke varke hanteer moet word en NIE vrygespreek moet word nie.

Brokkie ·

….as hierdie as n daad gesien word waar daar n vonnis van lewenslange tronkstraf toegedien word….

….wat van die plaasmoorde op ons volk?? Of gaan hulle maar net aanhou wegkom met borg of net so paar jaar in die trok na MOORD gepleeg is??

Susan ·

Dit het die regstelsel 6 JAAR gevat om hom skuldig te bevind en te vonnis. Hopelik was hy vir hierdie tydperk agter tralies, anders loop daar nog slagoffers rond. Dis gruwelik hoe mense wegkom al is hulle ge-identifiseer as die skuldige. SKANDELIK.

snoefie ·

die hof het bevind dis n hartelose daad. dit was boos sy dade kan nie in die samelewing toegelaat word nie. nou hoekom het dit ses jaar gevat om hom te vonnis? die kinderverkragter was seker nog op borg ook vir ses jaar!

Wonder net ·

Op 69jarige ouderdom en jy kry lewenslank…hoe lank gaan jy regtig sit voordat hulle jou uit die tronk laat kom omdat jy ‘n lewensbedreigde siekte het? Hy gaan nie veel van sy straf uitdien nie en intussen is daar kinders en families se lewens verwoes. Bring die doodstraf terug! Nie net vir verkragders nie, maar ook vir moordenaars en ook vir die “huisrowers” wat boere vermoor.

Justice ·

Indien ek lees van die pyn en geestelike skade waardeur hierdie arme kind gaan behoort hierdie tipe van straf gekoppel te word aan maandelikse lyfstraf vir die termyn van die vonnis.

Olga ·

Ek is n ma, ek los my kind onder geen omstandighede alleen nie, nie eers saam met maaitjies nie. ek hou altyd toesig. As daar mense by ons is hou ek die mense soos n valk dop omrede sulke dinge gebeur…. ek vertrou niemand om my kind nie. ek sal my kind beskerm……. waar was die ouers? oral sien jy in die townships hoe hardloop kindertjies rond en geen ouers wat toesig hou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.