Bejaarde lê oornag vasgebind ná rooftog

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 88-jarige vrou van Pietermaritzburg het ná ʼn huisroof byna ʼn dag lank beseer en vasgebind in haar huis gelê voordat haar huishulp Dinsdagmiddag op haar afgekom het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die huis in Oribiweg ontbied. “Paramedici het toegang tot die huis verkry en die vrou aangetref waar sy in die kombuis vasgebind was. Haar mond was ook toegebind. Die vrou is dadelik losgemaak en ondersoek. Sy is aangerand en het matige beserings opgedoen, het Meiring gesê.

Hy het gesê sy is op die toneel behandel voordat sy na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem is. Volgens Meiring is die vrou Maandagaand in haar huis aangeval en vasgebind. Sy het hulpeloos bly lê totdat haar huishulp eers die volgende dag op haar afgekom het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvallers het met ʼn Kia-motor, ʼn mikrogolfoond en ander huishoudelike items op die vlug geslaan. Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie.

“ʼn Saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Mbhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marous ·

Net besetenes kan sulke dinge aan ou mense doen . Dit raak in die land so erg dat die vrees om te leef groter raak as vir die dood. Dit pas reg in die regeringsplan….

Nita ·

Ai dankie tog. Lyk my daar is nou n nuwe tendens. Laat darem nou die slagoffer leef en beroof net die plek. Dis baie om voor dankbaar te wees.

Susan ·

Baie hartseer dat ons ou mense so verneder word! In die oë van God is dit baie groot sonde! Hoe het kleinhoewe en plaasaanvalle so hand uitgeruk?Sies hoe skandelik!

Thersia ·

Ons moet seker nou bly wees dat die gawe diewe haar net vasgebind het en nie vermoor het nie… Siek!!!!

Wonder net ·

Nou verstaan ek nie. Die huishulp het gelukkig op haar af gekom Dinsdag middag, maar toe die paramedici op haar afkom was sy nog vasgebind EN haar mond nog toe gebind? Waarom het die huishulp nie gehelp nie?

Wonder net ·

Nou verstaan ek nie. Die huishulp het gelukkig op haar af gekom Dinsdag middag, maar toe die paramedici op haar afkom was sy nog vasgebind EN haar mond nog toe gebind? Waarom het die huishulp nie gehelp nie? Ek bedoel, sy maak nie eers die dame los nie?

broos ·

hoekom was die huishulp eers 14:30 by die huis? begin hulle dan nie vroeg oggend nie? hoop die tannie word gou beter

Tina du Toit ·

Jinne, 88 jaar oue tannie. Kan julle nie julle portier vat nie. Klomp lafaards.

Magda ·

MOEG MOEG MOEG vir al die onsinnige aanvalle op bejaardes – Sterkte my Tannie en JA hoekom het die huishulp eers so laat daar aangekom????

alida ·

Hopenlik oorleef die tannie die skok. Siestog. Mense daar is huishulpe wat by 2 huise werk op een dag. Die ou mensies het nie meer sulke groot huise en baie werk nie. Dink tog net bietjie. vanaf 8h00 tot 1h00 by die een en van 14h00 by die ander. Genade wat makeer julle.

Anoniem ·

As ek reg onthou, is daar in tydskrifte ‘n artikel oor tipe alarmarmbande of horlosies wat mens knoppie kan druk tydens nood. Bv. As mens alleen bly en jy kort hulp as jy val, of in nood. Dit stuur seine uit…

Stella ·

Ja die flippen peste kan net mense wat hulself nie kan verdedig nie aanval of in n groep Dan nog met vuurwapens ook sodat hulle ok is ingeval die slagoffer selfverdediging kan toepas

Bernice ·

Ek voel ook baie jammer vir die bejaarde dame. Dit Is lafaarde wat sulke dinge doen. Moet egter nie so erg wees om die huishulp te kritiseer nie. Mens weet nie wat hul omstandighede Is nie. Sterkte vir almal in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.