Bejaarde lê ure buite huis ná rooftog

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth het Donderdagoggend ure lank vasgebind buite haar huis gelê voordat ʼn tuinier op haar afgekom en haar te hulp gesnel het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, vermoedelik 78 jaar oud, is in die vroeë oggendure deur ses aanvallers in haar huis in ʼn kompleks in Lovemore Heights oorval en beroof.

“Die vrou het glo die aand televisie gekyk en in die woonkamer aan die slaap geraak. Sy het omstreeks 00:30 wakker geskrik van ʼn geluid toe ses verdagtes haar huis binnegekom het,” sê Janse van Rensburg.

“Twee verdagtes het by haar in die woonkamer gebly terwyl die ander vier die huis geplunder het. Die twee verdagtes het die vrou met ʼn mes gedreig en inligting geëis oor waar die kluis is. Daar was egter nie ʼn kluis in die huis nie en die verdagtes het haar vasgebind.”

Die ses het met elektroniese toerusting, juweliersware en ʼn sak vol persoonlike items gevlug.

Janse van Rensburg sê die vrou kon daarin slaag om steeds vasgebind na die kombuis en daarna na buite te kruip in ʼn poging om hulp te kry. Dit is egter eers toe ʼn tuinier in die kompleks ná 08:00 vanoggend haar hulpkrete gehoor het dat sy te hulp gesnel is.

Volgens Janse van Rensburg het die vrou geen ernstige beserings in die voorval opgedoen nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die polisie van inligting kan voorsien om hulle in hul ondersoek te help, word versoek om kapt. Chris Rowan by 082 442 1457 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genieve

Nee,nee nee nou raak dit baie erg iemand sal moet help met ons oumense asb help net

? leser

in ‘n kompleks, waar kom hulle in en waar gaan hulle uit dat niemand iets sien nie, bure is vinnig om my skelmpie te sien, maar wanneer dit by inbrekers kom, het niemand iets gesien nie

Andreas

Mens is bedags ook geensins veilig nie. My vrou was twee dae gelede vir ‘n tyd uit, ek sit agter die rekenaar die oggend so tienuur se kant. Die volgende oomblik lui die voordeurklokkie by die onderste vlak, daar waar die ingang langs die garagedeure na die portaal gaan en ‘n stel trappe na die boonste vlak op loop. Dit lê op die klokkie, lank, ek spring op en gaan kyk na die beeld van die CCTV wat na die voorkant van die huis gerig is op die monitor in die woonkamer. Daar staan twee manne, ‘n korterige wit outjie… Lees meer »

Teresa

Nou kyk nou dit vat 6 volwasse mans om 1 vrou wat skadeloos is aan te val en dit nog terwyl sy slaap (hoe lafhartig) – Ons moet bid mense en ons moet baie hart bid

Anoniem

Oupa van Grabouw ons het HULP nodig ????